Tuesday, July 17, 2012

NUUSBRIEF JULIE 2012

NUUSBRIEF –JULIE 2012

Die nuwe bolgooi liga seisoen saam met die komende liga sesioen is op ons hakke. Ons het baie sterk spanne vir die bolgooi liga hierdie jaar en daar is hard gewerk en geoefen om almal reg te kry vir die liga. Baie sterkte aan al die spanne.


BOLGOOI LIGA :
21 Julie
18 Augustus

LIEF

Dank aan almal wat met die GN jaareindfunksie betrokke was. Dit was ’n reuse sukses. Ook aan almal wat bygewoon het, baie dankie.


Welkom terug aan Spyker Coetzee na sy besoek aan Belgie met die Feeder Angling. Ek glo hy het ’n paar stories om te vertel!!


Baie Welkom aan Dawie, Esta, Benrick en Ansome wat by Koedoe aangesluit het. Ons hoop julle gaan dit geniet hier by ons!!

LEED

Baie Sterkte aan die Lerm familie wat familie aan die dood afgestaan het. Hoop julle vind vertroosting in die Hand van ons Ewige Skepper.


Sterkte aan Donald nadat hy in die hospitaal opgeneem is met longonsteking. Donald het met die laaste klubkompetisie baie siek geword en moes terug draai
huis toe. Hy is direk daarna in ICU opgeneem. Donald is terug by die huis en ons wens hom ’n spoedige herstel toe.




Gert Swart is ook ongesteld en ons hoop vinnige herstel daar.


Met die laaste klubkompetisie het ons ook baie leed beleef : Charl se wheelbearings het vasgeslaan – bedoelende die waentjie s’n.


Dawie het ’n pap wiel gekry – natuurlik die kar nadat hulle ’n pothole geslaan het


HETTA (Nic du Plessis) slaan ongeveer dieselfde pothole en staan ook met ’n papwiel.


KLUBKOMPETISIES

Die eerskomende klubkompetisie (4 Augustus 2012) is soos volg:

Plek: Trichardsfontein TEKSA. Ons hengel REGS van die windpomp.


Reis reëlings: Almal kom bymekaar by die ENGEN GARAGE by Elarduspark op die Delmas pad. Ons kom bymekaar om 04H15 en vertrek 04H30 om dan ongeveer 06H00 by die dam te wees.


Daar sal vanaf 07:00 tot 15:00 gehengel word. Inweeg sal stiptelik om 15:45 by Donald se voertuig plaasvind.


Graag wil die volgende onder lede se aandag gebring word:
Daar word opgemerk dat lede nie na die inweeg gaan na afloop van ’n klubkompetisie nie. Dit lei dat lede nie hul inskrywingsgelde betaal nie, daar nie behoorlik statistieke gehou kan word betreffende bywoning asook dat daar nie aan die kameraadskap gedeel word nie.

Almal se teenwoordigheid by die inweeg word gevra.

FINANSIëLE AANGELEENTHEDE

Almal se samewerking word gevra tot die spoedige betaling van hul onderskeie ledegelde. Heelwat uitgawes moet aangegaan word (affiliasies, ens.). Vir die lede wat reeds betaal het, baie dankie.

Die bankbesonderhede is soos volg:


Rekening houer: Koedoe Hengelklub
Bank: ABSA
Tipe rekening: Spaar
Rekening nommer: 1438149704

OF DIE NUWE REKENING

Koedoe Hengel
Capitec Bank
Savings Account
Account Number 1318 614 242
Branch Silverton
Branch Code 470010

Na inbetaling, stuur asseblief vir Samantha van Blerk (Tesourier) of vir Markus, ’n afskrif van u inbetaling strokie ten einde die balansstate op te dateer asook om te bepaal wie het betaal.


U samewerking word waardeer.

REGULASIES
Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.


BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal.

Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde).


Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word.

By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar skrifteklik in.


Ons vra almal se samewerking.


Bolgooi

Datums: 21 Julie 2012 en 18 Augustus 2012.
Datums van oefeninge sal elke Sondag vanaf 10:00 plaasvind.

Algemeen
Tydens die afgelope klub komitee vergadering, was daar besluit om vanaf Augustus 2012 se klubkompetisie ook ’n Koedoe Pro-Mania sal plaasvind. Inskrywingsgelde sal R100,00 beloop en diegene wat daaraan wil deelneem moet dit met die inskrywing duidelik noem.

Daar sal ook ’n jaar wenner bepaal word.

DIE RES VAN DIE JAAR SE KLUBKOMPETISIES IS SOOS VOLG VASGEMAAK

4 AUGUSTUS – TEKSA REGS VAN DIE WINDPOMP
1/2 SEPTEMBER – NAWEEK KOMPETISIE – INLOOP VAALDAM
6 OKTOBER – TRICHARDSFONTEIN SASOL WATER
3 NOVEMBER – WILGEDRAAI VAALDAM
1/2 DESEMBER NAWEEK KOMPETISIE – HEARTSEASE VAALDAM

BOLGOOI SPANNE
PENKOPPE


A-SPAN
SHAUN LAMBRECHTS
CHARLDON MATTHEE

B-SPAN
ROALD MATTHEE
CHRISTIAAN COETZEE

C-SPAN
BENRICK JORDAAN
ANSOME JORDAAN

MEESTERS
A-SPAN
HENNIE COETZEE
SAREL BOSHOFF

B-SPAN
HERMAN KUHN
PEET VORSTER

C-SPAN
PAT VD MERWE
GERT SWART

JUNIORS
A-SPAN
RUAN NABAL
KAYLE SWART
JASON STANDER
KEVIN LERM

B-SPAN
ELRICH LAMBRECHTS
JACO VD MERWE
TYLER VAN BLERK
TALEASHA VAN BLERK

DAMES
A-SPAN
ZANDRA BOSHOFF
ESTA JORDAAN
BERNIE V NIEUWENHUIZEN
CHRISTA SWART

B-SPAN
WILMA MCDONALD
RIANA VERMAAK
MARDELYN BROWN
RENE LABUSCHANGE

SENIORS
A-SPAN
TJAART COETZEE
SPYKER COETZEE
BAREND BOOYSE
GERT STRYDOM

B-SPAN
MARKUS SWART
RIAAN NABAL
KOBUS VD MERWE
JAN VERMAAK

C-SPAN
SHAWN VAN BLERK
RIAAN DU PLESSIS
JUSTINO BORAGEIRO
JACQUES FOURIE

No comments:

Post a Comment