Thursday, June 11, 2009

Terugvoer Uitvoerend Komitee Vergadering


Tydens die Uitvoerende Komitee Vergadering is die volgende belangrike aspekte bespreek.

SENIOR SPANNE
Die volgende lede van Gauteng Noord is verkies tot SAVOF Spanne :

1) Anil Beharie - Protea Klere
2) Tjaart Coetzee - SAVOF A Span
3) Matthew May - SAVOF B Span

Wel gedaan en baie geluk aan ons Gauteng Noord Seniors.

Gauteng - Noord Klereaand
Gauteng Noord se klereaand vind plaas op 20 Junie 2009 te Akasie stadsaal.
Tyd : 17H00 vir 17H30 (Die funksie begin om 17H30 - wees asseblief betyds)
Die saal sa al die oggend om 09H00 beskikbaar wees vir tafels regmaak en opmaak.

Bolgooi Liga
Die Bolgooi liga datums is soos volg :
27 Junie 2009
18 Julie 2009

Die veld sal anders opgestel word as in die verlede. Van die 100 meter af sal daar van die middelpunt 10 meter regs en 10 meter links gemeet word, en die sal REGUIT deurgetrek word. Indien jy uitgooi sal jou gooi nie tel nie.

- Senior Spanne 4 lede in 'n span
- Dames Spanne 4 lede in 'n span
- Juniors Spanne 4 lede in 'n span
- Meesters Spanne 2 lede in 'n span
- Penkoppe gooi individueel

Belangrike Datums
26 September - Is die eerste vrienskaplike wedstryd tussen GN, Gauteng en S/Gauteng. Die sal plaasvind by Cilliers.

10 Oktober - Is die Meesters en Juniors All-Transvaal kampioenskappe. Dit sal plaasvind te Biermans.

Premier A en A Afdeling (1ste Liga been)
17 Oktober - Cilliers

B en C Afdeling
24 Oktober - Cilliers

Junior en Dames
31 Oktober - Biermans

Beampte
Beamptes vir die volgende jaar is soos volg :
Voorsitter : Hennie Gildenhuis
Sekretaresse : Carolina Gildenhuis
Visie Sekretaresse : Marlene Coetzee
Tesourier : Angie Landsberg
Toerusting Beampte : Charles van Wijk
Additionele Lede : Hennie Coetzee, Biel Landsberg, Adri Bodenstein, Jan Roets

Baie geluk aan die komitee en sterkte vir die jaar vorentoe!!!
Baie geluk aan ons Koedoe lede wat daar verkies is, Hennie en Marlene Coetzee.

Baie belangrik is ook die nuwe ordanansie van Noord-Wes Provinsie.
- Geen Grootbek Geelvis
- 2 Kleinbek Geelvis 300mm
- 20 Kurpers 150mm
- Hengel Lisensie verkrygbaar te Potchefstroom.

Registerbeampte - Knop van der Merwe
Huidiglik is daar in totaal 723 mense geaffilieer by Gauteng Noord.

Gewoon - 538
Sosiaal - 185

Roodekopjes
Roodekopjes sal ek volledige terugvoer gee sodra ek al die inligting het.

Hoop almal het 'n lekker week met al die koue en reen saam.

No comments:

Post a Comment