Monday, June 29, 2009

ROODEPLAATDAM - DAMES IS BAAS!!!







Sondag het 'n paar van ons besluit om bietjie 'n potjiekos by Roodeplaatdam te gaan maak. Daar is ook so bietjie visgevang. Maar nou ja soos die duiwel dit wil he, vang die vrouens omtrent al die vis, en ons mans moet maar sit en kyk hoe daar visgevang word.

Eerstens was dit Zandra se stok wat loop. Sy het ook nie nonsens gevat nie en land 'n karp van 2.2 kg.

Alyssea, my dogter kom ook daar aan met haar pienk stok. JJ laai vir haar 'n aas, sy gooi self in, ongeveer 50 meter en nie lank nie vang sy 'n karp van 2.1kg. My stokke le, roer nie eens nie.

Nie lank nie toe loop Ros se stok. Swannie gee die stok met 'n swaar gemoed vir haar. 15 Minute later land sy 'n karp van 5.9kg.

Sarel het darem die oggend 'n karp of 3 gevang. Myself en Swannie nou ja...........

Dankie aan al die lede wat daar was, dit was baie lekker.

No comments:

Post a Comment