Wednesday, July 22, 2009

SOETVELDE 21 JULIE 2009


SAREL MET 'N KARP VAN 2.5KG


MARKUS MET 'N KARP VAN 2.4KG


FRANCOIS MET 'N KARP VAN 1.2KG

Ons het gaan kyk hoe lyk die dam by Soetvelde. Dit is 'n redelike kleinerige dam en ons as 'n klub sal redelik akkomodeerend moet wees tydens ons klubkompetisie. Ons het ongeveer 600 meter water (300 meter oostekant en 300 meter westekant) om die lede te akkomodeer. So dit beteken dat ons redelik naby aan mekaar gaan moet sit. As ons kyk na 40 lede en ELKEEN is 20meter uitmekaar het ons 800 meter water nodig. Maar gewoonlik is daar juniors. dames en seniors wat bymekaar sit. Hopelik gaan ons geen probleme ervaar nie!! Die dam self het geen vashaakplekke nie. Dit is 'n sagte sand bodem. Lede moet ook net versigtig wees vir die modder. Mense mag miskien vassit.

Daar is mooi size vis in die dam. Sarel het 'n karp van 2.5kg gevang. My grootste karp was 2.4kg. Francois het ook 'n karp van 1.2kg gevang. Die vis was nie baie nie, en ek dink dit gaan 'n hengelstryd wees met baie geduld.......

No comments:

Post a Comment