Monday, August 30, 2010

Provinsiaal te Tago - Vaaldam

More Almal,
Ek wil net graag aan al ons Gauteng-Noord hengelaars my hartlike gelukwensing oordra rakende Saterdag se provinsiale wedstryd teen SG en OVS. Dit was ‘n baie moeilike dag en die vis was maar skaars, maar ons het nog steeds gewys wat in ons as ‘n provinsie steek!!! Ses van ons spanne het op die dag gewen!!!

Ek kan net se dat elke persoon in hierdie provinsie trots kan wees om ‘n daisy te dra. Ons gedrag, voorkoms, netheid was uit die boonste rakke. Ek kan nie vir julle beskryf wat se eer dit is om daar voor te staan en die Gauteng-Noord lede so te sien uitstaan nie.

Dankie aan al die spanbesture vir die manier waarop julle die spanne lei en vorentoe vat. Wel gedaan!!
Kom ons bou vorentoe vir die SA’s wat voorle op hierdie positiewe dag wat ons beleef het.
Kan die spanbesture en ook die klubvoorsitters asb. hierdie boodskap aan al ons lede oordra.

Ek waardeer dit opreg.
Groete

Markus

No comments:

Post a Comment