Friday, June 18, 2010

NUUSBRIEF JUNIE 2010

HIER IS DIE NUUSBRIEF VIR JUNIE 2010. 

LET WEL DAT DIE KLUBKOMPETISIE VIR JUNIE MAAND BY TRICHARDT GEKANSELLEER IS.  DAAR IS WEL EERS MET MENSE GESELS WAT DAAR HENGEL EN ONGELUKKIG IS DIE GRAS VAN SO AARD DAT DIE DAM NOG ONHENGELBAAR IS.  DIE KOUE HET BIETJIE LAAT GEKOM EN DIE GRAS SAL NIE DOOD GERYP WEES VOOR DIE 3DE JULIE NIE.  ONS SAL MISKIEN KYK LATER IN DIE JAAR OM TRICARDT WEER TE PROBEER.  DIE KEUSE VIR JULIE IS OM OBERON HARTIES TOE TE GAAN.  SIEN NUSSBRIEF VIR DIE NODIGE INLIGTING.

Ai, dit is al klaar Junie. Die koue is op ons en die warm klere, ensovoorts word uitgepak (indien nie al klaar nie).
Dit is nie net die koue wat ons land getref het nie maar ook al die besoekers uit die buiteland om die wêreld beker skouspel te kom aanskou. Hiermee saam, het Suid Afrika ook 'n nuwe simbool bygekry, naamlik die vuvuzela. Dit wil voorkom asof dit met die bulle se wedstryde in Soweto 'n oefenlopie tot die sokker was. Ek sit nou net en wonder hou lank dit gaan neem alvorens dit tot ander sport soorte gaan uitbrei en of ons geliefde manne aan die stuur by SAVOF dit by die hengel waters ook gaan toelaat. Miskien wel. Is vars water oewer hengel nog 'n internasionale sport. Indien wel, kan ons hengelaars ook mos leer om die instrument te bemeester. Dit genoeg hieroor.

Wintertyd is ook 'n tyd om die hengelgerei so 'n bietjie na te gaan en te herstel waar nodig. Indien opgradering of aanvullings moet geskied. Doen dit nou. Die rede daartoe is dat daar 'n uitdagende hengel seisoen op ons wag en dit begin vroeg. Nie net op provinsiale vlak nie maar ook op klub vlak. U as klub lede sowel as die klub in geheel, het top prestasies behaal wat geëwenaar en/of verbeter moet word.

JAAREIND FUNKSIE

Gepraat van geëwenaar of verbeter moet word. Kyk na ons jaareind funksie. Mense, dit was puik. Gesit en alles begin inneem, is daar gewonder of die dames wat al die werk verrig het, by hengel betrokke is en of is hulle in 'n professionele beroep betrokke wat, soos die ou oom gesê het, dit moet gedoen word. Om vir nagenoeg 150 gaste so reg te staan, moet gedoen word.

Verder aan was dit dan ook ons voorreg om Riekie Labushagne as waarnemende President van die unie asook vir Gideon van Zyl, Visie President, saam met ons teenwoordig te hê.

Selfs was daar tyd vir die Super 14 eindstryd. Gelukkig was daar geen vuvuzelas geblaas nie. Dank aan die manne wat die uitsending moontlik gemaak het.

Gauteng Noord klereaand


Met die ter perse gaan van die Nuusbrief, is die klere aand op ons. Die reëlings is soos volg:
- Die saal sal vanaf Saterdagoggend om 09:00 gereed wees vir tafel voorbereiding. Vir wie dit moontlik is om te kom help. U is hartlik welkom siend dat die klub heelwat tafels het wat gereed gemaak moet word.

- Plek: Akasia Stadsaal
- Tyd: 17:00 vir 18:00.
Kom vroeg asseblief.
- Sjerrie sal by aankoms beskikbaar wees.
- Bring eie drinkgoed, glase en eetgerei. Aand ete sal deur die klub bedien word.
- Drag: Gaste – Baadjie en das (dames dienooreenkomstig)
- Hengelaars: Provinsiale of nasionale klere.

Klub Kompetisie – 5 Junie 2010

Klubkompetisie vir Junie was te De Rust Harties. 60 lede het die klubkompetisie bygewoon. Die lede het al van 03H00 by die hek bymekaar gekom en 'n lekker gees het daar geheers. Die 'proppie, proppie' het ook sy ding gedoen.

Die vis vir die dag het nie te goed uitgekom nie en die wensak was maar 3 vis. Almal het die dag geniet.

SENIORS
1)Willie Richards - 70.00 (3 Vis 4kg)
2)Herman Kuhn - 62.35 ( 2 Vis 4.235kg)
3)Riaan Lerm - 61.35 (1 Vis 5.135kg)
4)Lourens Potgieter - 51.75 (1 Vis 4.175kg)
5)Martin de Bruyn - 50.85 (1 Vis 4.085kg)
6)Ampie Roodt - 48.05 (2 Vis 2.805kg)
7)Francois Steyn - 45.10 (2 Vis 2.510kg)
8)Donald Mcdonald - 44.10 (1 Vis 3.410kg)
9)Eugene Wernick - 43.50 (1 Vis 3.350kg)
10)Steve Smit - 40.75 (1 Vis 3.075kg)
11)Willem de Jongh - 40.50 (1 Vis 3.050kg)
12)Sarel Boshoff - 23.40 (1 Vis 1.340kg)
13)Willie Swart - 23.00 (1 Vis 1.300kg)

DAMES
1)Zandra Boshoff - 50.55 (1 Vis 4.055kg)
2)Riana Vermaak - 40.70 (1 Vis 3.070kg)

JUNIORS
1) Jaco de Jongh - 0.95 (0 Vis 0.095kg) Enigste Kanarie kurper vir die dag!!!

Volgende klub kompetisie
Weens die aantal gras by Trichardt, is daar deur die klub bestuur besluit om die Julie 2010 se klub kompetisie na Oberon te Hartbeespoortdam te verskuif. Die reëlings is soos volg:
Almal kom om 05:15 by die hek bymekaar vir die inskrywing. Inskrywingsgelde van R15,00 per hengelaar sal ook hier betaal word. Elkeen is verantwoordelik vir eie toegangsgeld by die hek.

Hengel tyd: 07:00 tot 15:00. Inweeg sal om 15:45 plaasvind. Plek sal die oggend tydens inskrywing aangekondig word.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.

Ons vra almal se samewerking.
Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.
Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

BESOEKERS
Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.
Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skrifteklik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees

Tydens die vorige klub kompetisie was daar waargeneem dat lede nie die weerlig reel nakom nie. Vir u eie veiligheid sal daar in die toekoms teen hengelaars opgetree word. Dit beteken dat ons n weerlig meter moet aankoop. Ten einde ons instaat te stel om n weerlig meter aan te skaf, word skenkings in die verband gevra.

KLUB HENGEL AANGELEENTHEDE

Die hengel kalender vir ons klub lede is soos volg:

3 Julie : Dag kompetisie te Oberon – Harties
7 Augustus : Dag kompetise te Roslee
4 September : Naweek kompetisie te Nooitgedachtdam
2 Oktober : Dag kompetisie te Draaifontein
6 en 7 November : Naweek kompetisie te Grootdraaidam
3 en 4 Desember : Nag/dag kompetise te Bajadam te Bronkhorstspruitdam.

Kolgooi
Die datums vir die kolgooi is 10 Julie 2010 en 31 Julie 2010. Siende dat sodanige datums om die draai is, sal daar bitter min tyd wees om te oefen en spanne in te skryf. Hier moet ons maar n ekstra tree loop. Oefeninge begin eerskomende Sondag (20 Junie) en daaropvolgende Sondae by die sportgronde regoor Hendrik Verwoerd Hoërskool op die hoek van Frates –en Pienaarstraat. Almal wat is welkom om vanaf 11:00 aan die oefeninge deel te neem.

Voorlopige program

Siende dat die hengel seisoen tot laat in Mei 2010 plaasgevind het, is daar besluit om voortydig n program vir die 2010/2011 hengelkalender daar te stel. n Vergadering is deur die betrokke partye bygewoon en n konsep jaarprogram is opgestel. Let wel. Dit moet nog goedgekeur word.
Ten einde u behulpsaam te wees, hiermee voorlopige datums van aktiwiteite.

Junie 2010

19 Junie - GN Liga en klere aand
20 Junie – kolgooi oefening
20 Junie 2010 - PRO SERIES
21 Junie 2010 – Finale kennisgewing rakende GN AJV
26/27 Junie 2020 - SAVOF AJV te POTCHEFSTROOM
27 Junie 2010 – Kolgooi oefening

Julie 2010
03 Julie 2010 - SAVOF prysuitdeling te Springs
03 Julie 2010 – Klub kompetisie te Oberon – Hartbeespoortdam
04 Julie – Kolgooi oefening
05 Julie 2010 - Dames AJV
10 Julie 2010 - 1STE Bolgooi Liga
14 Julie 2010 - GN Klere pas aand te GN Klubhuis
18 Julie 2010 - PRO SERIES
16-19 Julie 2010 - Karp Liga 1ste been
21 Julie 2010 - GN AJV
31 Julie 2010 – 2de Bolgooi Liga

Augustus 2010
08 Augustus 2010 – Klub kompetisie 3-15 Augustus 2010 - Karp Liga, 2de been
22 Augustus 2010 - PRO SERIES
28 Augustus 2010 - IMPALA Fonds insameling te BRONKIES
28 Augustus 2010 - GN vs SG vriendskaplike wedstryd

September 2010
04 September 2010 – Klub kompetisie
10 – 12 September 2010 – Karp Liga 3de been
11 September 2010 – GN V GAUTENG vriendskaplike wedstryd
17-19 September 2010 – FEMME FATALE
19 September 2010 – PRO SERIES
21 September 2010 – KLUB LIGA vergadering
25 SEPTEMBER 2010 – Senior Premier + A Afdeling 1ste Been Liga
28 – 01 Oktober 2010 – SAVOF Naweek

Oktober 2010
02 Oktober 2010 – Klub kompetise
09 Oktober 2010 – Meesters en Juniors Geheel Transvaal
12 Oktober 2010 – Klub Liga vergadering
16 Oktober 2010 – Senior B en C – 1ste been liga
17 Oktober 2010 – PRO SERIES
19 Oktober 2010 - Klub liga vergadering
23 Oktober 2010 – Dames en juniors 1ste Been Liga
26 Oktober 2010 – Klub en Liga vergadering
31 Oktober 2010 – Senior Primier en A Afdeling – 2de been liga

November 2010
06 November 2010 – Klub kompetisie
12-14 November 2010 – Karp Liga 4de been
13-19 November 2010 – Meesters SA’s
20 November 2010 - Senior B en C Afdeling, 2de Been Liga
21 November 2010 - PRO SERIES
23 November 2010 - Klub Geheel Transvaal Kampioenskappe
27 November 2010 - Klub Geheel Transvaal Kampioenskappe

Desember 2010
04 Desember 2010 – Klub kompetisie
13 - 18 Desember 2010 - Junior SA kampioenskappe

Januarie 2011
08 Januarie 2011 – Klub kompetisie
15-16 Januarie 2011 – Meesters proewe (1 en 2)
15 Januarie 2011 - Dames GEHEEL Transvaal Kampioenskappe
16 Januarie 2011 - PRO SERIES
21-22 Januarie 2011 – Karp proewe
22 Januarie 2011 – Senior Geheel Transvaal Kampioenskappe
25 Januarie 2011 - Klub Liga vergadering
29 Januarie 2011 - Senior Premier en A Afdeling 3de Been liga

Februarie 2011
05 Februarie 2011 – Klub kompetisie
05 -12 Februarie 20110 - Dames SA Kampioenskappe
15 Februarie 2011 – Klub liga vergadering
19 Februarie 2011 - Senior B en C Liga 3de Been
20 Februarie 2011 - PRO SERIES
22 Februarie 2011 - Klub Liga vergadeiring
26 Februarie 2011 – Dames en Junior Liga 2de Been

Maart 2011
03 Maart 2011 - Junior Proewe Inligting sessie
05 Maart 2011 – Klub kompetisie
05 - 11 Maart 2011 - Senior SA Kampioenskappe
19 Maart 2011 - Dames 1ste proef en Junior proewe
20 Maart 2011 - Dames 2de proef
20 Maart 2011 - PRO SERIES
26 Maart 2011 - Meesters 3de proef

April 2010
02 April 2011 – Klub kompetisie
05 - 09 April 2011 - Match Angling SA Kampioenskappe
09 - 10 April 2010 – Seniors proewe Been 1 en 2
16 April 2011 - Dames 3de proef
17 April 2011 - PRO SERIES
30 April en 01 Mei 2011 – Seniors proewe - Been 3 en 4

Mei 2011
07 Mei 2011 – Klub kompetisie
14-15 Mei 2011 - PRAS DERBY
15 Mei 2011 - PRO SERIES
21 Mei 2011 - KOEDOE JAAREIND FUNKSIE

KYK NOU NET HOE VINNIG GAAN DIE TYD AS JY NA DIE VOORLOPIGE JAAR PROGRAM KYK.

INDIEN U JAARLIKSE LIDMAATSKAPGELDE NOG UITSTAANDE IS, BETAAL DIT SO SPOEDIG MOONTLIK SIENDE DAT SPANNE BEGIN AUGUSTUS GEAFFILIEER MOET WORD.

Sterkte tot volgende keer

No comments:

Post a Comment