Wednesday, July 15, 2009

Koedoe Nuusbrief Julie 2009


Pragtige Bloemhof Geelvis

Hier is die nuusbrief vir Julie 2009.

BAIE BELANGRIK

Onthou die kaartjies vir die fondsinsameling is by die komiteelede teen R10,00 per lootjie beskikbaar. Dankie vir die wat reeds kaartjies gekoop of verkoop het.

Dit behels 'n groot hounet met verskeie drank soorte daar binne. Die waarde daarvan beloop ongeveer R1 000,00. Die trekking tot die gelukkige wenner sal plaasvind na die inweeg van September 2009 se naweek klub kompetisie.

Indien iemand onder die ouderdom van 18 jaar die pryswenner is, sal dit van die ouer verwag word om die prys in ontvangs te neem.

Lief en Leed

Tommy se kinders wat in die hospitaal opgeneem was, wens ons alle beterskap.
Johan Zwarts en sy vrou, baie geluk met die geboorte van hulle dogtertjie.

Ons dank aan Robert Kotze wat 'n finansiele skenking gemaak het vir die aankoop van 'n nuwe skaal. Dit sal met die volgende klub kompetisie in gebruik geneem word.

Aansoek is van Danie de Jager en sy gesin ontvang vir lidmaatskap tot Koedoe Hengelklub. Ons wil vir Danie en gesin baie welkom heet.

Volgende Klubkompetisie

Dagkompetisie 1 Augustus 2009

Die volgende kompetisie vind plaas te Soetvelde, Ogies. Die oewer is bespreek. Almal kom saam by die ENGEN motorhawe by Elarduspark (laaste motorhawe op pad na Delmas). Bymekaarkoms sal wees 04:30 en vertrek stiptelik om 04:45.

Hengeltyd : 07H00 – 15H00
Inweeg : Stiptelik 15H45 by Donald se voertuig.
Bonanza beloop R450,00. Grootste Karp oor 5 kg

Pryse sal kontant wees
Inskrywingsgelde R10 per persoon

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en moet die klublid sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.

Inweeg van vis-: Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief as daar enige probleme is by die kompetisie handig die grief of beswaar in skrifteklik moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.

Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

Klubkompetisie Uitslae Rockwell

Aantal Hengelaars: 44
Totale Vis: 25
Totale Massa: 10,595 kg

Seniors
1) George Thomas 5 Vis 2.615kg
2) Hennie Coetzee 4 Vis 1.250kg
3) Boet Grabe 1 Vis 2.530kg
4) Sarel Boshoff 2 Vis 0.610kg
5) Tjaart Coetzee
6) Ampie Roodt
7) Waheed Mahomed
8) Spyker Coetzee
9) Jan Vermaak

Grootste Karp : Boet Grabie 2.530kg

Dames Wenners

Geen wenner

Voorskool en Junior/Junior

Geen wenner

Die vis was moeilik vir die jongelinge, maar weerens n groot dank aan al die kinders wat daar was.

Juniors
1) Jacques Lombard 3 Vis 0.385kg
2) Chris Boshoff 1 Vis 0.545kg
3) Hassen Mahomed 0 Vis 0.240kg

Dankie aan almal wat gehelp het tydens die inweeg.

Gauteng Noord (klere aand)

’n Woord van dank aan almal wat behulpsaam was met die voorbereiding van die saal vir die Gauteng Noord klere aand asook aan almal wat dit bygewoon het. Geluk aan die wat prestasie toekennings ontvang het asook aan die wat in ‘n provinsiale span opgeneem is.

Kersboom
‘n Voorlopige datum is vir 29 November 2009 bepaal. Meer besonderhede volg.

Lidmaarskap Gelde
‘n Dingende beroep word op alle lede gedoen wat nog nie hul lidmaatskapgeld betaal het, om dit so spoedig moontlik te doen. Die affiliasie gelde is nou betaalbaar.
Die bank besonderhede is soos volg:
ABSA BANK
Rekening nommer – 1438149704

LEDE WAT NOG NIE 2008/9 SE LEDEGELD BETAAL HET NIE MOET ASSEBLIEF POGING AANWEND OM Ń TE BETALING MAAK.

Bolgooi

Die laaste liga vind op die 18 Julie 2009 te Weermaggronde plaas.

Na afloop van die vorige kompetisie, is die posisies soos deur die klub beklee, voorlopig soos volg:

Penkoppe – 1ste plek
Juniors – 1ste en 2de plek
Dames – 2de en 5de plek
Meesters – 1ste en 2de plekke
Seniors – 3de, 6de en 13de plekke
Wel gedaan aan ons lede wat aan die kolgooi liga deelneem.

Ook baie geluk aan ons individuele presteerders :
1) Boet Grabie algeheel 1ste by die meesters
2) Christa Swart algeheel 1ste by die dames
3) Andries Tiggelman algeheel 1ste by die juniors

Provinsiale kompetisies
26 September 2009 – vriendskaplike wedstryd tussen Gauteng Noord, Gauteng en Sentraal Gauteng te Cilliers

Komende Klubkompetisies
Naweek kompetisies – September en November 2009. Oewers sal bevestig word.
Oktober 2009 – Cilliers, Vaaldam (links van die huise).

GN Geheel Transvaal Kampioenskappe

10 Oktober 2009 – Meesters en Juniors, Geheel Transvaal te Biermans

Gauteng Noord ligas

17 Oktober 2009 – Premier A en A-afdeling te Cilliers

24 Oktober 2009 – B en C Afdelings te Cilliers

31 Oktober 2009 – Juniors en dames te Biermans.

Liga Spanne sal eersdaags gekies word en ‘n kennisgewing in die verband sal uitgestuur word.

No comments:

Post a Comment