Monday, August 24, 2009

ARDENZA VAALDAM 22 AUGUSTUS 2009

Ons het bietjie Saterdag die 22 Augustus by Ardenza gehengel. Ek dink nog steeds Ardenza is een van die lekkerste oewers langs die Vaaldam om te hengel. Die Meesters het hulle SA's in November by Ardenza. Hulle het ook saterdag daar geoefen. Die meeste vis vir die dag by die Meesters was 11 vis.

Ons as familie het saam 21 vis gevang met Kayle wat ons almal se gatte geskop het. Hy het regtig 'n kombinasie gehad wat baie goed gewerk het.

Aangeheg is 'n paar fotos van Ardenza.


CHRISTA MET 'N MOOI MUDDY


KAYLE MET 'N MOOI SAK VIS VIR DIE DAG


MYSELF MET VAN DIE SIZE KARPS WAT BY ARDENZA UITKOM


ARDENZA OEWER

No comments:

Post a Comment