Friday, January 15, 2010

TONG IN DIE KIES

Flippie van Evander skryf:

“Ek het uiteindelik vanoggend tyd kon afknyp vir n bietjie swartbaars hengel en het afgesit dam toe. Na 'n rukkie was my wurms op en terwyl ek rondkyk vir nog aas, merk ek 'n pofadder in die lang gras langs die dam met 'n parra in sy bek. Ek besef dadelik hy kan my mos nie pik met die parra in sy bek nie en 'n parra is bleddie goeie swartbaarsaas.

"Ek gryp die adder-kerel toe agter die kop en haal die parra versigtig uit en gooi hom in my aasemmer.
Wat nou gemaak met ta pofadder?

"Skielik onthou ek die bottel Klipdrif in my piekniekmandjie. Met die een hand haal ekhom uit en trek die prop met my tande uit. (Dis was 'n bottel 10 jaar Klippies met 'n kurkprop.)

"Versigtig gooi ek 'n bietjie in sy keel af. Sommer dadelik word adder se kind slap in my hande terwyl sy oe omrol. Ek los hom toe weer in die lang gras en gaan aan met my visvangery.

"So 'n rukkie later voel ek iets stamp stamp so aan my voet. Sal dit nie wragtig dieselfde pofadder wees nie! Die keer het hy twee parras in sy bek!”

No comments:

Post a Comment