Thursday, February 3, 2011

Klubkompetisie - Teksa te Trichardtsfontein.

Dag kompetisie te Teksa, Trichardsfontein. Die oewer wat gehengel word, is regs van die windpomp. Die linker oewer is reeds deur ’n ander klub bespreek. Moet asseblief nie daar hengel nie. Dit is buite ons klub area en indien u daar hengel, sal dit lei tot diskwalifikasie.


Die reis reelings is soos volg:
Almal kombymekaar om 03:45 by die ENGEN garage by Elarduspark. Die vertrektyd is stiptelik om 04:00.

Inskrywings

Inskrywings sal by die motorhawe plaasvind en indien nie is dit u verantwoordelikheid om by die oewer by Markus in te skryf.

Hengeltyd en inweeg:
06:30 tot 15:00 waarna die inweeg om 15:45 sal plaasvind. Die plek sal aangekondig word.

Let wel: Hengelaars mag slegs vanaf Saterdag die water betree. Ons sal reelings tref rakende die optel van die sleutel.

No comments:

Post a Comment