Monday, November 15, 2010

SAVOF HALFJAAR VERGADERING

TERUGVOER:
More Almal,


Die SAVOF halfjaar vergadering het Saterdag 13 November 2010 te Edenvale plaagevind. Graag wil ek net vir Riekie Labuschagne en Andre Bezuidenhout wat die vergadering saam met my bygewoon het dankie se vir hulle teenwoordigheid en insette.

Dit is net jammer daar is so min tyd om sekere aspekte te bespreek. Ons het 09H00 begin en was teen 17H00 klaar, maar daar is punte wat ‘n mens in meer detail sal wil bespreek.

Die volgende punte het uitgekom :

1) Gauteng het ‘n voorstel ingedien om hengeltye vanaf 07H00 - 15H00 te verander na 08H00 – 16H00. Redes het maar gegaan oor swak toestande van die paaie. Die besluit is geneem dat dit elke provinsie se eie besluit is hoe laat die betrokke kompetisie begin.

2) Daar was ‘n versoek in rakende die hounette, skepnette en landingmats. Die hounette en skepnette moet teen 1 Desember 2011 ‘geconvert’ wees na die knooplose standaard. Landingmats vir die Juniors vir 2010 is nie verpligtend nie. Maar sal wel verpligtend wees vir die Februarie 2011 SA’s vir die dames en Maart 2011 SA’s vir die Seniors. Juniors sal dan ook verpligting wees vir die Junior SA’s 2011.

3) Verder was daar die bespreking rakende die DVD koste vir die Juniors wat Gauteng-Noord nie wil betaal nie. SNW was die ander provinsie wat ook daarteen geskop het. Die res van die provinsies het nie ‘n probleem gehad nie. Wat ons bietjie onkant gevang het, was die feit dat daar ‘n kommunikasie in Julie 2010 uitgegaan het , waarin die aangekleentheid aangespreek is en provinsies die geleentheid gegee is om te reageer. Wat ek en Riekie kom sien, lyk dit of GN nie op daardie distribusielys was nie. Ons het eers bewus geword van die skrywe tydens die vergadering Saterdag. Daar is ‘n versoek vanaf SAVOF bestuur dat GN die betaling in heroorweging neem. Ons het onderneem om dit te doen en ek sal dit met die dagbestuur, saam met die Junior komitee bespreek hoe ons die koste gaan betaal.

4) Reel 8.4 handel oor die geelvis reel. Daar sal geen waarskuwing meer wees nie. Die sak sal gedwiskwalifiseer word.

5) Reel 8.3 handel oor die opsny van vis. Ek het dit tydens die vergadering opgebring – rakende waar is visbewaring nou van toepassing. Moet se ek nog steeds nie ‘n antwoord gekry nie, behalwe dat hulle daarna sal kyk.

6) Daar is weereens bevestig van Des v jaarsveld dat Feeder Angling nie Oewerhengel sal vervang nie.

7) Daar is ook weereens gepraat oor die oewerhengel se wegneem van Protea klere waarby Des v Jaarsveld die spreker buite orde geroep het. Maar ek moet se hier kom nog ‘n ding hieroor. Ek het ook die betrokke persoon se besonderhede geneem, om graag bietjie te gesels oor die aangeleentheid en dan te kyk vanaf GN watter tipe druk daar op SAVOF toegepas kan word.

8) Ons as GN sal dringend moet kyk na ons affiliasie na provinsiale vlak – Sports Council. Ek sal met Herman gesels sodra hy terug is vanaf die Meester SA’s.

9) GN is ook aangewys om die SAFBAF Nationale klereaand aan te bied. Die klereaand sal plaasvind op 30 Julie 2011.

10) Op die jaarprogram word die Meesters SA’s gewys op die 1ste week van November – dit is geskuif na die 2de week in November. Ek weet daar is nog ‘n datum of twee wat die reg is nie, en ek sal via email met Fred Visagie kommunikeer rakende die datums.

No comments:

Post a Comment