Wednesday, October 15, 2014

INLIGTINGS VERGADERING DOKUMENTASIE

Hi Almal

Soos bespreek gaan daar nie meer 'n volledige inligtingsvergadering tydens Ligas wees nie.  maak seker julle verwittig hulle self met die reels.


1.     Verduidelik waar waterindeling –  sal die oggend gedoen word kort en bekragtig

2.     Die plekpenne / waterlyn dui oewer aan – sal ook die oggend gesê word 

3.     Verduidelik hoe ingeweeg gaan word – sal met bewegende skale wees  hengelaars moet reg wees as die skaal by hulle kom.

4.     Verduidelik waar voertuie en sleepwaens geparkeer moet word – minstens 10m agter hengelaar


5.    Indien ‘n Donderstorm ‘n gevaar situasie skep, sal die hoofbeampte onmiddellik die kompetisie stop deur een lang sein te gee.  Alle hengelaars moet onmiddellik skuiling neem, (voor / agter in voertuig / bakkie met deure toe of in sleepwa wat toegemaak kan word met deksel of ‘n gebou).  Wanneer die gevaar situasie verby is en indien daar nog voldoende tyd oor is 30 min en meer en normale hengel omstandighede moontlik is kan die kompetisies weer hervat word, twee kort seine sal die hervatting van die kompetisies aandui. Wanneer die seine gegee word, die hengelaar mag die vis wat op hierdie stadium aan sy lyn is in sy hounet plaas. Indien die kompetisie nie hervat kan word nie sal die normale seine, soos aan die einde van ʼn kompetisie, gegee word.  Indien die opdragte van die Hoofbeampte met die toepassing van die reël nie nagekom word nie sal die deelnemer onmiddellik versoek word om die terrein te verlaat en mag nie verder deelneem aan die kompetisie nie.

6.    VERDUIDELIK KORTLIKS:

a)    Geen besoekers sal dieselde klere aanhê as die Spanlede:  Baie belangrik

b)   Moet te alle tye skoene aanhê

c)    Inloop vir Seniors/Dames/meesters is tot armholte:  Juniors/ Junior 0/13 net tot heuphoogte

d)   Geelvis:  As daar te klein geelvis in net is sal dit deur die hengelaar uitgehaal word en terug geplaas word in die water.  As daar  te veel geelvis in die net is sal die aantal te veel ook deur die hengelaar uitgehaal word en terug gesit word in die water dus geen diskwalifikasie van die hengelaar nie.

e)    Die ou hounette en skepnette kan weer gebruik word

f)     Vis mag nie uitgesleep word nie

g)   Landings matte nie nodig nie

h)   Geen braid net as hoeklyne
 

7.     Gewigte moet permanent vasgemaak wees aan stroplyn en geen weggooi gewigte (dropoff) van enige aard sal toegelaat word nie. Beamptes mag vra dat voerbal oopgebreek word
 

8.     Hengelaars moet terrein skoonmaak na hengel, hengelaars wat hul skuldig maak hieraan sal gestraf word,  beamptes sal die toestand van hul sone raporteer na die dag se hengel
 

9.     Die kompetisie begin om ­­­­­­­7H00  en eindig om 15H00  met die blaas van ‘n toeter. Nadat die eerste sein aan die einde van die hengelperiode gegee is, word die hounet as geseël beskou.  Die vis in die hounet sal nie deur enige persoon hanteer word deur dit te tel of uit te soek nie. Al wat toegelaat sal word is om ʼn vis wat reeds aangeslaan is met die eerste sein, in die hounet te plaas nadat dit geland is.  Indien hierdie reël oortree word sal die vis nie geweeg word nie en word die hengelaar gediskwalifiseer.  Nadat 'n hounet in die weegkampie geplaas is, is dit onder beheer van die weegbeampte en dit mag slegs hanteer word deur die persone wat die vis weeg.

10.  Die spanlyste asook bewys van inbetaling in Gauteng Noord VOHV Bankrekening moet nie later as  ­­­­­­­­9H00 by die  ­­­­­­­­Hoof Beampte ingehandig word nie

11.  Daar word gehengel ingevolge die SAVOF Reëls, Die Kapteins moet aandag gee aan die volgende: naamplaatjies moet permanent op die nette geheg wees.  Dieselfde inligting moet op die spanlyste wees.  Affiliasie-nommers is verpligtend en moet op die naamplaatjies en spanlyste wees.  Geen alkoholiese drank mag deur enige persoon wat by die kompetisie betrokke is gebruik word nie.
 

12.  Besware en griewe moet asseblief skriftelik voor daar met die inweeg begin word aan die hoofbeampte oorhandig word
 
 

13.  Toegang :  Afhangende waar daar gehengel word
 

14.  Geen persone word toegelaat in die beampte kampie na die inweeg tydens die uitwerk van punte nie.

15.  Enige verder vra.  Goeie wense aan almal wat gaan hengel – vra dat al die beamptes bymekaar kom na die Inligtings Vergadering om indeling te doen

No comments:

Post a Comment