Wednesday, February 22, 2012

FEBRUARIE 2012 NUUSBRIEF

NUUSBRIEF –FEBRUARIE 2012

 Hier is ons alreeds in die tweede maand van die nuwe jaar. Hengel het alreeds afgeskop met die Geheel Transvaal Kampioenskappe wat plaasgevind het gedurende Januarie 2012.

Almal op die hengel front is hard besig want die laaste been van die liga vind op 25 Februarie 2012 by Biermans plaas. Die dames se SA Kampioenskappe te Bloemhof is afgehandel en geluk aan al ons dames met hul puik restasies. Die mans seniors is ook hard aan die werk met hul SA Kampioenskappe wat gedurende Maart 2012 gaan plaasvind. Sterkte aan hulle en gaan wen jul kampioenskappe.

LEED
Leon Steyn se gesondheid toestand is krItiek;
Hennie Coetzee se vader is oorlede;

LIEF
Senior Geheel Transvaal:
A-span – 1ste plek
B-span – 4de plek
C-span – 5de plek

Dames SA – albei GN spanne wen.
Zandra Boshoff – Swaarste sak vis oor die 3 dae.

KLUBKOMPETISIES
Die eerskomende klubkompetisies is soos volg:

Maart 2012: Vaaldam – Voorheen (ou Wilgedraai). Aanwysing soos volg:
Draai af na Oranjeville, gaan verby Tago se afdraaipad asook Weltina. Kry daarna groot bord op lankerkant en draai in.

Almal kom bymekaar by SHELL ULTRA CITY OM 03:30 met vertryktyd om 03:45

April 2012: Koppiesdam – naweek-kompetisie
Mei 2012: Klipdrift Dam. Boer se plaas
Junie 2012: Voorlopig Soetvelde
Julie 2012: Voorlopig Roodekopjes
Augustus 2012: Voorlopig Eilandsmeer (naweek kompetisie)

Met die Maart 2012 se klubkompetisie, sal daar van 07:00 tot 15:00 gehengel word. Inweeg sal stiptelik om 15:45 by Donald se voertuig plaasvind.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.
Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek.
BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal.
Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde).
Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word.
By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar skrifteklik in. Ons vra almal se samewerking.

Die klubkompetisie by Kolie v Rensburg was seker een van die moeilikste kompetisies wat aantal vis betref nog by die Vaaldam.  Alhoewel daar voorheen tydens die Feeder kompetisies baie vis gevang is, het die vis net nie gebyt nie.

HENGELUITSLAE

Oewerkompetisie
Hier volg die uitslae van die Februarie 2012 se naweekkompetisie uitslae

STATISTIEKE

VOL - 19
SPIEEL - 4
GRASKARP - 20
BABER - 19
MODDERVIS - 24

TOTAAL - 86 VIS
GEWIG - 84.685KG

SENIORS
1) RIAAN DU LESSIS 6 VIS 8.350KG
2) JOHAN STEYN 5 VIS 7.250KG
3) GERT STRYDOM 5 VIS 6.710KG
4) DONALD MCDONALD 3 VIS 3.575KG
5) DUPPIE DU PLESSIS 4 VIS 1.975KG
6) BARRY GAARKEUKEN 4 VIS 1.745KG
7) TJAART COETZEE 2 VIS 3.565KG
8) WILLIE RICHARDS 2 VIS 3.370KG
9) FRANCOIS STEYN 1 VIS 3.880KG
10)MARKUS SWART 3 VIS 1.715KG
11)MICHAEL VAN ROOYEN 2 VIS 1.110KG
12)SPYKER COETZEE 2 VIS 0.800KG
13)SAREL BOSHOFF 1 VIS 0.895KG
14)BRENDAN LANGUAGE 1 VIS 0.715KG
15)BAREND BOOYSE 1 VIS 0.690KG
16)HANS DE LANGE 1 VIS 0.550KG
17)MARTIN STANDER 1 VIS 0.475KG
18)AMPIE ROODT 1 VIS 0.470KG
19)DANIE DE JAGER 1 VIS 0.465KG
20)PIETER TERBLANCHE 1 VIS 0.400KG
21)PIET VENTER 1 VIS 0.365KG
22)ROBERT KOTZE 1 VIS 0.345KG
23)TIGGIES TIGGELMAN 1 VIS 0.290KG
24)LOURENS POTGIETER 0 VIS 0.100KG
25)PIETER MEINTJES 0 VIS 0.080KG

DAMES
1) RENE LABUSHAGNE 4 VIS 5.620KG
2) COLEEN RICHARDS 1 VIS 1.435KG
3) SUSAN MATTHEE 1 VIS 0.400KG
4) LINDIE STANDER 1 VIS 0.265KG

JUNIORS
1) ANDRE VENTER 3 VIS 4.100KG
2) RICHARD VAN ROOYEN 1 VIS 3.020KG
3) MONROE ROETS 1 VIS 2.130KG
4) JASON STANDER 1 VIS 1.765KG
5) PIETER COETZER 0 VIS 0.020KG

JUNIOR/JUNIOR
1) JACO VD MERWE 2 VIS 0.590KG
2) CHARLDON MATTHEE 2 VIS 0.485KG
3) ROALD MATTHEE 2 VIS 0.475KG
4) ADRIAAN CLOETE 1 VIS 0.420KG
5) GERHARD RICHARDS 1 VIS 0.410KG
6) RIVON KOTZE 0 VIS 0.075KG

VOORSKOOL
1) SAREL BOSHOFF 9 VIS 4.120KG
2) TEGAN KOTZE 1 VIS 0.355KG
3) COLEEN COETZEE 0 VIS 0.120KG
4) MICHELLE RICHARDS 0 VIS 0.060KG

Hier is die uitslae van die Februarie Pro Mania
1) ROBERT HURN MG SUPERBAIT-STORMERS 5 VIS 8.925KG 139.25 PUNTE
2)JOHAN STEYN FIN SERVICES 5 VIS 7.250KG 122.50 PUNTE
3)GERT STRYDOM CARP WORLD 5 VIS 6.710KG 117.10 PUNTE
4)DONALD MCDONALD FIN SERVICES 3 VIS 3.575KG 65.75 PUNTE
5)TJAART COETZEE MG SUPERBAIT-BULLE 2 VIS 3.565KG 55.65 PUNTE
6)WILLIE RICHARDS MG SUPERBAIT-BULLE 2 VIS 3.370KG 53.70 PUNTE
7)FRANCOIS STEYN FIN SERVICES 1 VIS 3.880KG 48.80 PUNTE
8)MARKUS SWART FIN SERVICES 3 VIS 1.715KG 47.15 PUNTE
9)SPYKER COETZEE MG SUPERBAIT-BULLE 2 VIS 0.800KG 28.00 PUNTE
10)SAREL BOSHOFF CARP WORLD 1 VIS 0.895KG 18.95 PUNTE
11)BAREND BOOYSE CARP WORLD 1 VIS 0.690KG 16.90 PUNTE
12)ROBERT KOTZE MG SUPERBAIT-STORMERS 1 VIS 0.345KG 13.45 PUNTE

Sosiale aangeleenthede

Boekmerk u dagboek nou reeds. Die klub se jaarfunksie word vir 26 Mei 2012 beplan. Die reëls sal later gekommunikeer word.

Algemene Jaarvergadering
Die Algemene Jaarvergadering vind op 29 Februarie 2012 by die klubhuis plaas. Almal se teenwoordigheid sal waardeer word siende dat ’n nuwe bestuur gekies moet word asook dat daar sekere besluite in klubverband geneem moet word. Die vergadering sal in die “bo-saal” plaasvind en om 19:00 begin. ’n Beroep word op alle klublede gedoen om die vergadering by te woon.

Ons maandelikse storie

Hello Ma

Lanklaas geskryf sedert ek die naweek op die plaas deurgebring het. Hoekom dit so is, is dat my tyd nou vinnig verby gaan om my “trade test” te gaan skryf. Hulle sê. As jy dit dop, neem dit lank voor jy weer ’n afspraak kry. Ek dink toe so by myself. Die dop is niks want ek weet hoe voel dit om ’n vak op skool te dop. As jy dus weer sukkel om ’n afspraak te kry, redeneer ek, bly jy langer ’n vakleerling en jy kry langer minder geld. Wie sê die baas gaan jou weer ’n kans gee soos hulle op skool gemaak het nie. Ma, hierdie is nie ’n skool nie, die is “real life”, ma.

Ma, die oom in die werkswinkel wat my voorberei vir my vaktoets het te vertel dat ek moet onthou daar is kennis en dan is daar wysheid. Nadat hy dit gesê het, was ek heel deurmekaar. Ek kon die twee nie van mekaar kry nie. Dit was soos die verskil tussen hengel en visvang. Toe die oom die plooie op my voorkop sien, toe weet hy dat ek nou heel verward is. Hy verduidelik dat kennis nou eintlik geleerheid is, of te wel, boek kennis en wysheid is wat jy so oor die jare leer wat nie in boeke opgeskryf is nie. Hy sê toe ook vir my dat eie ondervinding is die beste leermeester en ek moet onhou dat geen mens te oud raak om leer nie. Dit is seker hoekom die oom so slim met masjiene is. Hy kan omtrent alles self doen. Net soos oorle pa wat alles op die plaas gedoen het.

Ma sien, in die voorbereiding wat ek maak, het jy ’n teoretiese (hoop ek het die reg gespel want ek kry nie so groot woord in my ou klein woordeboekie nie) deel asook ’n praktiese deel. Die teoretiese deel (hoop die woord is reg), is nou die boek kennis en die pratiese deel is nou wysheid. Gewoontlik maak ’n mens van sekere woorde gebruik en alles is nou engelse terme. Nou moet ek die afrikaanse terme ook leer. Soos byvoorbeeld, velve is ’n klep, spark pluck is ’n vonkprop, clutch is ’n koppelaar, carburator is ’n vergasser, ensovoorts. Daar word ook gepraat van ’n knormoer maar ek moet dit nog gaan opsoek. My woordeboekie is te klein. Sal maar die oom môre vra wat knor vir wie en wie wil vir wie (@####@). Amper praat ek lelik.

Met die praktiese deel gaan dit goed. Ek kan nou al self ’n engin uitmekaar haal en heel te mal oordoen. Weer terug sit en siedaar, as die sleutel gedraai word, dan start dit en is aan die gang. Een van die dae gaan ek nog oorle pa se F100 FORD trokkie se masjien ook oordoen sodat dit weer op die plaas kan brul.

Ma, ek moet nou maar afsluit want dit as 2 uur in die oggend en die oë will nie meer so lekker fokus nie. Dit is weer vroeg opstaan om te gaan werk. Ek weet ma sal verstaan.

O ja, amper vergeet. Dit gaan goed met oom Karel. Was Sondagmiddag gou daar gewees. Die oom loop nou sonder enige kurke of kiere. Hy sê daardie jong fiso dame doen die ding. Glo ook weer terug by die werk. Die tannie sê net as die oom in die agtermiddag by die huis kom is die knie nog so bietjie geswel. Hy het nie water op die knie soos wat ek met die rugby gahad het nie. Dit is blykbaar van die baie staan en loop. Sy moet maar nog sy koffie en kos na hom bring waar hy voor die TV sit. Want sê die tannie, as die oom eers sy sit gekry het en die been is so reguit op ’n stoel geplaas, sal ’n bom hom daar gelig kry nie. Nadat hy sy sepie en die 7 uur nuus gekyk het, is hy darem instaat om op te staan. Hy bad nie meer nie maar stort wel. Dan hoef hy nie die knie te buig terwyl hy staan en stort nie. Daarna is dit bed toe gaan tyd. Kreun ook nie meer so in die nag nie, sê die tannie. Sy kry ook darem nou so ’n bietjie slaap in.

Ma, hou maar duim van met my voorbereiding tot my vaktoets. Sal ma op hoogte hou. Ma gaan nog trots wees op ma se plaas seun.

Groete aan almal.
Van ’n baie moeë Basjan

No comments:

Post a Comment