Tuesday, May 22, 2012

NUUSBRIEF MEI 2012

KOEDOE NUUSBRIEF MEI 2012

Hier is ons alreeds aan die begin van die winter. Alle provinsiale proewe is afgehandel. Die Senior proewe te Cilliers was maar moeilik vir baie van ons hengelaars.


LEED
Tiana Booysen blindederm operasie. Sterkte Tiana.

LIEF
Zandra Boshoff – Dames Protea klere.
Lindi Stander – SAVOF A Span
Bernie van Nieuwenhuizen – Uitnodiging Span

Baie geluk aan hierdie dames en hou die klub en provinsie se naam hoog!!

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.

KLUBKOMPETISIES

Die eerskomende klubkompetisies is soos volg:
Junie 2012: Roodekopjes (Vanaf Karavaan Park links tot teen die draad)
Julie 2012: Bronkies – Natuurbewaring
Augustus 2012: Bospoort – Rustenburg
September 2012: Naweek kompetisie te Eilandsmeer, Middelburg

Met die Junie 2012 se klubkompetisie, sal daar van 07:00 tot 15:00 gehengel word. Inweeg sal stiptelik om 15:45 by Donald se voertuig plaasvind.

Geen betreding van die oewer op die Vrydag nie.

Vir die vervoer reëlings vir Junie 2012 se klub kompetisie te Roodekopjes:
Ons kom bymekaar by die laaste TOTAL garage buite Brits.

FINANSIëLE AANGELEENTHEDE

Almal se smamewerking word gevra tot die spoedige betaling van hul onderskeie ledegelde. Heelwat uitgawes moet aangegaan word (affiliasies ongeveer R11,000.00 asook die jaarlikse funksie). Vir die lede wat reeds betaal het, baie dankie.

Die bankbesonderhede is soos volg:
Rekening houer: Koeode Hengelklub
Bank: ABSA
Tipe rekening: Spaar
Rekening nommer: 1438149704

Na inbetaling, stuur asseblief vir Samantha van Blerk (Tesourier) of vir Markus, ’n afskrif van u inbetaling strokie ten einde die balansstate op te dateer asook om te bepaal wie het betaal.

U samewerking word waardeer

BEAMPTES AANGELEENTHEDE

Die simposium vir alle SA beamptes vind op 26 Mei 2012, plaas.
Inligting van besluite, ens; sal aan u, as klublede, deurgestuur word.

Bolgooi
Datums: 21 Julie 2012 en 18 Augustus 2012.

Oefen Datums vir die bol/kolgooi liga gaan soos volg wees. Alle oefeninge is by FH Odendaal Hoerskool. Oefeninge begin om 10H00.

• 3 Junie 2012
• 10 Junie 2012
• 17 Junie 2012
• 24 Junie 2012
• 01 Julie 2012
• 8 Julie 2012
• 15 Julie 2012


Klub Uitslae April Trichardsfontein

SENIORS
Coetzee Tjaart 399.10
Coetzee Spyker 314.35
Tiggelman Andries 281.70
Swart Markus 242.55
Coetzee George 239.10
Coetzee Hennie 219.75
Boshoff Sarel 194.00
Pieter Terblanche 170.85
J V Rensburg Sias 167.25
Gaarkeuken Barry 166.05
Latsky Junior 135.80
Steyn Johan 132.55
Erasmus Michael 123.10
Borageiro Justino 81.15
Coetzee Tjaart snr 77.85
Macdonald Donald 76.45
De Lange Hans 63.35
Steyn Francois 54.60
Bradford Warren 29.90
Potgieter Lourens 26.65
Kuhn Herman 22.75

DAMES
Labuschagne Rene 232.85
Swart Christa 36.25

JUNIORS
Latsky Darren 86.95
Lambrechts Elrich 85.85
Joubert Wihandi 63.75

JUNIOR/JUNIOR
Coetzee Christiaan 272.80
Lambrechts Shaun 117.40
Steyn Jeandre 32.65
Potgieter Ettienne 30.20

VOORSKOOL
Boshoff Sarel 79.70

Sosiale aangeleenthede

Die klub se jaarfunksie vind op 26 Mei 2012 plaas. Die reëls is soos volg:

Plek: Lucas van den Berg saal te Trans Oranjeweg, Pretoria-Wes. Dit is reg langs die Weslike sportgronde wat op die hoek van Kerk- en Trans Oranjeweg geleë is.

Tema: Country and Western

Tyd: 18:00

Eetgoed: Elkeen sorg vir eie verversings, ensovoorts

Drinkgoed: Elkeen sorg vir hom/haarself

Indien enige verdere inligting verlang word of as u met die reëlings kan help, kontak asseblief vir Wilma McDonald in diè verband.

’n Beroep word op almal gemaak om asseblief hierdie eenmalige klub gebeurtenis by te woon

No comments:

Post a Comment