Friday, November 12, 2010

SAVOF Reels

1. Dit blyk of daar baie verwarring bestaan oor die implementering van die gewysigde SAVOF Oewerhengelreëls soos finaal op die 2009 SAVOF Algemene Jaarvergadering goedgekeur. Derhalwe word die vergaderingbesluit met betrekking tot die implementering van die hengelreëls op versoek weereens aan betrokkenes bekend gemaak.

2. Die gewysigde oewerhengelreëls soos versprei is in sy totaliteit op alle lede kategorieë van toepassing dit wil sê op alle Meester, Senior, Dames- en Junior Oewerhengelaars. Daar is geen differensiasie of uitsonderings op enige van die kategorieë van toepassing nie.

3. Wat die implementeringsdatum van die nuwe hengelreëls betref is daar op die SAVOF Algemene Halfjaarvergadering van 28 November 2009 besluit dat die gewysigde reëls op alle nasionale kampioenskappe wat na 1 Mei 2010 plaasvind van toepassing sal wees waarvan die 2010 Nasionale Meesterskampioenskappe wat in November 2010 plaasvind, die eerste sal wees. Die hengelreëls sal dus ook op alle Nasionale Kampioenskappe na die Nasionale Meesterskampioenskappe van toepassing wees (sien paragraaf 15.2.6 van die notule).

4. Wat skepnette en hounette betref is op die SAVOF Algemene Halfjaarvergadering van 28 November 2009 besluit (sien paragraaf 15.2.4 (f)) dat die gebruik van skep- en hounette van gevlegte/ geknoopte lyn nie meer toelaatbaar sal wees nie en dat hengelaars verplig sal wees om binne 'n tydsperiode van 2 jaar vanaf die datum van die besluit (vergaderingdatum) na lynlose of knooplose skep- en hounette wat van 'n sagte materiaal gemaak is en wat nie skadelik vir visse is nie, oor sal skakel. Die skepnette en hounette sal dus eers met ingang 28 November 2011 geïmplementeer word. Vir doeleindes van vergemakliking is die datum na 1 Desember 2011 gewysig (sien opskrif van hengelreël 7.1.1).

5. Wat die “unhooking mat” of “landing mat" betref is besluit om die “mat” vanaf die implementeringsdatum van die gewysigde reëls (2010 Meesterskampioenskappe) van toepassing te maak. Die infaseringstermyn van twee jaar sal dus nie op die “unhooking mats” van toepassing wees nie. Met ingang van die 2010 Meesterskampioenskappe sal "unhooking mats" dus verpligtend wees.

6. Ons vertrou dat die skywe meer duidelikheid sal bring en word provinsiale ledeliggame versoek om die Gewysigde Oewerhengelreëls en verduidelikende aantekeninge aan alle Spanbestuurslede en Klubs beskikbaar te stel met die versoek om die reëls te bestudeer ten einde verwarring en teleurstelling na implementering uit te skakel. Neem asseblief interpretasie navrae direk met die toepaslike Vaste Komitee en regstreeks met die SAVOF Beamptekomitee op. Roetinering van navrae kan ook via die SAVOF Sekretariaat aan die Beamptekomitee gerig word.

No comments:

Post a Comment