Tuesday, February 22, 2011

Februarie - Nuusbrief

NUUSBRIEF - Februarie 2011

Wees gegroet alle hengel vriende, vriendinne, kinders en lesers. So is die eerste maand van 2011 reeds verby en almal is alreeds besig met die voortsetting van die hengel seisoen. Die laaste been van die Primêr A-afdeling het plaasgevind asook die eerste twee bene van die meesters proewe. Die dames Suid-Afrikaanse Kampioenskappe het by Bloemhofdam plaasgevind en een van ons klublede het dan ook in Namibia gaan deelneem. Sowaar alreeds ’n besige tyd.

Voor ons staan die laaste been van die Seniors se B –en C ligas, junior en dames ligas asook die senior spanne se Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Aan almal betrokke, baie sterkte.

Weg van die hengelwaters, vind die klub se Algemene Jaarvergadering ook op Donderdag 24 Februarie 2011 by die klubhuis plaas. Almal word uitgenooi siende dat die besluite wat geneem word tot voordeel van u as hengelaars sal dien. ’n Nuwe bestuur moet ook dan gekies word.

LIEF

Baie geluk aan ons dames spanne wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het.

Gauteng Noord A-span = 2de plek;
Gauteng Noord B-span = 1ste plek
Dit was sowaar ’n puik prestasie.

Wilma, Zandra en Nicolene is derhalwe uitgenooi na die nasionale proewe wat na afloop van die toernooi plaasgevind het.  Nicolene ws ook opvolg Victor Ludorum by die Dames B Span.
Ons moet ook nie vergeet van die bestuur wat die spanne verteenwoordig het nie. Aan Donald, knap gedaan.

Soos reeds genoem, het een van ons hengelaars ook in Namibia gaan deelneem. Aan Sarel, puik gedaan. Sarel het tydens die toernooi teen Namibia ’n algehele 2de plek behaal en is dan as sodanig ook in die Drie Nasiespan opgeneem.

LEED

1) Afsterwe van een van ons groot Ambassadeurs vir hengel – Riaan Swanepoel
2) Sarel Boshoff – hoe bloeddruk.  Is huidiglik besig met toetse by die hospitaal
3) Donald McDonald – huidiglik in Akasie hospitaal met diaree en ontwatering
4) Riaan du Plessis het ’n beroerte gehad
5) Koos Boshoff – ligte hartaanval
 
Ons dink aan almal in hierdie tye van onsekerheid en onrus.  Mag die Here sy hand van beskerming oor al ons hengelaar hou.
 
KLUB HENGEL AANGELEENTHEDE

Sovêr moontlik is alle beskikbare genotileerde SA, NG en klub rekords nagegaan en rekord boekies is saamgestel. Sodanige taak is nou afgehandel en is teen R20,00 per eksemplaar beskikbaar. Die opbrengs van hierdie boekies sal as sodanig aan die klub beskikbaar gestel word. Dit sal waardeer word indien u 24 Februarie 2011 tydens die Algemene Jaarvergadering van die boekies sal aanskaf.
Hierdie boekie sal jaarliks hersien word.

Hengel kalender

Die volgende klubkompetisie vind op Saterdag 5 Maart te Cilliers, Vaaldam plaas. Die hengelgebied is regs om tussen die twee “komme” op die oewer. Van die wat by die ligas betrokke was, dit is waar die sones E en F van die A-liga en B-liga gepen was en verder regs om. Niemand word op die ower na die bootklub toegelaat nie. Indien iemand buite die hengel area hengel, sal sodanige vangste nie in ag geneem word nie.

Reis reelings
Die reis reëlings is soos volg:
Almal kom bymekaar om 03:15 by MAXI’s op die N1 snelweg buite Pretoria. Vertrektyd is stiptelik om 03H30.

Inskrywings
Inskrywings sal by die motorhawe plaasvind en indien nie is dit u verantwoordelikheid om by die oewer in te skryf.

Hengeltyd en inweeg:
06:30 tot 15:00 waarna die inweeg om 15:45 sal plaasvind. Die plek sal aangekondig word.
Let wel: Geen hengelaars word die Vrydag tot die oewer toegelaat nie. Dit sal lei tot diskwalifikasie.
Ons vra alle lede se samewerking betreffende die hengel areas. Dit kan enige onaangenaamhede uit die weg ruim.

Uitslae van vorige klub kompetisie

FEBRUARIE SE STATISTIEKE
Statistieke vir die dagkompetisie:

STATISTIEKE

VOL : 305
SPIEEL : 28
BABER : 8
KLIPBABER : 1
MODDERVIS : 8
GEELVIS : 1

TOTALE VIS : 351
MASSA : 118.66KG
Dag uitslae vir die klub kompetisie :


SENIORS
1)NEIL VD WESTHUIZEN 29 VIS 11.030KG
2)MARKUS SWART 29 VIS 9.740KG
3)FRANCOIS STEYN 28 VIS 9.075KG
4)JACQUES DU PREEZ 28 VIS 8.310KG
5)JOHAN STEYN 21 VIS 5.520KG
6) HOOSEIN MAHOMED 17 VIS 4.630KG
7) PIETER TERBLANCHE 15 VIS 5.485KG
8) HERMAN KUHN 14 VIS 3.765KG
9) KOOS DE BEER 14 VIS 3.395KG
10)SIAS J VAN RENSBURG 10 VIS 4.680KG
11)RIAAN CLOETE 11 VIS 3.305KG
12)EUGENE WERNICK 9 VIS 4.785KG
13)JOHAN SONNEKUS 9 VIS 2.775KG
14)WAHEED MAHOMED 8 VIS 2.065KG
15)JAN MARITZ 4 VIS 4.520KG
16)WILLEM DE JONGH 6 VIS 2.145KG
17)CHARL MATTHEE 5 VIS 3.115KG
18)PAT VD MERWE 5 VIS 2.905KG
19)HASSEN MAHOMED 6 VIS 0.990KG
20)SAMEER ABOO 5 VIS 1.140KG
21)LEEU TIGGELMAN 4 VIS 1.685KG
22)GERT SWART 4 VIS 0.815KG
23)ZIELAS DU PREEZ 3 VIS 0.920KG
24)WARREN BRADFORD 3 VIS 0.885KG
25)WERNER VENTER 1 VIS 0.305KG

DAMES
1) CHRISTA SWART 8 VIS 2.665KG

JUNIORS
1) ANDRIES TIGGELMAN 30 VIS 8.135KG
2) JACO DE JONGH 15 VIS 6.010KG
3) CARLO SMUTS 9 VIS 2.545KG

JUNIOR/JUNIOR
1) CHARLDON MATTHEE 4 VIS 2.120KG
2) ADRIAAN CLOETE 4 VIS 1.325KG
3) JANINE WERNICK 3 VIS 0.615KG

VOORSKOOL
1) ROALD MATTHEE 2 VIS 0.340KG

Uiters belangrik

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde).

Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skrifteklik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word vir die spesifieke kompetisie.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.

Geelvis
Hengelaars moet asseblief daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

TOEKOMSTIGE KLUBKOMPETISIES
Die toekomstige klub kompetisies is voorlopig soos volg bepaal:

April – Naweekkompetisie te Koppiesdam. Dit sal aan die natuurreservaat gedeelte plaasvind.
Mei – De Rust, Hartebeespoortdam
Junie – Rietspruitdam, Klub Omega’s

Karpfaset
Die provinsiale spanne is afgeteken. Sterkte aan ons hengelaars wat gedurende April 2011 aan die SA Kampioenskaape gaan deelneem.

Paalfaset
Hier is die spanne ook afgeteken

No comments:

Post a Comment