Thursday, July 23, 2009

Gauteng Noord Uitvoerend Algemene Jaarvergadering gehou op 22 Julie 2009

Gauteng Noord se Algemene Jaarvergadering is gehou op 22 Julie 2009 te Gauteng Noord Klubhuis.

Finansies
Affiliasiegelde vir die jaar is opgesit vanaf R90 na R120 per persoon. Dit beteken Koedoe as 'n klub sal weereens mooi moet gaan kyk na ons finansiele stand van sake. Ons is huidiglik 90 lede wat geaffilieer moet word. Dit beteken ons as klub gaan R10,800.00 aan affiliasiegelde moet betaal. Dan is daar nog 'n paar nuwe lede wat ook geaffilieer moet word.
Ek doen dus 'n beroep op alle lede om hulle ledegelde so gou as moontlik te betaal, om dit vir die klub moontlik te maak om alle kostes te dek.

Op die 5de Augustus tydens die Senior Komitee Vergadering sal Werner Lubbe 'n bespreking kom gee rakende die nuwe debietkaart stelsel wat geimplimenteer gaan word. Hierdeur kan daar dan gelde vir die klub sowel as die provinsie gegenereer word. Ek nooi almal uit die 5de Augustus te kom luister na die debietkaart stelsel.

Paalhengel
Op die 8 en 9de Augustus is daar 'n paalhengel kursus om nuwe beamptes op te lei. Hierdie is 'n inisiatief vir die komende wereld paalhengel kampioenskappe wat in SA gaan plaasvind. Alle belangstellendes kan my kontak of vir die beampte komitee : Hennie Gildenhuis.

Curriebeker Stelsel verandering
Tydens die laaste SAVOF jaarvergadering is die stelsel rakende die Curriebeker ook verander. Net terloops Gauteng-Noord het 2de geeindig (2 punte agter Gauteng) in die stryd om die Curriebeker.
Slegs A-Spanne gaan in aanmerking kom vir die Curriebeker. (Senior, Dames, Juniors, Karp en Paal)
Slegs B-Spanne gaan in aanmerking kom vir die Federasiebeker. (Seniors, Dames, Juniors, Karp en Paal)
Penkoppe en alle C-Spanne word NIE in aanmerking gebring nie.

Gauteng-Noord Dames Spanne
Baie geluk aan Wilma Macdonald wat opgetrek is in Dames Gauteng-Noord B Span. Gaan hou die klub en die provinsie se naam hoog.

Nuwe GN Uitvoerend Portefuljes
President : Flip Stone
Vise-President Provinsiale Sake : Gideon van Zyl
Vise-President Projekte : Riekie Labuschagne
Sekretaris : Esme Bouwer
Vise - Sekretaris : Carolina Gildenhuis
Tesourier : Angie Landsberg
Registerbeampte : Knop vd Merwe
Klerebeampte : Knop vd Merwe
Rekordsbeampte : JP du Plessis
Bewaringsbeampte : Wessel Bouwer
Bateregisterbeampte : Wessel Bouwer
Skakebeampte : Danie de Jager
Ontwikkelingsbeampte : Danie de Jager
Dames Keurder Sameroeper : Hennie Gildenhuis
Dames Keurders : Lappies Labuschange, Manny dos Ramos, Charles van Wijk, Gina Swart
Dames Komitee Sameroeper : Caroline Gildenhuis
Junior Keurder Sameroeper : Knop vd Merwe
Junior Keurders : Andre Bezuidenhout, Biel Landsberg, Donald Macdonald, Hentus Espach
Junior Keurder Sameroeper : Knop vd Merwe
Senior Keurder Sameroeper : Giel Swart
Senior Keurders : Gideon v Zyl, Jurie v Staden, JP Joubert, Hennie Coetzee
Senior Komitee Sameroeper : Gert Swart
Karp Sameroeper : Jacques Fourie
Paal Sameroeper : Thys Booyens
Beampte Sameroeper : Hennie Gildenhuis

Sterkte aan almal in die verskillende portefuljes, en ons hoop van harte dat almal sal saamwerk in belang van ons sport hengel.

Sterkte aan Flip Stone wat weer verkies as President vir Gauteng Noord. Dit gaan nie 'n maklike jaar wees nie. Daar is Roodekopjes met al sy 'intrigues', ons wil die Curriebeker en Federasiebeker wen hierdie jaar, en so kan ek aangaan. Daar is baie mense wat baie keer kritiek lewer, maar ek daag baie van daardie mense uit om daardie stoel oor te neem en dan wil ek sien wat gebeur!!!
Flip van Koedoe Hengelklub kan ek jou verseker dat jy ons ondersteuning het en ons jou sal bystaan in hierdie jaar vorentoe.

Roodekopjes
Daar is ook besluit dan om Roodekopjes aftegee vanaf 31 Augustus 2009. Dit was die regte besluit van die komitee. Roodekopjes met al sy hiasinte is nie meer 'n winsgewende projek vir Gauteng Noord nie.

Groete

No comments:

Post a Comment