Wednesday, April 25, 2012

KOEDOE NUUSBRIEF APRIL 2012


NUUSBRIEF –April 2012


Hier is ons alreeds aan die begin van die winter. Alle kompetisies asook die meeste provinsiale proewe is afgehandel. Nog net die senior proewe wat voltooi moet word. Sterkte aan al die seniors.
Almal op die hengel front is gedurende die winter maande normaalweg besig met die instandhouding en opgradering van hul hengeltoerusting. So, laat daar voort gegaan word met die positiewe bywoning van die klubkompetisies wat maandeliks plaasvind

LEED

 Fred Visagie is oorlede;
 Riekie Labuschagne se broer oorlede;
 Kobus Huges is oorlede;
 Jan Badenhorst is oorlede;
 Tannie Susan Labuschagne is oorlede.

LIEF

 Die Senior SA kampioenskappe is gedurende Maart 2012 afgehandel en die uitslae is soos volg:
Senior A-span – 1ste plek;
Senior B-span – 5de plek; en
Senior C-spen – 6de plek

Charl, Tjaart en Spyker het uitnodigings na die nasionale proewe ontvang. Sterkte aan hulle.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.
Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm EN 450mm in die Vrystaat. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet.
BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal.
Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde).
Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word.
By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar skrifteklik in.
Ons vra almal se samewerking.

KLUB AANGELEENTHEDE
Nuwe lede
Baie welkom aan die volgende nuwe lede by die klub:
 Dewald van der Merwe;
 Weimar Pfuhl;
 Nic du Plessis;
 Malcom Weinmann;
 Dian Erasmus;
 Stephan du Plessis;
 Andrè du Bruyn; en
 Sylvia dy Bruyn

KLUBKOMPETISIES
Die eerskomende klubkompetisies is soos volg:

Mei 2012: Klipdrift Dam. Boer se plaas
Junie 2012: Soetvelde
Julie 2012: Roodekopjes
Augustus 2012: Verskuif na Kees van der Walt te Vaaldam
September 2012: Naweek kompetisie te Eilandsmeer, Middelburg

Met die Mei 2012 se klubkompetisie, sal daar van 07:00 tot 15:00 gehengel word. Inweeg sal stiptelik om 15:45 by Donald se voertuig plaasvind.
Geen betreding van die oewer op die Vrydag nie.

Vir die vervoer reëlings vir Mei 2012 se klub kompetisie te Klipdrift:
Almal kom by die TOTAL Motorhawe op die N14 snelweg. Met ander woorde, die snelweg oppad na Krugersdorp. Bymekaarkom tyd is 04:00 ten einde 04:15 te vertrek.

 FINANSIëLE AANGELEENTHEDE
Almal se samewerking word gevra tot die spoedige betaling van hul onderskeie ledegelde. Heelwat uitgawes moet aangegaan word (affiliasies ongeveer R11,000.00 asook die jaarlikse funksie). Vir die lede wat reeds betaal het, baie dankie.

Die bankbesonderhede is soos volg:
Rekening houer: Koeode Hengelklub
Bank: ABSA
Tipe rekening: Spaar
Rekening nommer: 1438149704

Na inbetaling, stuur asseblief vir Samantha van Blerk (Tesourier) of vir Markus, ’n afskrif van u inbetaling strokie ten einde die balansstate op te dateer asook om te bepaal wie het betaal.

U samewerking word waardeer.

MATCH ANGLING
Die volgende uitslae is ontvang:
A-span – 1ste plek;
B-span – 4de plek;
Juniors – 3de plek; en
Dames – 4de plek

KARP FASET
Met die ter perse gaan van die Nuusbrief, was die volgende inligting ontvang:

Gauteng Noord A– 3de plek; en
Robert en Marius het algeheel eerste geëindig
Gauteng-Noord B – 2de plek

BEAMPTES AANGELEENTHEDE
Die simposium vir alle SA beamptes vind op 26 Mei 2012, plaas.
Inligting van besluite, ens; sal aan u, as klublede, deurgestuur word.

Bolgooi
Datums: 21 Julie 2012 en 18 Augustus 2012.
Datums van oefeninge sal gekomunikeer word.

Sosiale aangeleenthede

Die klub se jaarfunksie vind op 26 Mei 2012 plaas. Die reëls is soos volg:
Plek: Lucas van den Berg saal te Trans Oranjeweg, Pretoria-Wes. Dit is reg langs die Weslike sportgronde wat op die hoek van Kerk- en Trans Oranjeweg geleë is.
Tema: Country and Western
Tyd: 18:00
Eetgoed: Elkeen sorg vir eie verversings, ensovoorts
Drinkgoed: Elkeen sorg vir hom/haarself

Indien enige verdere inligting verlang word of as u met die reëlings kan help, kontak asseblief vir Wilma McDonald in diè verband.

’n Beroep word op almal gemaak om asseblief hierdie eenmalige klub gebeurtenis by te woon.

KLUBKOMPETISIE UITSLAE
DAGKOMPETISIE
SENIORS
1) SAREL BOSHOFF
2) SIAS JANSE VAN RENSBURG
3) HOOSEIN MOHAMED

DAMES
1) ZANDRA BOSHOFF
2) WILMA McDONALD
3) BERNIE VAN NIEUWENHUIZEN

JUNIORS
1) WIHANDI JOUBERT
2) JACO DE JONGH
3) JOHANN DE JONGH

JUNIOR/JUNIOR
1) CHARLDON MATTHEE
2) JEANDRE STEYN
3) ROALD MATTHEE

VOORSKOOL
1) SAREL BOSHOFF
2) DEONE MEINTJES

NAWEEK KOMPETISIE
SENIORS
1) PIETER TERBLANCHE
2) SJ KOSTER
3) MARKUS SWART

DAMES
1) ZANDRA BOSHOFF
2) WILMA McDONALD
3) BERNIE VAN NIEUWENHUIZEN

JUNIORS
1) JACO DE JONGH
2) WIHANDI JOUBERT
3) JACO VAN DER MERWE

JUNIOR/JUNIOR
1) CHARLDON MATTHEE
2) ROALD MATTHEE
3) JEANDRE STEYN

VOORSKOOL
1) SAREL BOSHOFF
2) DEONE MEINTJES

No comments:

Post a Comment