Friday, June 19, 2009

Koedoe Nuusbrief Junie 2009




SKAKELBEAMPTE
Kaartjies vir die fondsinsameling ten einde die klub instaat te stel vir die
aankoop van ‘n nuwe skaal is by die komiteelede teen R10,00 per lootjie beskikbaar.
Wat behels dit. ‘n Groot hounet met verskeie drank soorte daar binne. Die waarde daarvan beloop ongeveer R1 000,00. Die trekking tot die gelukkige wenner sal paasvind na die inweeg van September 2009 se naweek klub kompetisie.

Indien iemand onder die ouderdom van 18 jaar die pryswenner is, sal dit van die ouer verwag word om die prys in ontvangs te neem.

Tjaart Coetzee is verkies tot die SAVOF A-span. Baie geluk en sterkte met die
seisoen.

‘n Woord van dank aan almal wat behulpsaam was met die voorbereiding van die saal tydens die afsluitingsfunksie. Geluk aan almal wat ‘n toekenning ontvang het.
Daar is ook verneem dat Wilma McDonald ook deel van die statistieke geword het tydens ‘n “hi-jac”. Wilma sterkte na die onaangename ervaring.

Sterkte aan die Richards familie na die afsterwe van Elize Richards. Ons innige meeegevoel aan die familie.

Volgende Klubkompetisie

Dagkompetisie 4 Julie 2009
Die volgende kompetisie vind plaas te Rockwell, Rustenburg. Die oewer is bespreek. Almal kom saam by die TOTAL motorhawe op die Platinum deurpad na die Sun City afrit. Bymekaarkoms sal wees 04:30 en vertrek stiptelik om 04:45.

Hengeltyd : 07H00 – 15H00
Inweeg : Stiptelik 15H45 by Donald se voertuig.
Bonanza beloop R400. Grootste Karp oor 5kg

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeer mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en moet die klublid sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reels oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse as daar is.

Pryse sal kontant wees
Inskrywingsgelde R10 per persoon

Inweeg van vis-: Mondelingse Besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief as daar enige probleme is by die kompetisie handig die grief of beswaar in skrifteklik moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg hooters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.

Lede moet Asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reels asook die GN grondwet.

Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

Klubkompetisie Uitslae Olifantsnek

Aantal Hengelaars 46
Totale Vis 59
Totale Massa 57.115 kg

Voorskools en Junior/Junior

Geen Wenners
Die vis was moeilik vir die jongelinge, maar weerens n groot dank aan al die kinders wat daar was. Ook n groot dank aan Pat vd Merwe wat van sy stroppe wat hy bemark, beskikbaar gestel het vir pryse. So ook aan Francois en Henriette Steyn met die skenking van die R10 koeverte.

Junior Wenners

1) Chris Boshoff 2 Vis 0.965 kg
2) Kayle Swart 1 Vis 0.660 kg
3) Andries Tiggelman 1 Vis 0.600 kg

Chris het geslaap, Kayle het gespeel en Andries het rondgeloop. Geen wonder die vangste lyk so nie!!!

Dames Wenners

1) Christa Swart 1 Vis 0.830 kg
2) Wilma Macdonald 1 Vis 0.440 kg

Wel gedaan aan ons dames wat die koue trotseer het.

Senior Wenners

1) Hennie Coetzee 9 Vis 13.620 kg
2) Francois Steyn 6 Vis 4.225 kg
3) Riaan Swanepoel 4 Vis 5.600 kg

Ander vangste
Donald Macdonald 4 Vis 5.260 kg
Markus Swart 5 Vis 3.840 kg

Dankie aan almal wat gehelp het tydens die inweeg.

Gauteng Noord (klere aand)

Die funksie sal op 20 Junie 2009 by die Akasia Stadsaal plaasvind.

Tyd: 17:00 vir 17:30

Die regmaak van die saal sal vanaf 09:00 geskied.


‘n Dingende beroep word op alle lede gedoen wat nog nie hul lidmaatskapgeld betaal het, om dit so spoedig moontlik te doen. Die affiliasie gelde is nou betaalbaar.
Die bank besonderhede is soos volg:
ABSA BANK
Rekening nommer – 1438149704

LEDE WAT NOG NIE 2008/9 SE LEDEGELD BETAAL HET NIE MOET ASSEBLIEF POGING AANWEND OM Ń TE BETALING MAAK.

Bolgooi

Die ligas vind op die volgende datums te Weermaggronde plaas:

27 Junie 2009
18 Julie 2009

Oefeninge vind plaas elke Sondag te FH Odendaal Hoërskool. Almal word uitgenooi om die oefeninge by te woon.

Provinsiale kompetisies

26 September 2009 – vriendskaplike wedstryd tussen Gauteng Noord, Gauteng en Sentraal Gauteng te Cilliers

10 Oktober 2009 – Meesters en Juniors, Geheel Transvaal te Biermans

Komende Klubkompetisies
Klub kompetisie vir Augustus 2009 sal plaasvind te Soetvelde.

Naweek kompetisies – September en November 2009. Oewers sal bevestig word.

Oktober 2009 – Cilliers, Vaaldam (links van die huise).

Gauteng Noord ligas

17 Oktober 2009 – Premier A en A-afdeling te Cilliers

24 Oktober 2009 – B en C Afdelings te Cilliers

31 Oktober 2009 – Juniors en dames te Biermans.


Liga Spanne sal eersdaags gekies word en ‘n kennisgewing in die verband sal uitgestuur word.


Peach Ball dip
1 bottle peach concentrate
1 bottle honey glow concentrate
2 tsp floro
1 bottle honey
Dissolve the floro in the concentrate then add honey and shake well

Lootie
1 bottle Supercast musk
1 bottle Superast Raspberry
1 bottle Mollases (500ml)
Red powder
Mix all ingredients together.

No comments:

Post a Comment