Tuesday, August 17, 2010

NUUSBRIEF AUGUSTUS 2010

ALGEMEEN
Aan al ons lede wat deelgeneem het aan die bolgooi liga, baie dankie en wel gedaan aan almal wat betrokke was. Ons het ‘n goeie jaar beleef met die bolgooi liga.
Verder kan ons ook trots wees op die manier waarop die laaste 3 klubkompetisies geskied het. Daar was ‘n gemiddeld van 55 hengelaars by elke klubkompetsie.

LIEF EN LEED

Leed
Behalwe vir die lede wat griep ondervind het, daar geen ernstige leed waarvan ons bewus is op hierdie stadium nie.

Lief
Wel gedaan aan ons lede met almal se bolgooi liga uitslae. Koedoe het die volgende afdelings gewen :
1) Seniors
2) Dames
3) Juniors
4) Penkoppe (o/13’s)
5) Meesters eindig 2de

Finansiele aangeleenthede

Daar is nog uitstaande ledegeld. Lede wie se ledegeld nog uitstaande is, ‘n beroep word egter op u gedoen om die so spoedig moontlik te vereffen. Affiliasiegelde moet betaal word en Koedoe moet ook sy verpligtinge nakom. Mense kom ons kry asb. ledegelde in. Indien jou ledegelde nie betaal is nie kan die klub jou nie in oorweging bring om liga te hengel nie.

Welkom aan al die nuwe klublede. Hoop julle sal dieselfde vervulling ondervind as die ander klublede.
- Hans de Lange
- Andre Conneley
- Derick Bezuidenhout
- Nardus Pieters
- Floris Visser
- Corrie Cronje

Dan is dit ook met groot hartseer dat ons van ons lede verloor uit die klub. Graag wens ek die lede alle voorspoed toe met julle nuwe vooruitsigte.
- Riaan Swanepoel (Riaan ons gaan jou geweldig mis)
- Tom Ebersohn (Tom het verhuis Bloemfontein toe. Vergooi Tommy ons gaan jou ook mis)

Klub aangeleenthede

Die volgende klubkompetisie sal plaasvind by Koppies Dam. Dit sou aanvanklik Nooitgedacht gewees het, maar as gevolg van die huidige stand van die dam (vashaak plekke ens.) het ons besluit om die oewer te skuif.

PLEK: Koppies Dam – Publieke (Natuurbewaring) Oewer. Daar is 4km water wat meer as genoeg is vir ons.

Die reelings is soos volg:
Hengelaars mag die oewer al Vrydag betree. Dit is om kamp op te slaan. Geen hengel of voermaak plek mag geskied tot Saterdag wanneer die amptelike hengeltyd begin nie. Versuim hieraan mag tot diskwalifikasie lei

Hengeltyd : Saterdag 4 September vanaf 06H30 tot Saterdag 15H00. Inweeg vind plaas om 15H30 – plek sal bekendgemaak word. (ONTHOU ASB. OM JULLE STOKKE 15H00 UIT TE TREK. DIT MAG NIE IN DIE WATER BLY NIE!!)

Hengel sal weer geskied na die inweeg. Tyd sal by die inweeg vasgemaak word. Hengel sal plaasvind dan tot Sondag om 10H00. Inweeg sal plaasvind om 10H45 by donald se voertuig. Pryseuitdeling daarna en dan langpad huis toe.

Bonanza R600,00 vir Geelvis van 4 kilogram of swaarder.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.

Ons vra almal se samewerking.
Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.

Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verant-woordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word.

Karpfaset

Karpfaset uitslae tydens die liga te Roodekopjes.

1. Carel Schoeman / Robert Hurn
2. Tim en Mardelyn Brown
3. Muller Minnaar en Assie v Aswegen
4. Sarel Boshoff / Willie Richards
5. Nardus Buys / Jacques Mouton

Willem de Jongh en Jaco de Jongh het as skeidsregtres en weegbeamptes opgetree. Baie Dankie aan beide van hulle. Ook baie dankie aan Jacques Fourie wat al die reelings getref het.

LIGAS SPANNE
Ligaspanne sal binnekort bekendgemaak word. Ek wil net graag beklemtoon dat dit hierdie jaar uiters moeilik is, omrede ons so gegroei het as n klub. Indien jy ongelukkig is, kom ons praat daaroor en hanteer die situasie diensooreenkomstig

Vorige klubkompetisie

Die klubkompetisie by Cilliers was baie koud die oggend maar het darem n beter dag geword later.

Statistieke vir die dag :
300 Vis
157.22kg

Volskub Karp :84
Spieel karp : 31
Graskarp : 73
Moddervis : 112

Seniors
1. Markus Swart : 23 Vis = 9.925 kg
2. Willie Richards : 18 vis = 11.570 kg
3. Tjaart Coetzee: 20 vis = 7.680 kg
4. Eric Gerritsen: 16 vis = 9.735 kg
5. Hennie Coetzee: 15 vis = 7.860 kg
6. Spyker Coetzee: 11 vis = 6.530 kg
7. Sarel Boshoff: 12 vis = 5.305 kg
8. Duppie du Plessis: 9 vis = 7.070 kg
9. Sias J V Rensburg: 9 vis = 5.900 kg
10. Jacques du Preez: 10 vis = 4.605 kg

Dames
1. Nicoleen Richards: 2 vis = 0,975 kg
2. Zandra Boshoff: 2 Vis = 0.805 kg

Juniors
1. Chris Boshoff: 14 Vis = 5.010 kg
2. Ruan Nabal : 9 Vis = 4.870 kg
3. Andries Tiggelman: 7 Vis = 2.795 kg
4. Jaco de Jongh: 5 Vis = 2.505 kg
5. Jandre Smit: 3 Vis = 2.730 kg
6. Tyler van Blerk: 3 Vis = 1.015 kg
7. Jacques Lombard: 1 Vis = 0.430 kg

Juniors/Junior
1. Elrich Lambrechts: 3 Vis = 1.865 kg
2. Shaun Lambrechts : 1 Vis = 0.635 kg
3. Charldon Matthee: 1 Vis = 0.350 kg

Voorskool
1. Christiaan Coetzee: 2 Vis = 0.805 kg
2. Charisma Boshoff: 1 Vis = 0.425 kg

Advertensies


1. Kaartjies vir die dames kompetise is by Wilma McDonald, Zandra Boshoff en Nicolene Richards beskikbaar. Ondersteun ons dames. Dit is deel van hul fonds insameling projek vir SA gelde.

2. Sarel Boshoff bied die volgende afslag pryse:
- Shimano XTEA 10,000’s katrolle teen R1,099.00
- Shimano XT katrolle teen R899.00 per katrol
- Shimano GTEC katrolle teen R799.00 per katrol
- Van Donderdag 19 Augustus – Super Cast voer 4kg teen R29.00 en 2kg teen R18.00
- Slegs kontant asb.
- Skakel Sarel by (012) 800-4957 vir enige navrae.

3. 28 Augustus 2010 bied Impala Hengelklub ‘n kompetisie aan by Bronkies.

4. 28 Augustus is ook die provinsiale wedstryd tussen GN, SG en OVS te Tago Vaaldam.

LIGADATUMS 2010/2011

Algemene Liga
Hiermee die ligadatums vir die komende hengelseisoen.

1ste Been
25 September 2010: Premier A en A-Afdeling te Biermans
16 Oktober 2010: Premier B en B en C-Afdeling te Biermans

2de Been

30 Oktober 2010: Premier A en A-Afdeling te Grootdraai
20 November 2010: Premier B en B en C-Afdeling

3de Been
29 Januarie 2011: Premier A en A-Afdeling te Cilliers
19 Februarie 2011:Premier B en B en C-Afdeling

DAMES/JUNIORS/O13 PENKOPPE
23 Oktober 2010: Dames/Junior/o13 Liga te Springbok kamp (Jim Fouche)
26 Februarie 2011: Dames/Junior/o13 Liga te Draaifontein - Vaaldam

Volgende Klubkompetisies

1. September Naweek te Koppies
2. Oktober dagkompetisie te Draaifontein – Vaaldam
3. November Naweek te Grootdraai Standerton
4. Desember Nag/Dag kompetisie met die Kersfunksie te Bajadam Bronkies

STYWE LYNE AAN ALMAL

No comments:

Post a Comment