Sunday, July 5, 2009

4 Julie 2009 - Rockwell Klubkompetisie


Oggend sonop by Rockwell Dam


Daar is nie net vis gevang nie, maar voels ook!!


Boet Grabie met die grootste karp vir die dag - 2.530 kg


Jacques Lombard - Junior wenner vir die dag met 3 Vis 0.485 kg


George Thomas - Senior wenner vir die dag met 5 vis 2.615 kg


Tjaart Coetzee - Lootjie Wenner vir die dag


Koedoe groepfoto


Tyd om huistoe te gaan - Tjaart en Boet val om.

Rockwell

Rockwell rock not that well

Die klubkompetisie by Rockwell het nie die aantal vis opgelewer waarop ons gehoop het nie. Daar was 44 hengelaar vir die dag en slegs 12 het visgevang. Die res het almal 'n bloutjie geloop by Rockwell.

Dit is ook die laaste keer wat 'n klub toegelaat word om by Rockwell te hengel. Die myn het besluit dat klubs nie meer toegelaat gaan word om daar te hengel nie. Persoonlik vir my, is dit 'n 'great' besluit. Ek het nou al 4 keer in 'n ry by Rockwell geblank!!!

Statistieke vir die dag

44 Hengelaars
25 Volskub Karps
10.595 kg

Uitslae vir die dag
Voorskools
Geen wenners nie

Junior/Junior
Geen wenners nie

Dames
Geen wenners nie

Juniors
1) Jacques Lombard
2) Chris Boshoff
3) Hassen Mahomed

Seniors
1) George Thomas
2) Hennie Coetzee
3) Boet Grabie
4) Sarel Boshoff
5) Tjaart Coetzee
6) Ampie Roodt
7) Waheed Mahomed
8) Spyker Coetzee
9) Jan Vermaak

Volgende klubkompetisie vir Augustus maand is 'n dag kompetisie by Soetvelde. Volledige kommunikasie sal tydens die nuusbrief uitgestuur word.

2 comments: