Thursday, July 19, 2012

GN GRONDWET VOORSTELLE 2012

Dag Almal

Die volgende grondwet voorstelle is tydens die GN AJV bespreek :

1) Die stigting van 'n 4 man Meesters liga wat saam met die Dames/Junior liga sal plaasvind.
    Voorstel : Goedgekeur

2) Premier en Presidentsafdeling weer as een afdeling saam hengel.  Dus alle A-Spanne hengel saam as die A of Premier Afdeling
     Voorstel : Goedgekeur

3) B en C Afdeling weer as een afdeling saamhengel.  Dus alle B, C en D spanne hengel in een afdeling.
     Voorstel : Goedgekeur

4) Dat Juniors en Dames in die B-Afdeling kan hengel  (Geen Juniors/Dames in die A/Premier Afdeling nie)  Daar sal geen promosie relugasie wees tussen A/Premier en B-Afdeling nie)
     Voorstel : Goedgekeur

5) Verandering op die liga en klereaand.  Uitslag moet lees individuele wenners en nie swaarste sakke nie.
     Voorstel : Goedgekeur

6) Kolgooi - 100meter punte by die Seniors verander van 20 na 25 punte
    Voorstel : Goedgekeur

7) Benaming van die Beampte komitee te verander.  Voorsitter en Vise-Voorsitter.  Vise-sekretaris val weg.
     Voorstel : Goedgekeur


Baie dankie aan almal se insette.

No comments:

Post a Comment