Wednesday, May 12, 2010

KARP FASET BESTUUR VIR 2010/2011

Die KARP FASET AJV het Dinsdagaand 11 Mei 2010 plaasgevind.

Die nuwe bestuur vir 2010/2011 is soos volg :

Saameroeper: Jacques Fourie
Kompetisie/Liga Beampte: Viron Chrissopolis
Admin & Algemeen: Mardelyn Brown
Offisiele Skeidsregter: Willem De Jong


Finale Penne Registrasie vir die komende seisoen sluit Vrydag 14 Mei 2010. Dit sal gaaf wees as daar nog ‘n Pen uit Koedoe geledere kan inskryf vir die komende seisoen.

Baie geluk aan Jacues Fourie (Koedoe) en Willem de Jongh (Koedoe) wat op die Karp Faset bestuur dien.  Ek wil graag ook 'n versoek doen op al ons lede dat ons hierdie lede in hulle hoedanigheid ondersteun en wens hulle alle sukses toe vir die komende jaar.

Sien ook asb. Jacques se versoek rakende penne registrasie vir die komende jaar.  Indien daar enige lede is wat belangstel in Karp Faset Hengel kontak myself of direk vir Jacques.  Ons het mense nodig om die faset kompeterend te maak in die toekoms.

Groete

No comments:

Post a Comment