Monday, March 28, 2011

NUUSBRIEF - MAART 2011

NUUSBRIEF – MAART 2011  

Hier staan ons weer in ’n tyd waar die Seniors se SA Kampioenskappe afgehandel is. Die posisies deur Gauteng Noord is soos volg:


Senior A-span: 1ste plek;
Senior B-span: 3de plek; en
Senior C-span: 5de plek.


Geluk aan al die klub se spanlede wat deelgeneem het asook geluk aan die onderskeie span lede wat dan ook na die senior proewe uitgenooi was.

Vanaf hierdie maand gaan daar ook nuus dekking vir ons dames wees wat dan ook later voorsiening gemaak gaan word vir ons kinders.

Wat verder op die hengelfront plaasvind na afloop van al die ligas en nasionale kampioenskappe, is soos volg:

19 Maart 2011 – dames, juniors en penkoppe proewe het by Ardenza plaasgevind;
20 Maart 2011 – Dames se tweede proef het plaasgevind;
26 Maart 2011 – Meestersproewe het by Cilliers plaasgevind;
2 en 3 April 2011 – Klubkompetisie te Koppiesdam. Kyk later in nuusbrief vir meer besonderhede;
9 en 10 April 2011 – senior proewe te TEKSA, Trichardfontein;
16 April 2011 – dames proewe. Oewer moet nog bevestig word;
14 Mei 2011 – PRAS Derby te De Rust; en
28 en 29 Mei 2011 – Senior proewe te Cilliers, Vaaldam.

FINANSIëLE AANGELEENTHEDE

Dit is nou weer tyd dat die jaarlikse ledegeld vereffen moet word. Tydens die Algemene Jaarvergadering wat gedurende Februarie 2011 plaasgevind het, was daar besluit om nie die jaarlikse ledegeld te verhoog nie maar om dit onverandered te behou. Die ledegeld is dus soos volg:
R300,00 per gesin; en
R175,00 per enkel lid.

Die nuwe affiliasie moet met ingang van 1 April 2011 plaasvind waartydens affiliasiegelde oorbetaal moet word. Ten einde die klub se oorbetalings te laat plaasvind, moet daar fondse beskikbaar weer. ’n Beroep word op u almal gedoen om so spoedig u betaling as sodanig te laat plaasvind. Indien moontlik voor of op 30 April 2011. Elna Swart kan in die verband gekontak word.

HENGEL AANGELEENTHEDE
Graag word die uitslae van die Maart 2011 klubkompetisie deurgegee asook die puntestand na afloop van die eerste driemaande se klubkompetisies.

SENIORS

1) IAIN McDONALD 701
2) DONALD MCDONALD 624.80
3) NEIL VD WESTHUIZEN 467.60
4) HASSEN MAHOMED 428.70
5) PIETER TERBLANCHE 390.90
6) HOOSEIN MAHOMED 365.35
7) CHARL MATTHEE 296.25
8) KOOS DE BEER 263.50
9) EUGENE WERNICK 257.75
10)SAMEER ABOO 240.45
11)FRANCOIS STEYN 236.35
12)RIAAN CLOETE 219.80
13)BRANDEN LANGUAGE 195.90
14)WARREN BRADFORD 191.10
15)PIET ROODT 181.25
16)SIAS J VAN RENSBURG 152.75
17)WILLEM DE JONGH 106.25
18)JOHAN SONNEKUS 79.70
19)HANS DE LANGE 48.55
20)ZIELAS DU PREEZ 28.50
21)PHILLIP POTGIETER 27.95

DAMES
1) TIANA BOOYSEN 131.85
2) TALITA DE LANGE 1.35

JUNIORS
JACO DE JONGH 356.15


JUNIOR/JUNIOR
CHARLDON MATTHEE 141.50
ADRIAAN CLOETE 100.60
E. DE JONGH 1.15

VOORSKOOL
ROALD MATTHEE 116.80


Uitslae ten opsigte van die laaste drie maande:

Neil van der Westhuizen 1498.10
Markus Swart 1139.46
Pieter Terblanche 984.30
Francois Steyn 983.40
Hoosein Mohamed 933.00
Donald McDonald 779.19
Hassen Mohamed 750.05
Koos de Beer 712.70
Iain Mcdonald 701.00
Eugene Wernick 665.45
Lourens Potgieter 649.01
Piet Roodt 612.50

Tjaart Coetzee 574.86

Spyker Coetzee 538.01

Johan Steyn 527.31

Hennie Coetzee 507.86

Sameer Aboo 450.70

Sarel Boshoff 416.50

Gert Strydom 404.80

Waheed Mohamed 380.05

Charl Matthee 377.40

Jacques du Preez 363.10

Riaan Cloete 362.85

Danie de Jager 349.01

Gert Swart 310.26

Sias J V Rensburg 299.55

Johan Sonnekus 290.85

Tinus Boshoff 262.20

Kobus vd Merwe 262.11

Willie Richards 262.11

Warren Bradford 229.95

Brendan Language 195.90

Willem de Jongh 187.70

Herman Kuhn 177.65

Robert Kotze 171.90

Phillip Potgieter 116.50

George Coetzee 111.30

Jan Maritz 85.20

Pat vd Merwe 79.05

Zielas du Preez 67.70

Leeu Tiggelman 56.85

Hans de Lange 48.55

Nico Booysen 47.85

Werner Venter 13.05

JUNIORS
Jaco de Jongh (J) 566.25

Andries Tiggelman (J) 381.35

Kayle Swart (J) 291.15

Carlo Smuts (J) 225.40


DAMES
Christa Swart (D) 312.05

Tiana Booysen (D) 131.85

Marlise Booysen (D) 91.20

Zandra Boshoff (D) 53.33

Wilma McDonald (D) 53.33
Coleen Richards (D) 53.33
Talita de Lange (D)1.35



JUNIOR/JUNIOR
Charldon Matthee (J/J) 202.70

Adriaan Cloete (J/J)153.85

Christiaan Coetzee 100.75
Janine Wernick (J/J) 77.35

Elrich Lambrechts (J/J) 71.55

Shaun Lambrechts (J/J) 41.75

Darren Mulder (J/J) 41.55

E de Jongh (J/J) 1.15


VOORSKOOL
Roald Matthee (V/S)140.20


VOLGENDE KLUBKOMPETISIE

Die volgende is ’n naweek kompetsie wat op Saterdag 2 April 2011 tot Sondag 3 April 2011 te Kopiesdam, sal plaasvind. Die reelings is soos volg:


Hengeltyd: 06:30 tot 15:00. Alle lyne moet uit die water getrek word. ‘n Bestuurslid sal teen die oewer af beweeg om te verseker dat alle lyne uitgetrek is. Indien nie, kan die lei tot ‚n diskwalifikasie van die sak wat Sondag geweeg gaan word.


Inweeg: 15:30 by ‘n neutrale plek wat aangekondig sal word.


Voortsetting van kompetisie: Sal by inweeg bepaal word tot Sondagoggend om 10:00. Inweeg sal die Sondagoggend by Donald se voertuig plaasvind.

Indien enige hengelaar die oewer op die Vrydag betree, mag daar onder geen omstandighede gehengel word nie. Let wel, die toegangshek sluit om 20:00 die Vrydagaand.


Vir diegende wat die Saterdagoggend vertrek, word daar die oggend om 03:00 vanaf BJ’s op die N1 deurpad buite Pretoria vertrek.

Geliewe kennis te neem dat niemand mag sy/haar vis tydens die inweeg vrylaat nie. Dit kan alleenlik geskied na die weeg van vis toetaal afgehandel is. Daar moet dus ook voorsiening gemaak word vir enige besware wat moontlik ingedien mag word.


Die bonanza beloop R750,00 vir ’n Muddy van 1,8 kilogram, of swaarder, wat oor die naweek gevang sal word.


KLUBKOMPETISIES VIR MEI TOT AUGUSTUS 2011
Die volgende drie maande se klubkompetisies sal soos volg wees:
Mei 2011 – De Rust
Junie 2011- Roodekopjies
Julie – Hengelkliniek te De Rust. Alle lede sal ’n bywoningspunt van 20 punte ontvang. Meer besonderhede sal volg.
Augustus 2011 – TEKSA, Trichards-fontein


PRYSUITDELINGSFUNKSIE
Die jaarlikse prysuitdelingsfunksie sal op 28 Mei 2011 plaasvind. Wilma sal die dames kontak om ’n komitee daar te stel met die reelings. Dus hou die datum beskikbaar. Daar mag ’n verandering wees agv die Senior Proewe wat geskuif het na 21 Mei 2011. Maar ons sal na ’n saal moet soek.

Vroue en fieterjasies
Nou ja, soos belowe, gaan daar dan ook voorsiening gemaak word vir ons dames en kinders.
Wilma, as dames verteenwoordiger, het hierdie taak op haarself geneem om dan ook deurmiddel van hierdie kolom met almal te komunikeer. Die mans is ook baie welkom om dit te lees.


Wilma skryf soos volg:

Met die nuwe bestuursjaar het ek dit goed gedink om ‘n ruimte in die Nuusbrief te annekseer om ons vrouens en kinders ook rede te gee om die nuusbrief te lees. Die beplanning is om ‘n rubriek vir die vrouens asook ‘n kompetisie vir ons kinders te plaas om sodoende hul ook te betrek by Koedoe hengel aangeleenthede en aktiwiteite . Graag wil ek julle uitnooi om vir my voorstelle deur te epos of faks . Ek is vol vertroue dat dit ‘n sukses kan wees.

Ek is baie opgewonde en kan nie wag vir die voorstelle nie, en wens julle sterkte toe vir die maand wat voorlê.

Groete
Wilma McDonald
Cell 072 264 0561
Epos: motormac@mweb.co.za
Fax: 086 689 1420

Ek spring weg met ‘n baie eenvoudige resep.
Korslose Souttert
Bestandele:
125 gr Ham
15 ml Gerasperde Ui
125 gr Kaas
5 ml Mosterd Poeier
2 Eiers
250 ml Melk
30 ml Meel
Sout en Peper na smaak
15 ml Gekapte Pietersielie

Metode
Snipper ham, rasper kaas en voeg pietersielie,uie en mosterd by asook sout en peper. Klits die eiers en voeg meel daarby en meng dit met die kaasmengsel.
Laastens voeg melk by en roer dit deur.Gooi in tertbak en bak by matige hitte vir ongeveer 35 min.


Lekker eet.
(Resep kom uit “ Vir man en muis, uit my kombuis”


MAANDELIKSE STORIE
‘n Man se brein bestaan uit boksies.
In ‘n man se kop is daar duisende boksies wat hy versigitig oopmaak as iemand daardie spesifieke onderwerp aanraak. Amper soos ‘n outydse liasseerkabinet – jy kan net een laai op ‘n slag ooptrek. As jy oor die kinders praat, maak hy daardie boksie oop, sonder om aan die ander boksies te raak.


As jy dan skielik oorslaan na sy werk, Saterdag se braai en skoolgeld, spook hy vreeslik om eers die kinder-boksie toe te maak en dan die werk-boksie oop te maak. En terwyl hy nog besig is met werk, trek jy al by skoolgeld en maak sommer ‘n draai by die vullissak wat uitgesit moet word ook. Sjoe!


Die gevolg is dat hy wild deurmekaar raak en eers ‘n stil hoekie moet gaan kry om al sy boksies weer toe te maak en te bêre … en te prober verstaan hoekom jy nog boonop vir hom kwaad is.


Dis dan dat hy sy gunstelingboks nader trek – sy “niks-boks”. En in sy niks-boks is daar net mooi niks. Dis dolleeg.


So, as jy al ooit gewonder het, dit is hoekom mans breindood dinge soos visvang ure lank kan doen. Hy gooi die lyn in en klim in sy niks-boks. In sy niks-boks is daar nie tyd nie, nie werk nie, nie jy nie, nie eksmeisies nie, nie sluwe planne nie, nie duistere begeertes nie. Daar is niks nie. Moenie dit probeer verstaan nie, glo dit net.
En nee, jy kan nie saam met hom in sy niks-boks klim nie, want dan is daar iets!


(Bron: Cinde Mostert, Finesse Tydskrif, Maart 2011).

No comments:

Post a Comment