Monday, December 9, 2013

BRONKIES - 3 MUSKETEERS


Aangesien daar nou geen kompetisie Saterdag by Bronkies was nie want dit was net ek, Jaydee en Rassie wat opgedaag het. Het ons maar tog besluit om volgens klub kompetisie reels te hengel. Ons het 7 uur to 3 uur gehengel. Daar was redelik ‘n sterk wind gewees en vroeg oggend was koud en het later deur die dag warmer geword. Die uitslag vir die dag was as volg:

 

1.       Raymond – 13 vis (27Kg)

2.       Rassie – 6 vis (14Kg)

3.       Jaydee – 3 vis (11Kg)

 

Totale vis – 22 vis (52Kg)

 

Soos jy kan sien was daar lekker vet visse wat uitgekom het. Ek dink daar was uitgemis gewees want daar kon groot sakke uitgekom het vir die dag.







No comments:

Post a Comment