Monday, October 1, 2012

NUUSBRIEF - SEPTEMBER 2012


Weens tegniese probleme kon die eerste uitgawe van die Nuusbrief ongelukkig nie versprei word nie. In die toekoms sal daar seker gemaak word dat die tegnologie ons nie weer in die steek laat nie.

Wat die hengel front aanbetref, wag daar ’n besig September en Oktober 2012 op alle hengelaars. Die eerste been van die liga vind gedurende 29 September 2012 plaas en die tweede been 27 Oktober 2012. Daar is ook ’n provinsiale wedstryd op 20 Oktober 2012, die Meesters, Dames, ens. se Geheel Transvaal kampioenskappe. vind ook op 13 Oktober 2012 plaas. Sterkte aan almal. Soos genoem, ’n besige tyd.

LIEF EN LEED

*      Charl Mathee het ’n skouer operasie ondergaan. Dit gaan beter.
*      Marlene se moeder is oorlede.  Baie sterkte aan die familie.
*      Spyker het verloof geraak

KLUBKOMPETISIE

Dank aan al ons lede wat die September 2012 naweek  klub-kompetisie by die Inloop, Vaaldam,   bygewoon het.

Die eerskomende klubkompetisies is soos volg:

Trichard -  Sasol kant
Hengeltyd : vanaf 07H00 – 15H00 daarna sal daar om 15:45 by Donald se voertuig ingeweeg word. 

Almal kom bymekaar om 04:00 by die ENGEN motorhawe te Elarduspark (pad na Delmas vooer die Rietvleidam afrit bymekaar), bymekaar. Vertrek om 04:15 na oewer

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.

Die klub se Pro-mania sal net vir die Saterdag van toepassing wees. Geliewe daarop te let dat geen klub hengelaars binne Gauteng Noord aan sodanige Pro-mania mag deelneem nie. Indien daar hengelaars buite Gauteng Noord deelneem, moet sodanige hengelaar deur ’n Koedoe klublid vergesel word. Alle besoekers is dan ook aan al die klub se voorskrifte hou.

Diegende wat se ledegeld nog iuitstaande is, word ’n beroep gedoen om die so gou doenlik te betaal

Dank aan die wat betaal het.

Soos belowe, kom ons kyk deur ’n kind se oë na ’n ma.

Wat is ’n ma

Ma’s is baie mooi. Hille kleer hille gesigte in

Ma’s lees vir mens stories

Ma’s kan goet sien, as jy klaar gebat het sien hille dis nog vyl agter jou ore

As jy stout is sien hille deer ’n mier en vra wat jy alweer doen

Ma’s maak groente vir kos en ons kry lekker poeding

Ma’s moet bale slim wees, want ons jivrouens gee vir ons hyswerk dan doen ons ma’s dit

Ma’s vat kinners skool toe en soen hille voor anner kinners en tannies

Ma’s is altyd laat en sê kinners moet gou maak

As jy siek is, pas ma’s jou op

Ma’s het baje geld vir tamatiesous, pienatbater, seep, tannepaste, kofie en pap maar net ’n biekie geld vir swiets

Ma’s sê altyt hille het nie gelt maar dan koop hille trolie vol goeters

Ma’s hou van winkels waar mense net papierkie teken want dan hoef jy nie te petaal nie
Ma’s sê altyd hille is vet as hille ou kleere aantrek, niewe kleere pas net reg en dan is hille maar

Ma’s is baie virsigtig. Hille sê altyt pasop vir die karre en slyt al die dere

Ma’s is bang vir krieke en jaag die hont van die bet af

Ma’s is baje vliks. Hiile praat lank op doe foon, lees boek en kik dys of de laaivs op teevee. Maak dan vinig kos voorlat pa’s kom

Ma’s gaan eendag hemil toe want hille bit baje en ken alis van Liewe Hiesis

         Ek is baje lief vie ma’s


No comments:

Post a Comment