Monday, April 26, 2010

KOEDOE - WEN PREMIER AFDELING!!!!!!

Hi Almal,

Dit is met GROOOOT trots wat ek kan se dat Koedoe die Premier Liga gewen het vir die jaar.  Dit is die 1ste keer in Koedoe se geskiedenis dat ons die Premier afdeling wen.  Ons klop al vir die afgelope 4 jaar aan die deur om hierdie prestasie te verower en elke jaar het ons al hoe nader gekruip.

As Voorsitter van Koedoe wil ek graag aan elke lid in Koedoe danksie vir die liga jaar se ondersteuning.  Dit is fantasties om deel te wees van 'n fantastiese klub wat die sport hengel verkies bo die sport 'politiek'.  Dit is wat ons so suksesvol maak op hierdie stadium.  Kom ons behou due goeie en gaan voort op wat ons gebou het.

Aan al die hengelaars in die premier afdeling baie geluk met die prestasie en dit is 'n fantastiese oomblik om te onthou.

Koedoe was 45 punte voor met die aanvang van die laaste liga been.  Ons het seker gemaak ons wen dit goed, deur die laaste been ook te wen met by die 50 punte.

DIE SPAN :
WILLIE RICHARDS
IAIN MACDONALD
AMPIE ROODT
TJAART COETZEE
RIAAN SWANEPOEL
SAREL BOSHOFF
CHRIS BOSHOFF
JACQUES DU PREEZ
DONALD MCDONALD
SPYKER COETZEE
BAREND BOOYSE
HENNIE COETZEE
MARKUS SWART

BESTUURDER : GERT SWART
AFRIGTER : FRANCOIS STEYN, PIETER MEINTJES
HULP-AFRIGTER : JUNIOR LATSKY, ANDRIES TIGGELMAN

Wel gedaan aan al die hengelaars!!!!!

Ek sal die finale punt publiseer sodra dit finaal is.

No comments:

Post a Comment