Tuesday, January 22, 2013

KOEDOE NUUSBRIEF JANUARIE 2013


NUUSBRIEF – JANUARIE 2013

 Hier staan ons alreeds in die tweede helfte van Januarie 2013. Die tyd gaan geweldig vinnig en die pas alreeds op volle stoom.

Graag wil ons van die geleentheid gebruik maak om aan al ons hengelaars en families, ’n baie geseënde en voorspoedige jaar toewens.

’n Geweldige besig tydperk wag  gedurende die eerste 3 maande van 2013 weer op ons hengelaars. Bo en behalwe die normale klubkompetisies, vind die volgende ook plaas:

*      Dames Geheel Transvaal op 19 Januarie 2013;
*      Seniors Geheel Transvaal op 26 Januarie 2013;
*      Dames SA Kampioenskappe begin Februarie 2013;
*      Senior Liga op 23 Februarie 2013 by Kruger, Vaaldam; en
*      Senior SA Kampioenskappe gedurende begin Maart 2013

Sterkte aan al ons hengelaars

 
Die Gauteng Noord Jaarprogram is in proses on hersien en saamgestel te word. Die oomblik as dit gefinaliseer is, sal die ander datums, soos proewe, ensovoorts, aan almal deurgegee word. Dit is ons voorneme om almal voortdurende ophoogte te hou.

 
LEED

Daar was met leedwese verneem van die afsterwe van:

  • Julius Engelbrecht; en
  • Etienne Kriel van Stywe Lyne
  • Gert Swart se moeder is baie siek – baie sterkte daar.
  • Herman Kuhn se vrou is geopereer.  Sterkte aan die familie en vinnige herstel.

Ons meegevoel aan al die familielede en ons gebede is dat Ons Hemelse Vader u die nodige vertroosting sal verskaf

 LIEF

Graag die volgende:

v  T van Blerk is in die Jonge Dames span opgeneem;
v  C Matthee is in die O/13, B-span opgeneem
v  S van Jaarsveld is afrigter by die O/13 jonge dames span;

Die uitslae tydens die Junior SA Kampioenskappe gedurende Desember 2012, is soos volg:

v  Junior A-span = 2de plek
v  Junior B-span = 3de plek
v  Penkoppe = 3de plek;

Tydens die kubkampioenskappe, het Koedoe se dames ‘n 2de plek behaal.   Wel gedaan aan ons Koedoe Dames!!

Baie geluk aan al ons hengelaars


KLUBKOMPETISIE

Dank aan al ons lede wat die naweek klubkompetisie,  bygewoon het. Alhoewel die wind baie gewaai het, was dit ook baie suksevol.  (55 hengelaars!!)

Die eerskomende klubkompetisie (Februarie 2013) is soos volg:

 Kruger - Vaaldam. Oewer beskikbaar – regs van die 1ste toilet (“long drop”) tot by Kolie se grensdraad

Hengeltyd : vanaf 07H00 – 15H00 daarna sal daar om 15:45 by Donald se voertuig ingeweeg word. 

 Vertrektyd: Shell Ultra City 03:15 en vertrek stiptelik om 03:30

 Almal kom bymekaar om 05:45 by die hek bymekaar om nommers te trek, waarna die voertuie per nommer na die oewer beweeg word. Met ander woorde, daar word by nommer 1 begin en verder aan. Sal ook breedvoerig met die bymekaarkom verduidelik word.

Niemand word sedert die Vrydag  toegelaat nie. Dit sal ly tot ’n diskwalifikasie.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.

Die klub se Pro-mania sal van toepassing wees. Geliewe daarop te let dat geen klub hengelaars binne Gauteng Noord aan sodanige Pro-mania mag deelneem nie.  'n Lid van Koedoe beteken dat daar 'n getekende en goedgekeurde aansoek vorm in die besit van die klub is.
 
Die volgende klubkompetisies is soos volg:
Ø  Maart 2013 – HeartSease
Ø  April 21013 – Naweek-kompetisie. Voorlopig Trichardt by Sasol kant;
Ø  Mei 2013 = Vasgemaak word
Ø  Junie 2013 = Vasgemaak word
Ø  Julie 2013 = Vasgemaak word
Ø  Augustus 2013 = Vasgemaak word 
 Vis natuurbewaring doeleindes, word ’n versoek aan al ons lede gedoen om asseblief sorg te dra dat alle oewers ten alle tye skoon en netjies gehou word. Maak seker dat wanneer die oewer verlaat word, daar geen rommel agterbly nie. Indien daar enige dooie vis met die inweeg is, moet dit nie in die water terug plaas nie. Reëlings sal tydens die inweeg in die verband getref word.
 
KLUB AANGELEENTHEDE
Net die volgende:
 
ü  Die Algemene Jaarvergadering vind op 28 Februarie 2013 by die Klubhuis om 19:00 te Annie Bothalaan, plaas. Siende dat daar besluite geneem moet word wat van uiters belang is, sal almal se teenwoordigheid waardeer word.
ü  Indien enige lid die beampte kurses wil volg om as ’n Gauteng Noord beampte te kwalifiseer, kontak Markus voor of op 28 Februarie 2013 in die verband.
 
ü  Alle rekords moet vanaf 1 November 2012 vir O/13 hengelaars bygehou word. In klub verband sal sodanige hengelaars se vis dus ook apart geweeg en rekord gehou word. Met klub kompetisies sal daar gepoog word tot die bekikbaarheid van 2 skale om die inweek te vergemaklik.
ü  Soos reeds genoem, vind die finale liga op 23 Februarie 2013 te Krugers, plaas. Lede sal metertyd gekontak word tot die finaliseering van sodanige spanne.  Daar moet ook in ag geneem word dat daar wel veranderinge in die spanne gaan plaasvind.
 
 
NUWE LEDE
Daar word van die geleentheid gebruik gemaak om die volgende nuwe lede by die klub te verwelkom:
 
  • Jacques Scheepers;
  • Ryno Nel;
  • Japie Purves en seun;
  • Wouter Ludeke;
  • John Ferreira;
  • Herman Kotze;  
  • Marius Beeslaar en seun;
  • Ben Geldenhuys
  • No comments:

    Post a Comment