Thursday, January 6, 2011

KLUBKOMPETISIE BY STEYNS SKUIF

Hi Almal,

As gevolg van die aanhoudende reen is dit onmoontlik vir ons om by Steyns in te kom. Die paaie loop riviere daardeur.

Ek het vanoggend weer met Schalk Steyn gepraat en hy het my verseker daar is geen manier wat ons daar sal kan inkom nie.

Weens die huidige omstandighede is ons genoodsaak om die Klubkompetisie by Steyns te kanselleer en te skuif na ‘n meer bekombare oewer.

Ons het met Willie Moll by Trichardstfontein gesels en die oewer is bekombaar en ons sal daar kan hengel.

ons klubkompetisie vir die naweek skuif na Trichardsfontein toe – dit is NIE die publiekekant nie, maar as jy deur die publieke kant ry tot by die volgende hek, wat Standerton/Delmas hengelwater is. Dit is basies oor die kanaal enige plek van daar af regs kan ons hengel. Neem net kennis dat C-Sone effe nat is, maar nie onbekombaar nie.

No comments:

Post a Comment