Tuesday, April 20, 2010

KOEDOE NUUSBRIEF APRIL 2010

ALGEMEEN

Onlangs het iemand gevra wanneer eindig ‘n hengel seisoen. Die antwoord was maklik. Dit bly aaneenlopend vir 12 maande ‘n jaar. Nogtans is daar ‘n tydperk dat hengel op provinsiale vlak so ‘n bietjie in ‘n “rus” fase ingaan. Ons is so byna om daardie tydperk te betree wanneer alle verpligtinge afgehandel is. Indien ons daarna kyk, is dit nog net die senior ligas wat op 24 April 2010 en 8 Mei 2010 moet plaasvind. O ja, en natuurlik die derde en vierde bene van die senior proewe wat gedurede Mei 2010 gaan plaasvind. Al hierdie gebeurtenisse vind by Steyns te Vaaldam plaas.
Teen druktyd sal die penkoppe en juniors se proewe te De Rust, Hartbeespoortdam ook al afgehandel wees.

ADMINISTRATIEWE AANGELEENTHEDE
Soos reeds genoem, betree ons nou die laaste fase op die hengel front. Soos dit ook maar deel is van alle administrasie, is daar sekere finansiele verpligtinge wat nagekom moet word, soos byvoorbeeld die betaling van affiliasie gelde by Gauteng Noord asook aan SAVOF, ens.
Die nuwe affiliasie lyste moet ingedien word wat ook dan sal beteken dat dit ‘n aanduiding sal wees welke bedrag die klub vir die affiliasie van sy lede verskuldig is. Siende dat die jaarlikse lede gelde nie verhoog is nie, word ‘n dringende beroep op u as lede gedoen om so gou doenlik u lidmaatskapgelde vir 2010 oor te betaal. Kom ons kyk of dit teen 31 Mei 2010 afgehandel kan wees.

LIEF EN LEED

So is ons ook nie vrygestel van dit wat om ons plaasvind nie. Ampie Roodt was in ‘n motorbotsing betrokke. Ons is dankbaar dat hy nie ernstige beserings opgedoen het nie. Ampie het hom, as gevolg hiervan, van die derde been van die liga onttek. Ampie, sterkte, en ons wens jou ‘n spoedige herstel.
Van ons klub lede raak ook nou betrokke by karp hengel. Geluk aan die manne en sterkte mat jul SA kampioenskappe wat van 26 tot 29 April 2010 by Bamboesspruit te Bloemhof gaan plaasvind.
Soos reeds in die Maart Nuusbrief berig, kom die klub se afsluitingsfunksie op 29 Mei 2010 ook nou nader. Geliewe u name so spoedig moontlik aan Markus deur te gee. Die tyd raak egter min. Die besonderhede is voorlopig soos volg:
Drag: Die gaan formeel wees.
Plek: Lucas v/d Berg saal, Danville
Drank: ‘n Kontant kroeg word beplan.
Menu: ‘n Driegang maaltyd word beplan.
Tyd: 15:00 vir 15:30.
Rugby: Daar word beplan om die funksie te onderbreek om die rugby wedstryd te beeld saai.

KLUB HENGEL AANGELEENTHEDE
Die hengel kalender vir ons klub lede is soos volg:
1 Mei: Dag kompetisie te Cilliers. Die regter oewer, links van die huise is bespreek.
5 Junie: Dag kompetisie te De Rust
3 Julie: Dag kompetisie te Trichardt (Sasol kant)
7 Augustus: Dag kompetise te Roslee
4 September: Naweek kompetisie te Nooitgedachtdam
2 Oktober: Dag kompetisie te Draaifontein
6 en 7 November: Naweek kompetisie te Grootdraaidam
3 en 4 Desember: Nag/dag kompetise te Bajadam te Bronkhorstspruitdam.

Die reelings vir Mei se kompetisie is soos volg:
Verterk tyd: Almal kom by BJ’s om 03:45 bymekaar en vertrek om 04:00. Almal kom eers by die tweede lapa bymekaar vir ‘n inligting sessie. Inskrywings sal aldaar plaasvind en koste betalings sal ook dienooreenkomstig geskied.

Hengel tyd: Saterdagoggend vanaf 07:00 tot 15:00. Inweeg sal om 15:45 plaasvind.
Lede moet onthou, dat geen hengel die Vrydag sal plaasvind nie. Niemand word toegelaat om die oewer voor die tyd te betree nie. .
Bonanza: R400,00 vir graskarp van 4.0 kg of swaarder.

In die toekoms met naweek kompetisies sal geen lede toegelaat word om voor die Vrydag die oewer te betree en te hengel die. Indien ‘n oewer reeds die Vrydag betree word, sal daar uit die aard van die saak, geen hengel voor die Saterdagoggend plaasvind.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.
Ons vra almal se samewerking.
Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.

Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.
Indien u reeds die Vrydagoggend die oewer wil betree, geen hengel voor die vasgestelde hengeltyd. Mag onder geen omstandighede voor die tyd begin hengel of voerplek maak nie. Dit lei tot diskwalifikasie.
Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skrifteklik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees

DAGKOMPETISIE UITSLAE
SENIORS
1) Jacques du Preez 238.60
2) Willie Richards 186.30
3) George Thomas 156.85

DAMES
1) Jacky Retief 94.95
2) Zandra Boshoff 72.60
3) Jeanette Wernick 36.85

JUNIORS
1) Tyler van Blerk 30.25
2) Barend Booyse 29.65
3) Kayle Swart 15.50

JUNIOR/JUNIOR
1) Waldo Swanepoel 75.25
2) Jaco vd Merwe 41.15
3) Darren Latsky 27.85

VOORSKOOL
1) Amber van Zyl 44.80

NAWEEK KOMPETISIE UITSLAE


SENIORS (1STE 15 PLEKKE)
1) George Thomas 596.20
2) Jacques Du Preez 526.20
3) Riaan Swanepoel 434.20
4) Junior Latsky 372.55
5) Sarel Boshoff 329.40
6) Iain Macdonald 301.50
7) Tinus Boshoff 246.55
8) Kobus vd Merwe 218.15
9) Johan Steyn 215.75
10)Andre Rtief 211.20
11)Francois Steyn 197.50
12)Markus Swart 196.90
13)Willie Richards 186.30
14)Eugene Wernick 169.45
15)Shaun v Blerk 160.00

DAMES
1) Zandra Boshoff 321.30
2) Jacky Retief 123.25
3) Jeanette Wernick 70.75
4) Christa Swart 56.45
5) Marlize Booysen 55.85

JUNIORS
1) Barend Booyse 324.85
2) Tyler van Blerk 152.05
3) Kayle Swart 39.05

JUNIOR/JUNIOR
1) Jaco vd Merwe 185.20
2) Darren Latsky 113.40
3) Waldo Swanepoel 112.50
4) Kevin Lerm 89.00
5) Thealisa van Blerk 87.25

VOORSKOOL
1) Amber van Zyl 61.70
2) Sarel Boshoff (jnr) 0.85

Die Gauteng Noord se klere aand vind op 19 Junie 2010 te Akasia se Stadsaal plaas. Ook hier benodig ons u totale voor of op 30 April 2010. Markus of Marlene kan ook in hierdie verband genader word. Elke klub moet sy eie tafels regmaak en versier asook eie kos voorsien. Die huur van die saal asook die tafels en stoel beloop R35,00 per kop. Die koste ten opsigte van die verversings sal bepaal word sodra die total van bywoning bekend is. Dit sal waardeer word indien u, u totale sal opdeel tussen volwassenes en kinders onder 10 jaar oud.

Ten laaste. Sterkte aan ons senior spanne met die laaste liga bepalings. Ons kan hierdie jaar die betrokke afdelings wen.

No comments:

Post a Comment