Wednesday, January 27, 2016

SAVOF MEESTER SA KAMPIOENSKAPPE NOVEMBER 2016

Goeiedag almal,



Wiets Coetzee van Oostelike Provinsie was afgevaardig om ondersoek te doen
rondom Gariep dam  om 2016  se 3 afdelings van die SA Meesters
Kampioenskappe in November 2016  daar aan te bied. Hy het  uitstekende
navorsing gedoen en ons bedank hom vir dit want SAVOF glo ek sal in die
toekoms die inligting goed kan aanwend om kleiner toernooie daar aan te
bied.



Ons SAVOF Meesters bestuur  saam met Wiets Coetzee het tot die slotsom gekom
dat met die huidige watervlak van GariepDam en fasiliteite die SA Meesters
Kampioenskappe vir 2016 nie suksesvol hierdie jaar daar aangebied sal word
nie.



Dus volgende op ons Rotasie lys is Bloemhofdam en daar is eenparig besluit
om 2016 se SA Meesters Kampioenskappe in November 2016 by Bloemhof dam
,aangebied sal word. Alle Provinsies word versoek om DRINGEND hulle Meesters
hengelaars van die besluit inkennis te stel



Groete


1 comment: