Monday, February 22, 2010

Koedoe Nuusbrief Februarie 2010

Wat 'n foto


Die jaar het met ‘n groot ‘bang’ begin. Die program is vol, dames SA’s is gekanselleer. Ek sien hierdie gaan ‘n rowwe jaar wees.

Die algemene jaarvergadering vind plaas die 23ste Februarie 2010. Daar moet die nuwe komitee gekies word wat die klub die jaar vorentoe gaan neem Sterkte aan die nuwe komitee en mag dit ‘n suksesvolle jaar vir almal
wees.

Welkom aan al ons nuwe lede by die klub. Hoop julle gaan dit geniet.

Lief

Gert en Kim word ouers. Geluk met die nuweling.
Aan al die lede wat Senior SA’s toe gaan sterkte en mag julle goud terug bring.

Leed
- Anton Engelbrecht sterk aan na sy operasie
- JP se seun is oorlede. Innige simpatie
- Zandra het ‚n operasie ondergaan. Sterkte
- Chris Coertze is in die hospitaal

Ons gebede vegesel u in u tye van siekte asook medelye met u verliese.

Volgende Klubkompetisies

Dag kompetiesie 6 Maart 2010

Oewer
Die volgende klubkompetisie vind plaas by Bosbou Vaaldam.

Bymekaarkom plek: MAXIS op N1 buite Pretoria.

Tyd: 03:45 en vertrek stiptelik om 04:00.

Almal kom eers by die hek bymekaar Die toegangsgeld beloop R30,00 per persoon en sal by die hek aan Francois betaalbaar wees. Die sleutels moet die oggend 05H30 afgehaal word by Island Shores.

Baie belangrik

Die oewer moet ook skoner nagelaat word as wat u dit gekry het.
U samewerking hierop sal waardeer word.

Hengeltyd :
1. Saterdag: 07:00 tot 15:00 (inweeg 15:30)
2. Inweeg area sal by Donald se voertuig wees.

Pryse sal kontant wees
Inskrywingsgelde R10 per persoon

Uiters belangrik. Met die weerlig reël, moet hengelaars in hul voertuie skuiling soek. Nie agter in bakkies of onder sambrele nie. Indien nie, kan die lei tot diskwalifikasie.

Oewer:

Die volle oewer by Bosbou is bespreek.

Bonanza
R300,00 vir Graskarp bo 5 kilogram


BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.

Indien u reeds die Vrydagoggend die oewer wil betree, geen hengel voor die vasgestelde hengeltyd. Mag onder geen omstandighede voor die tyd begin hengel of voerplek maak nie. Dit lei tot diskwalifikasie.

Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skrifteklik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.

Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

Senior Premier afdeling – 2de been

Die Senior Premier Adfeling het plaasgevind op 13 Februarie 2010 by De Rust Harties.
Uitslae vir die dag:
Centurion 101
Koedoe 98
Weermag 95
Polisie 82
Pras 81
Munt 80
Impala 62

Uitslae na 2 rondtes
Koedoe 244
Munt 199
Centurion 183
Weermag 177
Polisie 142
Pras 141
Impala 139

Senior B –C afdelings

Hierdie afdelings se liga sal op 20 Februarie 2010 plaasvind.
Uitslae vir die dag:
1) Munt B 212
2) Centurion B 210
3) Koedoe B 197
4) Pras B 124
5) Weermag B 116
6) Polisie B 108
7) Iscor B 106
8) Pisces B 94
9) Premiermyn B 87
10)Transnet B 86

Uitslae na 2 rondtes:
1) Munt B 470
2) Centurion B 440
3) Koedoe B 429
4) Weermag B 271
5) Polisie B 241
6) Pras B 239
7) Iscor B 221
8) Premiermyn B 201
9) Pisces B 199
10)Transnet B 159

C – AFDELING
1) Koedoe C 110
2) Munt C 97
3) Centurion C 86
4) Weermag C 82
5) Koedoe D 80
6) Munt D 6

Uitslae na 2 rondtes:
1) Koedoe C 229
2) Munt C 187
3) Koedoe D 160
4) Weermag C 155
5) Centurion C 144
6) Munt D 76

Dames en Junior Ligas

Hierdie afdelings se liga sal op 27 Februarie 2010 plaasvind. Vergadering vind plaas Dinsdagaand om 18H30 by die GN Klubhuis.

Algemene jaarvergadering

Die Algemene jaarvergadering van Koedoe Hengelklub, sal op 23 Februarie 2010 by die Gauteng Noord Klubhuis plaasvind om 19H00.

Beroep word aan al ons lede gedoen om sodanige jaarvergadeing by te woon. Tydens hierdie jaarlikse vergadering word daar besluite geneem wat op u as hengelaar van toepassing is.

Jaareind funksie

Weens die vol program, sal sodanige funksie op 29 Mei 2010 plaasvind. Dagboek solank hierdie datum. Nadere besonderhede sal volg soos ons nader aan die datum kom.

HENGEL PROGRAM TOT 30 JUNIE 2010

27 Februarie - Dames en Junior Liga

06 Maart – Bosbou - Vaaldam
06 – 12 Maart – Senior SA Kampioenskappe
13/14 Maart - Dames Proewe 1ste en 2de Been
20/21 Maart - Senior Proewe 1ste en 2de Been
27 Maart - Meesters Proef

3 April – Klubaangeleentheid (Ardenza)
10 April - Dames en Junior Proewe
17 April - Senior Premier en A Afdeling liga

01 Mei - Klubaangeleentheid
08 Mei - Senior B en C liga
15 Mei - Pras Derby
22/23 Mei - Senior Proewe 3de en 4de

05 Junie - Klubaangeleentheid
19 Junie - GN liga en klereaand

UITSLAE VAN DIE KOMPETISIE TE KEES VAALDAM GEHOU OP 6 FEBRUARIE

KARP VOL : 202
KARP SPIEEL : 37
GRASKARP : 242
BABER : 8
TOTAAL : 489
TOTALE GEWIG : 419.505KG

GROOTSTE VIS :
SENIORS
GRASKARP : KOBUS VAN DER MERWE = 4.140KG
BABER : DUPPIE DU PLESSIS = 1.875KG
VOLSKUB KARP : JOHAN STEYN = 2.680KG

DAMES
VOLSKUB KARP : ZANDRA BOSHOFF = 2.160KG

JUNIORS
VOLSKUB KARP : KAYLE SWART = 2.205KG
GRASKARP : TYLER VAN BLERK = 2.335KG

JUNIOR/JUNIOR
VOLSKUB KARP : SHAUN LAMBRECHTS = 1.450KG
GRASKARP : ELRICH LAMBRECHTS = 2.805KG

Uitslae van die klubkompetisie :

SENIORS (1STE 15 PLEKKE)
1) WILLIE RICHARDS 630.35
2) IAIN MACDONALD 495.75
3) MARKUS SWART 493.85
4) AMPIE ROODT 492.20
5) TOM EBERSOHN 368.95
6) PIET ROODT 355.35
7) JOHAN STEYN 342.10
8) GEORGE THOMAS 315.60
9) HENNIE COETZEE 305.80
10)KOBUS VD MERWE 273.55
11)RIAAN DU PLESSIS 256.50
12)ERIC GERRITSEN 230.45
13)FRANCOIS STEYN 212.30
14)DONALD MACDONALD 210.80
15)JUNIOR LATSKY 204.55

DAMES
1) ZANDRA BOSHOFF 250.90
2) WILMA MACDONALD 105.20
3) CHRISTA SWART 48.15

JUNIORS
1) KAYLE SWART 333.45
2) CHRIS BOSHOFF 299.60
3) JACO DE JONGH 274.55
4) TYLER VAN BLERK 263.80

JUNIOR/JUNIOR
1) SHAUN LAMBRECHTS 195.15
2) ELRICH LAMBRECHTS 142.15
3) THEALISA VAN BLERK 40.70
4) KEVIN LERM 35.65
5) JACO VD MERWE 13.95

VOORSKOOL
1) MINE DU PLESSIS 12.60

No comments:

Post a Comment