Monday, June 18, 2012

NUUSBRIEF – JUNIE 2012

NUUSBRIEF - JUNIE 2012

Hier is ons reg binne die winter. Daar word maar traag opgestaan soggens en wanneer die geleentheid hom voordoen, word daar so ’n bietjie laat gelê. Ja, hierdie tyd van die jaar is alles maar droog en vaal. Een van die dae, as ek reg onthou, na 21 Junie, dan begin die dae weer so stadig maar seker weer langer word.


Siende dat daar weinig ge-organiseerde hengel plaasvind, slegs klubkompetisies, meld ’n wederhelfte die anderdag, dat sy wens die hengel seisoen begin weer ten einde haar wederhelfte Saterdae onder haar voete uit te kry. Dit wil dus voorkom asof nie net die hengellars nie, maar ook hul wederhelftes, in afwagting is dat alles weer in aanvang neem. Dus gebruik die tyd om jou hengelgerei in gereedheid te bring in afwagting tot die nuwe seisoen.

LIEF
Dank aan almal wat met die klub se jaareindfunksie betrokke was. Dit was ’n reuse sukses. Ook aan almal wat bygewoon het, baie dankie.

Herman Bester was op die onlangse vergadering tot lid van die Tswane Sport Council verkies. Baie geluk. Ons weet dat Herman die provinsie en ons sport se belange daar positief sal verteenwoordig.

Baie geluk aan Hennie en Carolina wat verkies was tot die Suid-Afrikaanse Beampte komitee

En laastens maar nie die minste, ’n woord van verwelkoming aan Devan Gouden asook Timothy en Mardelyn Brown as lede van die hengelklub.

KLUBKOMPETISIES


Die eerskomende klubkompetisie (7 Julie 2012) is soos volg:

Plek: HartSease, Vaaldam. Net voor Jim Fouchè, links. Dit is ‘n “nuwe” oewer wat beskikbaar gestel was.

Reis reëlings: Almal kom bymekaar by die SHELL ULTRA CITY op die N1 snelweg om 03:15 en daar word sa ‘n konvooi vertrek, stiptelik om 03:30. Die is ook hoe ons die oewer sal betree.

Daar sal vanaf 07:00 tot 15:00 gehengel word. Inweeg sal stiptelik om 15:45 by Donald se voertuig plaasvind.

Graag wil die volgende onder lede se aandag gebring word:

Daar word opgemerk dat lede nie na die inweeg gaan na afloop van ’n klubkompetisie nie. Dit lei dat lede nie hul inskrywingsgelde betaal nie, daar nie behoorlik statistieke gehou kan word betreffende bywoning asook dat daar nie aan die kameraadskap gedeel word nie.

Almal se teenwoordigheid by die inweeg word gevra.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.


BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal.

Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde).

Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word.

By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar skrifteklik in. Ons vra almal se samewerking

FINANSIëLE AANGELEENTHEDE

Almal se samewerking word gevra tot die spoedige betaling van hul onderskeie ledegelde. Heelwat uitgawes moet aangegaan word (affiliasies, ens.). Vir die lede wat reeds betaal het, baie dankie.

Die bankbesonderhede is soos volg:

Rekening houer: Koeode Hengelklub
Bank: ABSA
Tipe rekening: Spaar
Rekening nommer: 1438149704

Na inbetaling, stuur asseblief vir Samantha van Blerk (Tesourier) of vir Markus, ’n afskrif van u inbetaling strokie ten einde die balansstate op te dateer asook om te bepaal wie het betaal.

U samewerking word waardeer.

Bolgooi
Datums: 21 Julie 2012 en 18 Augustus 2012.

Datums van oefeninge sal elke Sondag vanaf 10:00 plaasvind.

Algemeen
Tydens die afgelope klub komitee vergadering, was daar besluit om vanaf Augustus 2012 se klubkompetisie ook ’n Koedoe Pro-Mania sal plaasvind. Inskrywingsgelde sal R100,00 beloop en diegene wat daaraan wil deelneem moet dit met die inskrywing duidelik noem.

Daar sal ook ’n jaar wenner bepaal word.

Sosiale aangeleenthede

Die Gauteng Noord se klere-aand funksie vind op 30 Junie 2012 plaas. Die reëls is soos volg:

Plek: Akasie Stadsaal
Drag: Formeel (hengeldrag)
Tyd: 17:30 vir 18:00
Eetgoed: Elkeen sorg vir eie verversings, ensovoorts
Drinkgoed: Elkeen sorg vir hom/haarself

Indien enige verdere inligting verlang word of as u met die reëlings kan help, kontak asseblief vir Wilma McDonald in diè verband.

’n Beroep word op almal wat die funksie gaan bywoon, gemaak om asseblief vanaf 08:00 te kom help om die klub se tafels reg te maak en versier. Graag word u ook gevra om na die funksie behulpsaam te wees met die opruim van ons area.

No comments:

Post a Comment