Friday, April 26, 2013

KOEDOE NUUSBRIEF - april 2013

Hi Almal

Nuusbrief vir April 2013


Koedoe Hengelklub Nuusbrief

April  2013




“n Hele maand is verby sedert ons laaste Nuusbrief.  Baie dankie aan almal vir die terugvoer.  Die Meesters Proewe is afgehandel asook die eerste 2 Senior Proewe, Vaaldam het gewys wie is baas, as hy sy rug draai dan doen hy dit behoorlik. Maar welgedaan al die Koedoe manne wat dit bygewoon het.  Ons Dames, Junior en Penkoppe se Proewe lê nog voor, sterkte aan julle ook.
Die Komitee is as volg:
Ere – President :                       Giel Swart                     Tel:  074 210 646
                                                               
President :                                Markus Swart                Tel:  083459 2363
                                                E-mail:  Mark.Swart@bcx.co.za

Vise-President :                         Hennie Coetzee             Tel:  072 720 9798
                                                E-mail:  hcj.coetzee@telkomsa.net

Tesourier :                                 Samantha v Blerk          Tel:  012 303 1082(w)
084 631 6933
                                                 E-mail: samanthavanblerk@gmail.com

Sekretaris :                               Marlene Coetzee            Tel:  079 502 1949

Inweeg/                                     Donald McDonald         Tel:  083 590 7179
Rekords Beampte :                   E-mail:  motormac@mweb.co.za
                                               
Additionele Lede :                     Francois Steyn – Skakelbeampte
Tel:  082 928 6560

Spyker Coetzee             Tel:  082 359 5849

Charl Matthee                Tel:  083 321 9208

Sarel Boshoff               Tel:  082 933 4104
Tel:  012 8004957

Dames Verteenwoordiger :         Zandra Boshoff                         Tel:  082 845 9773



Projek Gone Fishing :                Wilma McDonald           Tel:  072 264 0561





Baie geluk aan
Willie Richards en Danny Pretorius
met jul uitsonderlike prestasie as VICTOR LAUDORUM tydens die Karp Kampioenskappe

\
Karp SA Kampioenskappe
(Koedoe Lede wat verteenwoordig het)

A-Span                                                          B-Span
Robert Hurn                                                  Tim Brown
Carel Schoeman                                          Barend Booyse
Willie Richards                                             Jacques Fourie
Danny Pretorius                                           Chris Robberts                    
Baie geluk aan elkeen van julle


§  Gert Swart het ’n Oprerasie ondergaan en sterk aan by die huis
§  Taleasha en Tyler van Blerk het operasies ondergaan, sterkte Samantha


Baie geluk aan Spyker wat Gekwalifiseer het in sy Ambag, nou is jy nie meer ‘n “Appie” nie





        Baie welkom:
 Riaan Maritz en die tweeling Tiaan en JC

Ek weet julle gaan dit baie geniet
KOEDOE HENGELKLUB is een GROOT familie
 




SHIMANO 5000
NA 11 MAANDE IN TRICHADSFONTEIN DAM


Tydens ons Klub kompetisie in Mei 2012 by Trichardt, het ek my Feeder Stok en Chimano 5000 katrol verloor.  ’n Vis het stok en katrol die water in gesleep, toe ek vir Tjaart ’n vis gaan skep het.

Groot was die verlies en die ou hart was lekker seer.  Vir my was dit baie skade. 

As ek rof weg skade bereken , die stok was om en by R1900-00, dit was ’n drie stuk en die Katrol kan jy nie meer koop nie en was om en by R1000.
So dit was R 3 500.00 as jy die lyn en strop in reken

Nou vir die Goeie NUUS!!!!!!!!   April Klub kompetisie by Trichardt op Saterdag 6 April 2013 om 15h00 kry ek ’n lekker byt aan my lyn,die sirene gaan af en die kompetisie is verby.  Ek het so 15 min gespook met die vis, en wat kry ek toe aan my lyn MY EIE VISSTOK EN KATROL,  GROOT was my vreugde.

Die stok is nie meer ’n driestuk dit is nou aan mekaar vas van waterskade, maar die Katrol is in werkende toestand bietjie aangeslaan maar alle parte werk nog, na 11 maande in die dam.

So ek wil jul aanraai koop SHIMANO,  SHIMANO Bo. En koop hulle by ULTIMATE ANGLERS

SPYKER

 Daar word ’n beroep gedoen op alle Lede om u Ledegelde te betaal:
R200-00 per Senior Lid  -  R150-00 per Dame en Junior

Niemand gaan geaffilieer word as ledegelde nie opbetaald is nie.

Maak asb. gebruik van die klub se nuwe rekening nommer indien daar inbetalings gedoen word.
Capitec Silverton
Bank Kode 470010
Rek nommer 131 861 4242
Koedoe Hengel

Klere kan bestel word by:   Hettie Gouws 082-4446896

INDIEN JY ENIGE NAVRAE HET RAAKENDE FINANSIES KONTAK ASB
Samantha v Blerk                            
Tel:  012 303 1082(w)
Sel:  084 631 6933

BOLGOOI LIGAS
·         1ste Bolgooi Liga          -           27 Julie 2013
·         2de Bolgooi Liga          -           17 Augustus 2013

Daar gaan vanaf 2 Junie elke Sondag Bolgooi oefening wees, gevolg met ’n lekker saam kuier, bring en braai.


4 Mei 2013 – Dagkompetisie. OBERON
Soos gewoonlik geld die normale Dag kompetisie reëls.

Hengeltyd : vanaf 07H00 – 15H00 daarna sal daar om 15:45 by Donald se voertuig ingeweeg word. 

Bymekaarkom tyd: 5h00 by die Hek Inskrywings word gedoen en die Hekke open om 6h00
Niemand word sedert die Vrydag  vooraf gaande toegelaat nie. Dit sal ly tot ’n diskwalifikasie.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.

Die klub se Pro-mania sal van toepassing wees slegs vir Klub Lede
 Geliewe daarop te let dat geen klub hengelaars binne Gauteng Noord aan sodanige Pro-mania mag deelneem nie.

’n Lid van Koedoe beteken dat daar ’n getekende aansoek vorm in besit van die klub is.

Hi almal kom woon die Kompetisie en al die volgende Kompetisies vir die Jaar by en sien wat jy kan wen

DANKIE SAREL VIR JOU BORG

Vis natuurbewaring doeleindes, word ’n versoek aan al ons lede gedoen om asseblief sorg te dra dat alle oewers ten alle tye skoon en netjies gehou word. Maak seker dat wanneer die oewer verlaat word, daar geen rommel agterbly nie. Indien daar enige dooie vis met die inweeg is, moet dit nie in die water terug plaas nie. Reëlings sal tydens die inweeg in die verband getref word.


VOLGENDE KLUBKOMPETISIES
Junie              -           Hengel Kliniek
Julie               -           Bronkies Natuurbewaring
Augustus       -           Jackey Leonard
10 Augustus -     GONE FISHING FONDS INSAMELING


NAWEEK STATISTIEKE

VOLSKUB                 1076
SPIEEL                     64
BABER                      11
MODDERVIS            116
KLEINBEK                1
TOTAAL                     1268
MASSA                      618.965KG


DAGKOMPETISIE

VOLSKUB                 609
SPIEEL                      35
BABER                      2
MODDERVIS            101
KLEINBEK                1
GEVANG                   748
MASSA                      378.10KG

AANTAL HENGELAARS   56

SWAARSTE SPESIES
SENIORS
Volskub Karp
Junior Latsky            2.215kg
Spieel Karp
Raymond Cloete      3.440kg
Baber
Carel Schoeman       1.795kg
Klipbaber`
Willem de Jongh         0.100kg
Moddervis
Hennie Coetzee       1.105kg

JUNIORS

Moddervis
Darren Latsky              1445kg

DAMES

Moddervis
Madzi Spies              0.870kg

JUNIOR/JUNIOR
Moddervis
Charldon Matthee    1.015kg

DAMES EN JUNIORS PROEWE
JUNIORS EN PENKOPPE      
11 Mei by BRONKIES.

Die Inligtings vergadering by die Klubhuis 2de Mei om 18h30.


DAMES
Proef 1 en 2  -    27 en 28 APRIL by JACKEY LEONARD
Proef 3          -     11de Mei by BRONKIES
SENIORS
Proef 3 en 4        -        18 en 19 Mei JACKEY LEONARD



Die tyd kom nou baie vinnig nader, daar word ’n versoek gerig dat so veel as moontlik die aand saam met die KOEDOE FAMILIE kom geniet.


Hier is solank bietjie inligting
Die Funksie gaan wees by die Baviaanspoort Gevangenis
Toegang:  Nie Bederfbare Voedsel per persoon
Drag:         Casual maar Netjies(Onthou dit is ’n Prysuitdeling)
RSVP:       Einde Mei


Soveel mense wat bevestig vir soveel gaan daar reggemaak word.


Ek wil graag ’n beroep doen op almal wat aan die onderskeie Liga’s en die Bolgooi Liga deelgeneem het, of ’n Kompetisie gehengel het om op 29 Junie daar te wees.


Weet julle wat is SWAK as jy ’n Trofee//medalje of  sertifikaat ontvang en jy is nie teenwoordig om dit in ontvangs te neem nie.

Francois Steyn – Skakelbeampte

Tel:  082 928 6560




Weet jy van die ware vriendskap wat daar bestaan tussen jou oë?

Hulle knip saam... 
Hulle beweeg saam...
 
Hulle huil saam...
Hulle sien dinge saam...



No comments:

Post a Comment