Monday, January 18, 2010

DAMES ALGEHEEL TRANSVAAL KAMPIOENSKAPPE en MEESTERS PROEWE

DAMES ALGEHEEL TRANSVAAL KAMPIOENSKAPPE

Die Dames Algeheel Transvaal Kampioenskappe het plaasgevind by Steyns Vaaldam Saterdag 16 Januarie.  Soos ek verneem was die pad na Steyns baie nat en het daar weer baie voertuie vasgesit.

Vir die dames was dit nie 'n maklike dag nie en was die vis maar moeilik!!

Gauteng-Noord Dames A Span - behaal 4de posisie vir die dag.  Die punte verskille vir die dag was ook enkele punte.  Wel gedaan aan Zandra Boshoff wat baie goed gevaar het vir die dag.

Gauteng-Noord Dames B Span - behaal 2de posisie vir die dag.  Ook wel gedaan aan Wilma Macdonald wat goed gevaar het daar vir die dag.  Verder ook geluk aan Donald Macdonald wat nou offisieel die nuwe afrigter is vir die dames B-Span.  Ek weet dat Donald se hengel kennis en hulpvaardigheid 'n groot invloed sal he op die sukses van ons Dames B Span vorentoe.

MEESTERS PROEWE

Die Meesters Proewe het ook Saterdag en Sondag (16-17 Januarie) by Biermans Vaaldam plaasgevind.  Dit was ook maar moeilik in sekere sones, maar makliker in ander.  Van ons klub se meesters wat die proewe bygewoon het, het dit nie te sleg gegaan nie.
Hennie Coetzee
Gert Swart
Pat van der Merwe
Boet Thomas

Sterkte aan ons Meesters vir die laaste proef wat nog voorle op 27 Maart. 

ALGEMEEN

1) 23 Januarie - Seniors Algheel Kampioeskappe vind plaas by Biermans - Vaaldam.
2) 30 Januarie - Algemene Lige vir Premier en die A-Afdeling vind plaas.  Premier is by Biermans - Vaaldam en A-Afdeling is by Kees vd Walt.
3) 6 Februarie - Koedoe Klubkompetisie
4) 6 Februarie - 12 Februarie - Dames SA's
5) 20 Februarie - Senior B en C afdeling liga.  Die oewer moet nog bevestig word.
6) 27 Februarie - Dames, Juniors en penkop liga te Steyns Vaaldam.

VERJAARSDAE

Baie geluk aan Vanessa Badenhorst wat vandag verjaar.  Hoop jy het 'n lekker dag en mag die Here jou seen vir die jare vorentoe.

No comments:

Post a Comment