Monday, May 10, 2010

B en C Afdeling Liga - Steyns





Amper gooi ons die appelkar HEELTEMAL onderstebo.  Die Senior B Span het amper 'n totale 'miracle' veroorsaak.  Dit is eintlik hartverskeurend om die dag so ver te wen, en dan met 3 punte te verloor van 'n algehele wen af.  Ek wil net vir die Senior B Span se, MANNE DIT WAS 'n FANTASTIESE PRESATASIE!!!!!!!!!!!  Hulle het julle harte uit gehengel, en op die dag was dit 'n great dag en het ons sport geseevier.  Al ons lede is ongelooflik trots op julle.

Op die dag het Andries Tiggelman algeheel 1ste geeindig.  Dit is nou die 2de een in 'n ry.  Wel gedaan Andries!!!
Pieter Meintjes het 3de algeheel geeindig vir die dag.  Wel gedaan aan Pieter vir sy prestasie.

Ons Senior C Span het die dag in die 40 punte gewen.  Net so aan ons hengelaars daar WEL GEDAAN!!!!  Ons Koedoe lede kan trots wees om 'n Koedoe te wees.  Die hengelaars het ons naam hoog gedra.  Die Senior C Span wen die algehele liga nou vir die 5de jaar in 'n ry!!! 
Gert Strydom algeheel 2de by die C-Afdeling
Neil vd Westhuizen algheel 3de by die C-Afdeling.  Baie geluk aan die die 2 manne.

Ons Senior D Span het 'n moelike dag beleef.  Maar aan al ons lede betrokke by die span WEL GEDAAN manne.  Hulle het net so hard gehengel soos al die ander.  Baie keer besef julle nie die kardinale rol wat daar gespeel word in hierdie span nie.  As dit swaar gegaan het, moenie tou opgooi nie.  Daar is werk en ons sal kyk om die nodige klinieke daarvoor in plek te kry.

As Voorsitter van Koedoe hengelklub wil ek graag van die geleentheid ook gebruik maak om aan al ons lede DANKIE en nogmaals DANKIE vir 'n fantastiese liga hengeljaar.  Ons het op alle vlakke presteer.  Kom ons bou voort op ons suksesse en geniet ons sport waarvoor ons almal so lief is.  Ons gaan nie met ons koppe in die wolke loop nie.  Ons hou ons voete plat op die aarde.  Ons 'challenge' vir die volgende ligajaar is om hierdie suksesse te 'sustain'.  Dit gaan nie maklik wees nie, soos ons weet gaan die ander klubs terugkom en ons probeer onttroon.  Daarvoor moet ons gereed wees.  Soos ek altyd se ons sport is hengel en nie politiek nie.  Ons los die politiek en fokus onsself op die hengel.  Los die politiek - EK BELOWE ek sal dit uitsorteer as dit op die oppervlak verskyn.  Dit is my werk om dit te doen.

Ek weet klaar wat is my nuwe doelwit vir volgende jaar...............maar ek sal dit later bespreek.  Wil dit nie te wyd en syd her verkondig nie.

DIT IS LEKKER OM 'N KOEDOE TE IS!!!!!!!!!!!!!!!!!!

No comments:

Post a Comment