Friday, August 12, 2011

NUUSBRIEF – AUGUSTUS 2011

Daar is ’n spreekwoord wat lui “vroeg uit die bed maak die beursie vet”. Ek glo u het dit al gehoor en miskien dit ook al deurdink.
Ons voorgeslagte het hierna hul boere bedrywighede verwys en selfs dat indien iemand so ’n bietjie “lui” was om op te staan, dit gedien het as motivering.
Indien nog nie gehoor, neem ’n paar oomblikke en oordink hierdie spreekwoord wat soms meer om die lyf het as wat dit geuiter word.
Met verwysing na “beursie”, word daar onmiddelik aan finansiële voordele gedink.
Tydens ’n besoek aan die plaas waar die mense nog vroeg opstaan om te gaan melk en om die vee te versorg, word ‘n mens vroegoggend daarop gewys dat koffie op die stoep beskikbaar is. Regte plaas koffie. Moerkoffie, nog gemaak in ’n sak wat in die ketel is en op die koolstoof staan en “trek”.
So met die koffie en beskuit in die hand, begin die horison se skynsel van kleur te verander. Die voëls begin van hul hoor en die hoender haan begin sy stem verhef. Selfs van die vee begin geluide maak (bulk) want die dag is in aanbreek.
Alhoewel dit nog winter is en die koue sy greep op ons toeslaan, staan jy verwonder oor die skepping van die natuur. Daar word ook waargeneem dat sedert 21 Junie, wat die kortste en langste nag was, die aarde met sekondes op sy as begin draai en die son reeds vroeër sy verskyning maak.

Tydens hierdie waarneming en dankbaarheid tot die Skepper, besef ek met eens dat my “beursie” van mens wees daardie oggend vetter geword het.
Hoe dikwels, selfs met ’n hengel uitstappie, aanvaar ons hierdie as vanselfsprekend. Bewonder dit wat aan ons geskenk word en ervaar die vet word van die “beursie”.
Met die ter perse gaan van hierdie uitgawe van die Nuusbrief, is nog net die eerste been van die bolgooi se uitslae bekend. Meer later daaroor.

Die Gauteng Noord se Uitvoerende Bestuursvergadering het ook intussen plaasgevind en baie geluk aan ons klublede wat tot sodanige bestuur verkies is. Sterkte word u toegewens tot die uitvoering van u onderskeie take. Ons is terdeë bewus dat u dit ook met net soveel toegewydheid sal verrig as wat u dit in die verlede gedoen het.

LIEF EN LEED

- Donald se moeder is baie siek. Ons dra jul in ons gebede.

FINANSIëLE AANGELEENTHEDE
Dankie aan almal wat hul lede geld inbetaal het. Indien enig iemand nog nie sy/haar ledegeld betaal het nie, word u gevra om dit so spoedig moontlik aftehandel.
Affiliasiegelde gaan nou oorbetaal word

HENGEL AANGELEENTHEDE
BOLGOOI LIGA
Soos belowe. Na afloop van die eerste been van die bolgooi liga, is die klub uitslae soos volg:

Penkoppe
Koedoe 3 = 134 punte
Koeode 1 = 121 punte
Weermag 1 = 119 punte
PRAS = 73 punte
Weermag 2 = 67 punte
Koedoe 4 = 64 punte
Munt = 61 punte
Cent/Koedoe 2 = 61 punte
Premier = 60 punte
Polisie = 56 punte
Koedoe 5 = 52 punte

Juniors
Koedoe 1 = 385 punte
Polisie 1 = 224 punte
Munt 1 = 198 punte
Centurion = 86 punte

Dames
Impala = 248 punte
Koedoe = 236 punte
Munt = 165 punte
Polisie = 154 punte

Meesters
Weermag 1 = 151 punte
Centurion 1 = 146 punte
Centurion 3 = 126 punte
Centurion 2 = 114 punte
Weermag 2 = 113 punte
Munt = 91 punte
Koedoe = 91 punte
Pisces 2 = 87 punte
Premier = 72 punte
Pisces 1 = 40 punte

Seniors
Koedoe 1 = 503 punte
Munt 1 = 434 punte
Centurion = 411 punte
Koedoe 2/Weermag = 357 punte
Premier = 305 punte
Polisie = 294 punte
PRAS = 265 punte
Munt 2 = 256 punte
Munt 3 = 216 punte
Munt 4 = 197 punte
Pisces = 169 punte

KLUBKOMPETISIES
September 2011 – Steyns. Naweek kompetisie. Die oewer wat aan ons toegeken is,is tussen die twee komme aan die linkerste oewer. Met ander woorde, aan die bootklub kant.
Oktober 2011 – nog bevestig word
November 2011 – Jacky Lennerd, Vaaldam
Desember 2011 – Roodekopjes, Links vanaf karavaanpark. Naweek kompetisie. Hierdie kan moontlik geskuif word. Almal sal dienooreenkomstig verwittig word.

Die reêlings vir September 2011 se naweek klubkompetisie is soos volg:

Daar sal vanaf 07:00 tot 15:00 op Saterdag 3 September 2011gehengel word. Inweeg sal vanaf 15:30 plaasvind. Inweeg area sal aangekondig word. Na die inweeg sal daar besluit word op welke tyd die kompetisie weer in aanvang sal neem. Daar sal verder gehengel word tot 10:00 en inweeg sal om 10:30 by Donald se voertuig plaasvind.

Indien enig iemand reeds die Vrydag die ower betree, mag daar om geen omstandighede gehengel word nie. Dit sal ly tot ’n diskwalifikasie.

Geliewe kennis te neem dat niemand mag sy/haar vis tydens die inweeg vrylaat nie. Dit kan alleenlik geskied na die weeg van vis toetaal afgehandel is. Daar moet dus ook voorsiening gemaak word vir enige besware wat moontlik ingedien mag word.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.
Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde).

Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word.
By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar skrifteklik in.  Ons vra almal se samewerking.

Karpfaset
Hier is n paar voorlopige belangrike datums en gebeure ten opsigte van die Karpfaset:

1ste proef –BLOEMHOF vanaf 6 tot 9 Oktober 2011
2de proef – BLOEMHOF 17 tot 20 November 2011

Voorlopige keurders: Willem de Jongh en Lenie Rush

2de Liga – Die Nyl 23 tot 25 Februarie 2012 (dam kan moontlik nog verander)

‘n Borge toernooi het vanaf 1 tot 4 Augustus plaasgevind. Uitslae volg na die oewerkompetisie

HENGEL UITSLAE

Oewerkompetisie
Die Augustus 2011 klub kompetisie het op Saterdag 6 Augustus 2011 te Trichardt aan die SASOL kant plaasgevind. Weereens was daar ervaar hou onvoorspelbaar die weer op die hoëveld is. Eers koud, dan mis, dan sonskyn en weer ’n yskoue wind.
Dank aan al die hengelaars wat die kompetisie bygewoon het.

Hier volg die uitslae:
Volskup : 107
Spieël : 7
Moddervis : 50
Kleinbek Geelvis : 1
TOTAAL : 165vis
MASSA : 81.935kg

Hier is die uitslae vir die dag :
SENIORS
1) BAREND BOOYSE - 14 VIS: 6.460KG
2) DONALD MACDONALD - 10 VIS: 4.660KG
3) SPYKER COETZEE - 9 VIS: 5.245KG
4) RIAAN NABAL - 9 VIS 4.860KG
5) SIAS J V RENSBURG 6 VIS 5.125KG
6) JOHAN STEYN - 7 VIS: 3.290KG
7) MARKUS SWART - 6 VIS: 3.690KG
8) ANDRE CONNELY - 7 VIS: 2.540KG
9) PIETER MEINTJES - 6 VIS: 3.290KG
10) TJAART COETZEE - 6 VIS: 3.260KG
11) GERT SWART - 7 VIS: 2.170KG
12) NEIL V/D WESTHUIZEN - 6 VIS: 2.840KG
13) PIETER TERBLANCHE - 4 VIS: 4.740KG
14) DERRICK BEZUIDENHOUT - 6 VIS: 0.990KG
15) PIET ROODT - 5 VIS: 1.660KG
16) LOURENS POTGIETER - 5 VIS: 1.600KG
17) RIAAN CLOETE - 4 VIS: 1.650KG
18) SAREL BOSHOFF - 4 VIS: 1.285KG
19) HENNIE COETZEE - 3 VIS: 1.455KG
20) EUGENE WERNICK - 3 VIS: 1.435KG
21) KOOS DE BEER - 3 VIS: 1.325KG
22) CHARL MATTHEE - 3 VIS: 1.285KG
23) DUANE HATTINGH - 2 VIS: 1.380KG
24) FRANCOIS STEYN - 2 VIS: 1.275KG
25) PEET SWART - 2 VIS: 0.840KG

DAMES
1) WILMA MCDONALD - 5 VIS: 1.800KG
2) SUSAN MATTHEE - 3 VIS: 1.460KG
3) CHRISTA SWART - 1 VIS: 0.655KG

JUNIORS
1) NEIL BEZUIDENHOUT - 5 VIS: 3.050KG
2) KAYLE SWART - 1 VIS: 0.850KG
3) RUAN NABAL - 1 VIS: 0.545KG

JUNIOR/JUNIOR
1) CHARLDON MATTHEE - 4 VIS: 1.230KG
2) SHAUN LAMBRECHTS - 2 VIS: 2.205KG
3) ELRICH LAMBRECHTS - 1 VIS: 0.525KG
4) ADRIAAN CLOETE - 1 VIS: 0.160KG

VOORSKOOL
1) ROALD MATTHEE - 2 VIS: 0.650KG
2) CHRISTIAAN COETZEE - 1 VIS: 0.615KG

Karpfaset

Borge toernooi
HIERMEE DIE UITSLAE VAN DIE BORGE TOERNOOI TE BLOEMHOF:

SPANNE :
SUPER CAST
SUPER MG BAITS
CARP HUNTER
SAVOF SPAN

MG BAITS SPAN LEDE EN ZONES:
A -ZONE – SAREL BOSHOFF, WILLIE RICHARDS, BAREND BOOYSE (2de in zone )
B -ZONE – MARTIN STANDER, JASON STANDER , NEIL V D WESTHUIZEN
(3de in zone )
C -ZONE – MARUIS RUSCH, ROBERT KOTZE (1ste zone)
D- ZONE – NARDUS BUYS, JACQUES MOUTON (4de in zone )

ALGEHEEL: VICTOR LUDOROM EN TOERNOOI KAMPIOENE: MARUIS RUSCH EN ROBERT KOTZE
SPANNE :


GOUE MEDALJE : SAVOF SPAN
SILVER MEDALJE : SUPER MG BAITS
BRONS MEDALJE : SUPER CAST
en CARP HUNTER

WILLIE RICHARDS EN BAREND BOOYSE – SILVER MEDALJE (2de SWAARSTE KARP VAN DIE TOERNOOI)

Handelsnuus
Donald het sy eie reeks dips begin gebasseer op huidige hengel waters. Sodanige dips word bemark onder die handelsnaam “MAC DIPS”. Die eerste reeks is tans by verskeie hengel winkels beskikbaar.

Neem tyd en gaan kyk gerus. Daar is nuwe baanbrekers asook ou betroubare dips, soos onder andere die beproefde Sunglo, beskikbaar.

Femme Fatale: kaartjies vir die Femme Fatale is by Zandra en Wilma te koop. Ondersteun ons dames GROOT asseblief!!!

Ons maandelikse storie

Nog ’n brief wat Basjan aan sy ma geskryf het. ’n Woord van dank tot die bydrae.

Basjan skryf soos volg:

Liewe Ma ,
Ek dag ek stuur maar vir ma n briefie wat ek tydens my lunchbreak gou moet skryf. Dinge het n snaakse wending hier by die werk gemaak. Oom Koos du Plessis of oom Doepie soos almal hom ken, het toe besluit om na 35 jaar pension te vat. Soos Ma weet is hy die workshop voorman. Hy is al hier van die garage begin het. Party mense het gedog hy is die groot baas want as hy innie oggend by die yard inloop lyk dit soos Wagter wat partymal onner ma se hoeners in vlieg .

As hy in die oggende by sy kantoortjie inkom met daardie groot blink lunchbox, moet Kleinbooi klaar sy rooibos tee gemaak het en sorg dat die Beeld ook daar is, veral Woensdae want dan raak hy so by lunch gou gou weg om n tri –vekter en n big six of so iets te gaan speel. Kleinbooi is al van die begin af saam met oom Doepie, ek weet dit want nou die dag toe oom Doepie weer sy lunch vir Kleinbooi gegee het, ek hoor kla, hy sê al wat hy by die oom kry is jam-jam –jam en–jam. Die arme Kleinbooi kry seker baie swaar. Ek kon nooit verstaan hoekom gaan hy altyd laaste op tee en lunch nie. Hy het ook seker nie n hond of kraai wat vir hom kos inpak nie, want ma sien elke keer as almal op tee of lunch gaan, gooi hulle kook water in hulle bekers uit die groot boiler in die workshop. Toe sien ek dat Kleinbooi soos gewoonlik heel laaste na die boiler toe stap seker om ook n teetjie temaak. Hy kyk toe links en regs en sit sy een hand op die deksel en toe die ander een agter die boilertjie in, hy tel die deksel toe versigtig op en trek toe een van sy ou kouse uit die boilertjie uit. Ek moes eers mooi kyk want die stoom trek toe uit die kous uit. Ma weet mos die workshop is maar altyd koud veral innie winter. Heel nieskierig, soos ma my ken, kyk ek toe wat Kleinbooi uit die kous gaan haal. Ma sal my nie glo nie, want net daar en dan haal hy drie hoender eiers uit die kous, skil die doppe af en eet dit toe saam met die jam broodjies wat oom Doepie toe vir hom gegee het .Dis die dat ek dink dat Kleinbooi nie eers geld het om sy hoender eiers by die huis te kan kook nie .
Daar het ook n nuwe mechanic by ons begin. Blykbaar ‘n ene oom Vent. Oom Doepie het dadelik vir hom die workshop en tools gewys en toe ook n paar jobcards gee wat baie dringend klaar gemaak moes word. n Rukkie later die oggend was dit soos donnerweer deur die workshop want toe oom Doepie daar innie workshop inloop was die nuwe oom nie daar nie. Om die waarheid te sê, hy het toe nog nie eers sy toolbox oopgesluit nie .Soos n groot BROM beer met ‘n seer tand, is oom Doepie deur die workshops op soek na die oom. Hy het almal gevra waar is die ‘NUWE VENT ‘. Dis hoe ek uitgevind het wat is die nuwe oom se naam.

Toe oom Doepie hom later opspoor en vra hoekom hy nog nie n stukkie werk verrig het nie, het oom Vent ewe kalm gesê dat hy nooit op sy eerste dag werk nie maar eerder met almal kennis maak, kyk waar al die workshops en store is sodat hy nie tyd in die toekoms mors om die plekke te soek nie .

Die volgende oggend was dit weer dieselfde en oom Doepie was weer op soek na oom Vent. Toe hy hom opspoor en vra hoekom hy nog steeds niks gedoen het nie, het oom Vent ewe kalm weer geantwoord dat hy nooit op sy laaste dag werk nie !

As Ma my vra, is dit seker hoekom oom Doepie op pension gaan. Hy was so kwaad gewees na die oom Vent se antwoord dat hy al wat n spanner in die workshop wat hy innie hanne kon kry na die oom Vent gegooi het. Selfs die blink lunchbox lê ook nou daar op die scrap hoop. Die het hy geskop dat hy daar trek en ou Kleinbooi, wel, hy is bly dat hy nie gou weer n jam broodjie gaan eet nie.

Maar nou ja Ma, daar blaas die flyt en ek moet spore maak om by die workshop uit te kom want moet nog van die spanners gaan soek wat oom Doepie weg gegooi het.

Stuur groete aan almal oppie plaas!

Liefde
Basjan

No comments:

Post a Comment