Thursday, August 13, 2009

NUUSBRIEF AUGUSTUS 2009

BAIE BELANGRIK
Onthou die kaartjies vir die fondsinsameling is by die komiteelede teen R10,00 per lootjie beskikbaar.

Dankie vir die wat reeds kaartjies gekoop of verkoop het.

Weens die aantal kaartjie verkope, is daar besluit om die sperdatum vir die trekking uit te stel. Kom ondersteun ons. Dit gaan tot die klub en u as lede se voordeel.

Dit behels 'n groot hounet met verskeie drank soorte daar binne. Die waarde daarvan beloop ongeveer R1 000,00. Die trekking tot die gelukkige wenner sal plaasvind na die inweeg van klub kompetisie.

Indien iemand onder die ouderdom van 18 jaar die pryswenner is, sal dit van die ouer verwag word om die prys in ontvangs te neem.

Lief en Leed
Tommie se kinders wat in die hospitaal opgeneem was, is ontslaan.

Dit gaan beter met oom Cor du Preez. Sterkte word hom toegewens.

Z Mohammed het 'n operasie ondergaan. Sterkte met die herstel.

Kobus van der Merwe se dogtertjie is siek. Beterskap.

Gerhard O'Kelly se vader is oorlede. Ons dra jul in hulle in ons gebede.

Oom Giel het 'n nuwe kunsgebid. Biltong skenkings word gevra ten einde oom Giel te help met die inbyt van die tande.

Volgende Klubkompetisie
Dag/nag kompetisie 5 en 6 September 2009

Die volgende kompetisie vind plaas by die Inloop van Vaaldam. Almal kom by MAXI’s op die NI snelweg bymekaar. Vertrektyd is 03H30.

Indien u reeds die Vrydag die oewer wil betree, geen hengel voor Saterdagoggend. Mag onder geen omstandighede voor die tyd begin hengel of voerplek maak nie. Dit lei tot diskwalifikasie.

Hengeltyd :
1. Saterdag: 07:00 tot 15:00 (inweeg 15:45)
2. Saterdagmiddag: 17:00 tot Sondag- oggend om 10:00 (inweeg Sondagoggend om 10:45)
Inweeg area sal aangekondig word
Bonanza beloop R500,00. Muddie 1,5 kg en swaarder.

Pryse sal kontant wees
Inskrywingsgelde R10 per persoon

Toegangsgelde is R30 per voertuig per dag en R10 per persoon.

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.

Inweeg van vis-: Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skriftelik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN Grondwet.

Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

Klubkompetisie: Soetvelde
Aantal Hengelaars: 47
Totale Vis: 35
Totale Massa: 69,575 kg

Voorskools
Ruan Zwarts

Junior/juniors
Shaun Lambrechts

Juniors
Chris Boshoff
Barend Booyse
Ruan Nabal

Dames
Zandra Boshoff

Seniors
Pieter Meintjies
Johan Zwarts
Hennie Coetzee

Dankie aan almal wat gehelp het tydens die inweeg.

Kersboom
‘n Voorlopige datum is vir 29 November 2009 bepaal. Meer besonderhede volg.

Ledegelde
‘n Dingende beroep word op alle lede gedoen wat nog nie hul lidmaatskapgeld betaal het, om dit so spoedig moontlik te doen. Die affiliasie gelde is nou betaalbaar.
Die bank besonderhede is soos volg:
ABSA BANK
Rekening nommer – 1438149704

LEDE WAT NOG NIE 2008/9 SE LEDEGELD BETAAL HET NIE MOET ASSEBLIEF POGING AANWEND OM 'N TE BETALING MAAK.

'n Aankondiging sal eersdaags gemaak word vir die senior spanne om 'n spanbou sessie te Witbankdam by te woon. Dit sal van die Vrydagaand tot die Saterdagmiddag plaasvind.

Provinsiale kompetisies
26 September 2009 – vriendskaplike wedstryd tussen Gauteng Noord, Gauteng en Sentraal Gauteng te Cilliers
10 Oktober 2009 - Juniors en Meesters Geheel Transvaal Kampioenskappe te Biermans

Komende Klubkompetisies
November 2009. Oewers sal bevestig word.
Oktober 2009 – Cilliers, Vaaldam
(links van die huise).

BOLGOOI
Die voorlopige uitslae na die tweede rondte is soos volg:
Penkoppe
Koedoe – 2de

Dames
Koedoe – 2de

Meesters
Koedoe B – 1ste
Koedoe A – 2de

Juniors
Koedoe A – 1ste
Koedoe B – 2de

Seniors
Koedoe A – 2de
Koedoe B – 5de
Koedoe C – 12de

Ligaspanne
Die liga spanne is op 2 Augustus 2009 vir die komende seisoen aangekondig. Baie geluk met u keuses. Mag dit vir die klub 'n suksesvolle seisoen wees. Die Spanne is soos volg:

Penkoppe
A-Span
Kevin Lerm
Wynand Richards
Bestuurder: Riaan Lerm

B-Span
Jaco van der Merwe
Chantelle van Vuuren
Bestuurder: Kobus van der Merwe

C-Span
Roald Matthee
Charldon Matthee
Bestuurder: Charl Matthee

Dames
A-Span
Zandra Boshoff
Nicoleen Richards
Christa Swart
Riana Vermaak
Bestuurder: Markus Swart
Afrigter: Willie Richards

B-Span:
Wilma Macdonald
Lilly Tiggelman
Debbie Gouws
Ros Coetzee
Bestuurder: Riaan Swanepoel
Afrigter: Donald Macdonald
Reserwe: Carina Coetzer
Beampte: Marlene Coetzee

Juniors
A-Span
Chris Boshoff
Barend Booyse
Andries Tiggelman
Ruan Nabal
Bestuurder: Sarel Boshoff
Afrigter: Spyker Coetzee

B-Span
Kayle Swart
Jacques Lombard
Hassen Mahomed
Hoosen Mahomed
Bestuurder: Riaan Nabal
Afrigter: Piet Roodt
Beampte: Marlene Coetzee

Seniors
D-Span
Riaan du Plessis
Chris Coertze
Ziyaad Essop
Kayle Swart
Ruan Nabal
Willie Nel
Jans Vorster
Zielas du Preez
Kobus van der Merwe
Robert Kotze
Hennie Knoetze
Riaan Lerm
Bestuurder: Giel Swart
Afrigter: Chris Boshoff
Hulp-Afrigter: Barend Booyse
Beampte: Danie de Jager

C-Span
GeorgeThomas
Boet Thomas
Tiggies Tiggelman
Jan Vermaak
Sias Janse van Rensburg
Peet Vorster
Piet Roodt
Lourens Potgieter
Neil van der Westhuizen
Herman Kuhn
Tinus Boshoff
Johan Zwarts
Bestuurder: Markus Swart
Afrigter: Spyker Coetzee
Hulp-Afrigter: Sarel Boshoff
Beampte: Riana Vermaak

B-Span
Francois Steyn
Andries Tiggelman
Gert Swart
Pat van der Merwe
Eric Gerritsen
Pieter Meintjies
Iain Macdonald
Zunaid Mahomed
Junior Latsky
Johan Steyn
Riaan Nabal
Tom Ebersohn
Bestuurder: Hennie Coetzee
Afrigter: Riaan Swanepoel
Hulp-Afrigter: Donald Macdonald
Beampte: Marlene Coetzee

A-Span
Willie Richards
Ampie Roodt
Riaan Swanepoel
Tjaart Coetzee
Sarel Boshoff
Chris Boshoff
Spyker Coetzee
Barend Booyse
Donald Macdonald
Jacques du Preez
Markus Swart
Hennie Coetzee
Bestuurder: Gert Swart
Afrigter: Iain Macdonald
Hulp-Afrigter: Pieter Meintjies
Beampte: Marlene Coetzee

Gauteng Noord ligas

Tydens die Uitvoerende Komitee vergadering van Gauteng Noord soos gehou op 12 Augustus 2009, is die hengelkalender van September 2009 tot Mei 2010 hersien. Sodra dit beskikbaar is, sal dit aan alle lede voorsien word.

No comments:

Post a Comment