Monday, July 20, 2009

Koedoe Ligaspanne vir 2009 seisoen


Die nuwe seisoen vir 2009 is in sig. En watter uitdaging gaan 2009 nie vir Koedoe as 'n klub inhou nie.

Penkoppe
Dit is met groot voorreg wat ek kan se dat Koedoe vir 2009 die eerste penkop spanne gaan inskryf. Ons beplanning is om 2 penkop spanne vir die jaar in te skryf. Dit gaan lekker wees om te sien hoe ons penkoppe gaan presteer hierdie jaar. Ons het 'great' penkoppe met ongelooflik baie potentiaal en hierdie mannetjies is die toekoms vir ons Junior korps vorentoe.

Juniors
Ons gaan ook 2 junior spanne inskryf hierdie jaar. Ons almal weet dat ons Juniors vir die afgelope 7 jaar die junior krag in Gauteng Noord was. Laasjaar het 2 van ons Juniors oorgeskakel na senior status toe. Iain Macdonald en Stefan van Jaarsveld. Hierdie jaar skakel nog 5 van ons Juniors oor na Senior status toe. Chris Boshoff, Barend Booyse, Hassen Mahomed, Hoosein Mahomed en Sameer Aboo. Die belangrike aspek vir ons Juniors vir die jare vorentoe is om nou weer te begin bou aan die volgende 5 jaar vorentoe. Ons het nog goeie juniors wat vir die volgende 3 jaar vir ons die beker kan huis toe bring.

Dames
Ons dames gaan ook 2 spanne wees vir die jaar 2009. Ons het op en af jare beleef met ons dames, maar ek weet dat ons dames die beker kan wen. Hierdie jaar is 'n goeie jaar om dit te doen. Aan ons dames sterkte vir die jaar en al die challenges wat voorle.

Seniors
Nou mense hier is waar die moeilike besluite inkom. Ek wil net graag weer aan almal beklemtoon, dat die komitee nie almal gelukkig kan hou nie. Daar gaan teleurstellings wees. Maar gaan evalueer jouself eers voordat jy 'n besluit neem en op 'n ashoop gaan sit. Die spanne is deurgegee en ek het dit so afgeteken. As Voorsitter van die klub is daar baie vrae gevrae en antwoorde gekry. Kom ons bou 'n eenheid hierdie jaar en gaan wys die ander Gauteng Noord klubs waaruit ons 'guts' bestaan. Hierdie is die jaar wat ons as 'n klub uitsonderlike prestasies kan bereik!!!

Die Koedoe ligaspanne gaan op die 2de Augustus bekendgemaak word.

Plek : Gauteng Noord Klubhuis (Annetjie Botha rylaan)
Tyd : 12H00 begin ons om te braai en ete daarna.
Bekendmaking van spanne : Die ligaspanne sal bekendgemaak word vanaf 13H30
Datum : 2 Augustus (Sondag)
Bring en braai

Kom ons kyk om 'n lekker tyd saam deur te bring die dag as 'n klub en dan ook ons uitdagings vir die jaar vorentoe te bespreek.

No comments:

Post a Comment