Sunday, January 24, 2010

KOEDOE NUUSBRIEF JANUARIE 2010


13KG Graskarp gevang in die Wilge Rivier


Wat 'n Geelvis!!!


Hier staan ons alweer aan die begin van ‘n nuwe jaar. Almal is in afwagting vir die ”groooootste gebeurtenis wat hiedie landjie van ons gaan tref, naamlik die wêreldbeker sokker.

Op die hengelfront is daar ook groot afwagting met ons maandelikse en/of naweek kompetisies, Geheel Transvaal kampioenskappe, SA Kampioenskappe en natuurlike weereens die proewe.

Mag hierdie ‘n wonderlike voorspoedige Hengeljaar vir almal wees.

Dan is daar ook dan nuwe uitdagings vir die klub. Die algemene jaarvergadering moet binne kort plaasvind asook die jaarlikse prysuitdeling. Dan is daar dan ook die jaarlikse Gauteng Noord Klereaand was op
19 Junie 2010 gaan plaasvind.

Graag word ook van die geleentheid gebruik gemaak om al ons nuwe lede wat by die klub aangesluit het, hartlik welkom te heet.

Dit sovêr hengel aangeleenthede. Betreffende u persoonlike lewe, word u alle sukses ook in hierdie jaar toegewens. Mag die Allehoogste aan u skenk wat u op u lewenspad nodig het.

Lief en Leed

Baie geluk aan Chris Boshoff en Chris Robberts met hul uitnodiging na die protea proewe van die karpfaset.
Chris en Chris, ons wens jul sterkte toe.

Betreffende die Guateng Noord Junior spanne wat aan die SA kampioenskappe deel geneem het, het die A-span weereens 1ste geëndig en die B-span ‘n 2de plek behaal. Baie geluk aan ons juniors. Uit die totale lede van die junior hegelaars, is die klub deur 9 lede verteenwoordig waarvan 7 lede na die proewe uitgenooi
was. Dit is opreg ‘n prestasie waarop onstrots kan wees.
- Andries Tiggelman, Barend Booyse
- Kayle Swart, Jaco de Jongh, Jacques Lombard, Hassen en Hoosein Mahomed.

Anton Engelbrecht sterkte met sy operasaie.
Oom Jan Smith is oorlede.  Innige simpatie aan sy familie.
Michelle en Wynand Richards in hospitaal.  Ons hoop hulle herstel vinnig.
Dirk Venter se seun, Rennie Venter, is in 'n motor ongeluk oorlede.  Baie sterkte aan die familie ons bid almal vir julle.
Dries Millard se seun is aan 'n hartaanval oorlede.
Ons gebede vegesel u in u tye van siekte asook medelye met u verliese.

Dan laastens, Lourens Potgieter het 'n kenking gemaak toe sy motor voertuig gesteel is. Lourens, dit is 'n nare ervaring. Hopelik sien ons jou gou weer langs die hengelwater.

Volgende Klubkompetisies

Dag kompetiesie 6 Februarie 2010
Oewer Kees van der Walt

Siende dat Olifantsnek nie almal kan akkommodeer nie, word die oewer verskuif a Kees van der Walt, Vaaldam. Siende dat die oewer aan die meeste van ons hengelaars onbekend is, is die reëlings soos volg:

Bymekaarkom plek: MAXIS op N1 buite Pretoria.

Tyd: 03:30 en vertrek stiptelik om 03:45.

Almal kom eers by die hek bymekaar Die toegangsgeld beloop R30,00 per persoon en sal by die hek aan Markus betaalbaar wees.

Oewer: Die linker oewer is bespreek en sal by die oggend by die hek duidelik verduidelik word. Daar is 3 oewers : Linkeroewer, Onder die huis oewer, en dan regteroewer.

Baie duidelik Koedoe is bespreek aan die linkerkantse oewer. Daar is n pomphuis wat die oewer onderverdeel.

Baie belangrik

Geen hek sal oopgelos word nie. Alle hekke moet toegemaak word.
Die oewer moet ook skoner nagelaat word as wat u dit gekry het.
U samewerking hierop sal waardeer word.
Hengeltyd :

1. Saterdag: 07:00 tot 15:00 (inweeg 15:30)
2. Inweeg area sal by Donald se voertuig wees.

Pryse sal kontant wees
Inskrywingsgelde R10 per persoon

Bonanza
R300,00 vir Graskarp bo 5 kilogram

Woord van dank aan almal wat die inweeg behartig het.


BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.
Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skrifteklik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking.
Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.
Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.
Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

Uiters belangrik. Met die weerlig reël, moet hengelaars in hul voertuie skuiling soek. Nie agter in bakkies of onder sambrele nie. Indien nie, kan die lei tot diskwalifikasie

Naweek kompetisie: Steyns
Dankie aan almal wat die kompetisie bygewoon het. Dit was 'n geweldige sukses. Die weer het ook saamgespeel.


Belangrike Datums
Senior Premier afdeling – 2de been
Die senior Premier Adfeling vind op 30 Januarie 2010 te Biermans plaas. Die reëlings is soos volg:
Voorbereidings vergadering te Gauteng Noord Klubhuis op 26 Januarie 2010 om 19:00.
Almal slaap oor te Weltina Gasteplaas op 29 Januarie 2010. Alle lede moet asseblief teen 19:00 die aand arriveer. Dankie aan Marlene wat reeds die bespreking gemaak het.

Senior B –C afedelings
Hierdie afdelings se liga sal op 20 Februarie 2010 plaasvind. Spanlede sal deur hul onderskeie bestuurders gekontak word.

Dames en Junior Ligas
Hierdie afdelings se liga sal op 27 Februarie 2010 plaasvind. Spanlede sal deur hul onderskeie bestuurders gekontak word.

Algemene jaarvergadering
Die Algemene jaarvergadering van Koedoe Hengelklub, sal op 23 Februarie 2010 by die Gauteng Noord Klubhuis plaasvind.

Beroep word aan al ons lede gedoen om sodanige jaarvergadeing by te woon. Tydens hierdie jaarlikse vergadering word daar besluite geneem wat op u as hengelaar van toepassing is.

Jaareind funksie
Weens die vol program, sal sodanige funksie op 29 Mei 2010 plaasvind. Dagboek solank hierdie datum. Nadere besonderhede sal volg soos ons nader aan die datum kom.

Hengelhandoeke
Daar is hengelhandoeke beskikbaar met u naam en klubnaam daarop gebordier. Bestellings kan by Ros geplaas word. Groothandoek teen R75,00 en kleinhandoek teen R55,00. Dit is kontant met bestelling.

U kan Ros kontak by 072 674 9441.

Datums tot em met Junie 2010
23 Januarie - Seniors Geheel Transvaal
30 Januarie - Senior Premier en A liga
06 Februarie – Klubaangeleentheid (Kees van der Walt)
13 Februarie - Dames weg met SA's
20 Februarie - Senior B & C Liga
27 Februarie - Dames en Junior Liga
06 Maart – Klubaangeleentheid (oewer sal aangekondig word)
06 – 12 Maart – Senior SA Kampioenskappe
13/14 Maart - Dames Proewe 1ste en 2de Been
20/21 Maart - Senior Proewe 1ste en 2de Been
27 Maart - Meesters Proef
3 April – Klubaangeleentheid (Ardenza)
10 April - Dames en Junior Proewe
17 April - Senior Premier en A Afdeling liga
01 Mei - Klubaangeleentheid
08 Mei - Senior B en C liga
15 Mei - Pras Derby
22/23 Mei - Senior Proewe 3de en 4de
05 Junie - Klubaangeleentheid
19 Junie - GN liga en klereaand

UITSLAE VAN DIE NAWEEK KOMPETISIE TE STEYNS VAALDAM GEHOU OP 9 EN 10 JANUARIE 2010

Dag kompetisie – 9 Januarie 2010


Volskub Karp : 264
Spieël Karp : 22
Gras Karp : 336
Baber : 18
Moddervis : 260
Geelvis : 1
Totaal gevang : 901
Totaal Massa : 502.62kg

1 Iain MacDonald 757.30
2 Donald MacDonald 652.00
3 Chris Boshoff (j) 595.70
4 Willie Richards 564.30
5 Markus Swart 488.55
6 Tyler van Blerk (j) 419.65
7 Pieter Meintjies 416.70
8 Tom Eberson 394.50
9 Sarel Boshoff 376.05
10 Shaun van Blerk 363.70
11 Boet Thomas 333.55
12 Jacques du Preez 329.95
13 Jaco de Jongh (j) 311.15
14 Eugene Warnick 309.60
15 Tinus Boshoff 301.00
16 Gert Swart 298.35
17 Eric Gerritson 282.25
18 Kayle Swart (j) 277.90
19 Johan Steyn 274.30
20 Andries Tiggelman (j) 268.40
21 Spyker Coetzee 265.50
22 Willie Swart 263.15
23 Riaan Swanepoel 261.10
24 Riaan du Plessis 258.25
25 Hennie Coetzee 255.85
26 Sias Janse v Rensburg 226.30
27 George Thomas 214.95
28 Frik van der Merwe 210.25
29 Jaco Cilliers 198.70
30 Kobus van der Merwe 190.30
31 JL du Plessis 187.30
32 Junior Latsky 183.80
33 Zandra Boshoff (d) 181.55
34 Frikkie van der Merwe 177.65
35 Wilma MacDonald (d) 173.15
36 Roald Matthee (v) 148.05
37 Jan Vermaak 138.25
38 Duppie du Plessis 138.05
39 Riana Vermaak (d) 131.65
40 Charldon Matthee (jj) 126.40
41 Francois Steyn 125.60
42 Francois Steyn (jj) 125.60
43 Zielas du Preez 123.50
44 Rosl Coetzee (d) 116.00
45 Elrich Lambrechts (jj) 110.60
46 Leeu Tiggelman 109.85
47 Peet Vorster 108.80
48 Jaco van der Merwe (jj) 101.55
49 Darren Latsky (jj) 100.90
50 Thealisa van Blerk (jj) 96.40
51 Gert Swart (jj) 86.95
52 Hennie Knoetze 85.25
53 Shaun Lambrechts (jj) 84.70
54 Charl Matthee 83.85
55 Peet Swart 82.55
56 Jeandre Steyn (v) 74.00
57 Jans Vorster 68.00
58 Willie Nel 65.05
59 Gerhard Richards (v) 62.85
60 Annelien Richards (jj) 47.40
61 Willem de Jongh 42.25
62 Sandra Cormack (d) 39.80
63 Billy le Roux (g) 37.75
64 Wynand Richards (jj) 29.40
65 Ruan Struwig (jj) 29.30
66 Robert Kotze 27.10
67 Mine du Plessis (v) 13.45
68 Zanika Ebersohn (v) 12.65 Naweek kompetisie – 9 en 10 Januarie 2010

Naweek Kompetisie
Volskub Karp : 463
Spieel Karp : 61
Gras Karp : 387
Baber : 23
Moddervis : 296
Geelvis : 1
Totaal Gevang : 1231
Totaal Massa : 746.30

1 Chris Boshoff (j) 1072.95
2 Sarel Boshoff 918.00
3 Johan Steyn 866.00
4 Markus Swart 776.75
5 Iain MacDonald 757.30
6 Kayle Swart (j) 747.10
7 Shaun van Blerk 740.70
8 Kobus van der Merwe 702.10
9 Tyler van Blerk (j) 666.50
10 Donald MacDonald 652.00
11 Willie Richards 564.30
12 Boet Thomas 525.50
13 Jaco de Jongh (j) 504.45
14 Zandra Boshoff (d) 475.10
15 Pieter Meintjies 416.70
16 Jaco Cilliers 412.65
17 George Thomas 411.30
18 Tom Eberson 394.50
19 Riaan Swanepoel 350.05
20 Frikkie van der Merwe 346.50
21 Jacques du Preez 329.95
22 Junior Latsky 312.35
23 Eugene Warnick 309.60
24 Tinus Boshoff 301.00
25 Gert Swart 298.35
26 Eric Gerritson 282.25
27 Francois Steyn 275.40
28 Andries Tiggelman (j) 268.40
29 Spyker Coetzee 265.50
30 Willie Swart 263.15
31 Riaan du Plessis 258.25
32 Hennie Coetzee 255.85
33 Willie Nel 255.85
34 Sias Janse v Rensburg 226.30
35 Jan Vermaak 215.40
36 Frik van der Merwe 210.25
37 Riana Vermaak (d) 202.70
38 Francois Steyn (jj) 188.75
39 JL du Plessis 187.30
40 Darren Latsky (jj) 173.70
41 Wilma MacDonald (d) 173.15
42 Jaco van der Merwe (jj) 154.65
43 Roald Matthee (v) 148.05
44 Rosl Coetzee (d) 142.10
45 Duppie du Plessis 138.05
46 Charldon Matthee (jj) 126.40
47 Zielas du Preez 123.50
48 Elrich Lambrechts (jj) 110.60
49 Leeu Tiggelman 109.85
50 Peet Vorster 108.80
51 Thealisa van Blerk (jj) 96.40
52 Gert Swart (jj) 86.95
53 Hennie Knoetze 85.25
54 Shaun Lambrechts (jj) 84.70
55 Charl Matthee 83.85
56 Peet Swart 82.55
57 Jeandre Steyn (v) 74.00
58 Jans Vorster 68.00
59 Gerhard Richards (v) 62.85
60 Annelien Richards (jj) 47.40
61 Willem de Jongh 42.25
62 Ruan Struwig (jj) 41.95
63 Sandra Cormack (d) 39.80
64 Billy le Roux (g) 37.75
65 Wynand Richards (jj) 29.40
66 Robert Kotze 27.10
67 Mine du Plessis (v) 13.45
68 Zanika Ebersohn (v) 12.65

No comments:

Post a Comment