Sunday, January 24, 2010

SENIORS ALGEHEEL TRANSVAAL KAMPIOENSKAPPE

Die Senior Algeheel Transvaal Kampioenskappe het Saterdag 23 Januarie 2010 te Biermans Vaaldam plaasgevind.  Daar het ongelooflik baie reen geval en die Vaaldam staan huidiglik op 106%.  Ons het in die water gestaan en gehengel.  Die vis het in die oggend goed gespring en ons was almal opgewonde dat dit 'n besige dag gaan wees.  BAIE TEMPO!!!
Maar ons was baie vinnig op ons plek gesit toe die vis besluit het vandag BYT ONS NIE!!!  Sekere sones is die wensak 3 vis!!!

GAUTEND NOORD SENIOR A SPAN  -  Behaal 'n sesde posisie
GAUTEND NOORD SENIOR B SPAN  -  Behaal 'n vyfde posisie
GAUTEND NOORD SENIOR C SPAN  -  Behaal 'n derde posisie (Brons medalje)

Wel gedaan aan die C Span!!!



Groot reen by die Vaaldam



Almal staan in die water en hengel



Phillip wag vir daardie byt, wat nie wil kom nie!!!



B-Span in bespreking oor die dag se gebeure.



Francois Roets



Fielies beseig om Chris Abott te help met sy pap wiel nie



Amper klaar om die spaarwiel op te sit

No comments:

Post a Comment