Tuesday, May 4, 2010

KLUBKOMPETISIE VAALDAM 1 MEI 2010

More Almal,

Ons het Mei maand nie goed begin nie.  Op ons pad na Vaaldam tref die eerste ongeluk ons.  'n Aankomende voertuig se bestuurder raak aan die slaap en mis my voertuig en sleepwas net-net, en ry reg voor Sias en Peet in wat agter my ry.  Sias probeer die kop aan kop botsing vermy en swaai uit, met die tref die voertuig hom op die sleepwas en rol hy sy bakkie.  Dit was 'n groot skok vir almal.  Gelukkig het almal kalm gebly en nie die persoon gaan bydam nie.  Ek glo dit is wat baie van ons wou doen.  Ons kan net ons Hemelse Vader dank dat niemand ernstig beseer was nie. 
Sias en Peet spreek ook net hulle dank uit aan al die lede wat daar gebly het totdat die polisie opgedaag het.  Met die het Sias en Peet die klubkompetsie gemis.

Met die vertrek ons weer verder na die dam toe.  Net na Deneysville ry twee voertuie in mekaar vas, en met die impak is die voorste voertuig amper reg voor my in.  Wat 'n oggend!!!

Ons het die kompetisie om 07H15 begin.  Om 08H15 begin dit te reen.  En dit was die hele dag se storie, aan en af reen en selfs hael.  Dit beteken die middag met die turf - sleep ons toe weer voetuie uit. 
Maar die dag het goed afgesluit.  Almal het veilig by hulle huise uitgekom an ons dank ons Hemelse Vader dat hy na ons almal gekyk het terug huis toe.

STATISTIEKE VIR DIE DAG
KARP VOL - 59
KARP (S) - 12
KARP GRAS - 148
BABER - 8
MODDERVIS - 7
GEELVIS - 1
TOTAAL - 234
GEWIG - 124.820

UITSLAE VIR DIE DAG
SENIORS (1STE 15 PLEKKE)
1) STEVE SMIT - 23 VIS 15.075KG
2) BOET THOMAS - 17 VIS 10.015KG
3) TINUS BOSHOFF - 15 VIS 7.945KG
4) RIAAN SWANEPOEL - 15 VIS 7.930KG
5) ERIC GERRITSEN - 13 VIS 9.590KG
6) JACQUES DU PREEZ - 14 VIS 7.905KG
7) GEORGE THOMAS - 14 VIS 6.615KG
8) JAN VERMAAK - 14 VIS 5.465KG
9) ROBERT KOTZE - 12 VIS 5.990KG
10)DONALD MCDONALD - 10 VIS 5.135KG
11)MARKUS SWART - 9 VIS 4.690KG
12)SAREL BOSHOFF - 8 VIS 3.670KG
13)SHAWN VAN BLERK - 6 VIS 2.565KG
14)HENNIE KNOETZE - 4 VIS 3.685KG
15)FRANCOIS STEYN - 5 VIS 1.935KG

DAMES
1) WILMA MCDONALD - 10 VIS 3.405KG
2) RIANA VERMAAK - 8 VIS 4.290KG
3) ZANDRA BOSHOFF - 5 VIS 4.880KG

JUNIORS
1) JACO DE JONGH - 8 VIS 3.060KG
2) KAYLE SWART - 5 VIS 1.740KG
3) TYLER VAN BLERK - 5 VIS 1.535KG
4) WESSEL PRETORIUS - 1 VIS 0.780KG

JUNIOR/JUNIOR
1) TALEASHA VAN BLERK - 2 VIS 0.740KG
2) WALDO SWANEPOEL - 1 VIS 0.780KG

VOORSKOOL
1) SAREL BOSHOFF (JNR) - 1 VIS 1.135KG

SWAARSTE SPESIES
KARP VOL - ERIC GERRITSEN 2.570KG
KARP GRAS - JACQUES DU PREEZ 2.980KG

No comments:

Post a Comment