Thursday, June 4, 2009

Junie Klubkompetisie


Die klubkompetisie vir Junie maand is geskuif na Olifantsnekdam toe. Dit is in Rustenburg. Die rede hiervoor is dat van ons lede by Rietspruit gaan oefen het 2 week gelede en vir die hele dag nie eens 'n byt gekry het nie. Ons ken nie Rietspruit nie, en wil tog ook uitgaan vir die dag om 'n paar visse te vang.

Olifantsnek is 'n beter opsie. Die gras is gesny, daar is asblikke opgesit en blykbaar toilet geriewe ook. Ek praat wel onder korreksie rakende die toilet geriewe. Johan Marx was ook vroeer in die week by olifantsnek en het 'n paar mooi visse gevang. Die gewig van die vis wissel tussen 1.5 - 3 kg.

Hoop om baie van die lede by die klubkompetisie te sien.

No comments:

Post a Comment