Monday, August 24, 2009

INLOOP VAALDAM 23 AUGUSTUS 2009

Van die klub se lede het Sondag 23 Augustus by die Inloop gaan hengel. Dit was 'n lekker dag met 'n hele paar Koedoe lede daar. Dankie aan almal wat die dag bygewoon het. (Swart familie, Steyn familie, Latsky, Jacques du Preez, Boshoff familie, Martin de Bruyn en Robert Kotze)
Die vis het op 'n geredelike basis uitgekom. Jacques du Preez se kombinasie het verseker gewerk. Hy het 14 vis vir die dag gevang. Latsky het ook goed gehengel en het ook 11 vis gevang.
Ons klubkompetisie is die 5-6 September by die Inloop. Ek wil net graag noem dat daar wel een 'amblusie' blok is. Maar ek moet beaam dat dit nie die beste geriewe is nie en dat die eienaar besig is om op te gradeer. Daar is toilette wat werk. Die shower en bad is nie in goeie toestand nie, en daar is ook nie warm water nie!!!


JEANDRE STEYN MT DIE EERSTE VIS VIR DIE DAG. HY HET AL 3 VIS GEHAD VOOR ENIGE VAN ONS IETS GEVANG HET. DIT SE IETS OOR DIE AFSTAND!!


LATSKY MET SY VIS VIR DIE DAG


JEANDRE BESIG OM 'N VIS TE SPEEL. ONS LEER HULLE VROEG


INLOOP IS REGTIG 'N MOOI OEWER


JACQUES DU PREEZ MET SY SAK VIS


FRANCIOS STEYN (JNR) MET SY VIS VIR DIE DAG


JEANDRE WYS ONS SY KRAG. EK KAN AL DIE VIS OPTEL!!


PA EN SEUN MET DIE VIS VIR DIE DAG!!


SEUNS BESIG OM DIE VIS TE RELEASE

No comments:

Post a Comment