Thursday, July 30, 2009

Algemeen


Tripod te koop
Gert Strydom het 'n tripod stand wat hy wil verkoop teen R600.00 As enige iemand belangstel bel hom op 082-3457379
Soos ons almal ook weet verlaat Gert ons in Augustus vir New Zealand. Alle sterkte vir Gert in die land van die Kiwi's.

Stroppe te koop
Die wat ook stroppe wil koop is welkom om met Pat van der Merwe te gesels.

Klubkompetisie
"Dagkompetisie 1 Augustus 2009

Die volgende kompetisie vind plaas te Soetvelde, Ogies. Die oewer is bespreek. Almal kom saam by die ENGEN motorhawe by Elarduspark (laaste motorhawe op pad na Delmas). Bymekaarkoms sal wees 04:30 en vertrek stiptelik om 04:45.

Hengeltyd : 07H00 – 15H00
Inweeg : Stiptelik 15H45 by Donald se voertuig.
Bonanza beloop R450,00. Grootste Karp oor 5 kg

Toegangsgelde R15.00 per persoon
Inskrywingsgelde R10 per persoon

Oom Cor du Preez
Dit gaan baie beter met oom Cor. Hy is terug by die huis. Alhoewel nog onstabiel en deurmekaar gaan dit goed met hom. Baie sterkte aan die familie en ons hoop die Here hou sy Hand van beskerming oor almal.

Verjaarsdag
Baie geluk aan Jacky Retief wat vandag verjaar. Hoop jy het 'n lekker dag en mag die Here jou seen op die spesiale dag.

No comments:

Post a Comment