Monday, January 23, 2012

NUUSBRIEF JANUARIE 2012

NUUSBRIEF –JANUARIE 2012

Hier staan ons weer aan die begin van ’n nuwe jaar. Aan al ons klublede en lesers, word u en gesinne, ’n baie geseënde en voorspoedige jaar toegewens. Mag ons Hemelse Vader u dan ook bewaar en aan u skenk wat nodige is in ons aardse en geestelike bestaan.

Hoop almal is uitgerus siende dat die jaar vol uitdagings, vir ons as klublede in die komende hengel seisoen, gaan wees. Daar is die dame en seniors Geheel Transvaal Kampioenskappe gedurende Januarie 2012, dames SA Kampioenskappe gedurende Februarie 2012 en die senie SA Kampioenskappe gedurende Maart 2012. Die laaste rondte van die seniors se liga vind ook op 25 Februarie 2012 plaas en dan natuurlik weer die proewe met betrekking tot alle afdelings wat weer gaan plaasvind. Aan almal, sterkte.
Die belangrikste is dan ook die klub se klubkompetisies waaroor daar later berig sal word.

LIEF EN LEED
Donald se moeder is oorlede;
Andrè Aspeling is oorlede;
“Skippie” van Korrektiewe Dienste se seun is oorlede; en
Mike Rossow is al beter na ‘n hartaanval

KLUBKOMPETISIES

Die eerskomende klubkompetisies is soos volg:

Februarie 2012: Oom Kolie se gronde – Oranjeville.
Maart 2012: TEKSA by Trichardt; en
April 2012: Koppiesdam – naweek-kompetisie
Mei 2012: Klipdrift Dam

Met die Februarie 2012 se klubkompetisie, sal daar van 07:00 tot 15:00 gehengel word. Inweeg sal stiptelik om 15:45 by Donald se voertuig plaasvind.
Indien enig iemand reeds die Vrydag deur die dag die oewer betree, mag daar om geen omstandighede gehengel word nie. Dit sal ly tot ’n diskwalifikasie.
Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.
Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet.

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal.

Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde).
Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word.
By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar skrifteklik in.
Ons vra almal se samewerking.

HENGELUITSLAE
Oewerkompetisie
Hier volg die uitslae van die Januarie 2012 se naweekkompetisie uitslae:
Hier is die uitslae van die dag-kompetisie :
STATISTIEKE
VOL - 222
SPIEEL - 30
GRAS - 24
BABER - 42
MODDERVIS - 372
TOTAAL - 687 VIS
GEWIG - 389.190KG

SENIORS

1) SPYKER COETZEE - 33 VIS - 42.695KG
2) MARIUS RUSCH - 43 VIS - 25.585KG
3) GERT STRYDOM - 38 VIS - 23.725KG
4) ANDRIES TIGGELMAN - 42 VIS 11.095KG
5) HENNIE COETZEE - 32 VIS -17.135KG
6) BAREND BOOYSE - 34 VIS -10.950KG
7) NEIL VD WESTHUIZEN - 35 VIS - 9.655KG
8) TJAART COETZEE - 23 VIS -20.190KG
9) STEVE SMIT - 21 VIS - 18.140KG
10) IAIN MCDONALD - 22 VIS -16.020KG
11) SAREL BOSHOFF - 22 VIS -15.310KG
12) ROBERT KOTZE - 20 VIS - 12.380KG
13) MARKUS SWART - 18 VIS -12.340KG
14) WILLIE SWART - 19 VIS - 8.725KG
15) DONALD MCDONALD - 13 VIS -14.600KG
16) KOBUS VD MERWE - 15 VIS - 12.475KG
17) TINUS BOSHOFF - 16 VIS - 9.705KG
18) PEET VORSTER - 15 VIS - 6.695KG
19)J ACQUES DU PREEZ - 13 VIS -5.945KG
20) PAT VD MERWE - 13 VIS - 4.580KG
21) PIETER TERBLANCHE - 12 VIS -5.325KG
22) FRANCOIS STEYN - 12 VIS -4.030KG
23) HOOSEIN MOHAMED - 11 VIS -4.045KG
24) JOHAN STEYN - 9 VIS - 4.790KG
25) RIAAN CLOETE - 8 VIS - 3.365KG
26) CHARL MATTHEE 8 VIS 2.695KG
27) JAN VERMAAK - 7 VIS - 2.470KG
28) GERT SWART - 6 VIS - 2.745KG
29) SAMEER ABOO -7 VIS - 1.635KG
30) JANS VORSTER - 5 VIS - 3.160KG
31) BRENDAN LANGUAGE - 5 VIS -3.135KG
32) HASSEN MOHAMED - 5 VIS -2.820KG
33) SIAS JANSE V RENSBURG - 4 VIS 2.445KG
34) EBEN STEYNBERG - 4 VIS 1.565KG
35) WILLEM DE JONGH - 4 VIS 1.485KG
36) DUAN HATTINGH -3 VIS 1.440KG
37) PEET SWART - 3 VIS - 0.790KG
38) DANIE DE JAGER - 2 VIS - 0.345KG
39) SJ KOSTER - 1 VIS - 0.305KG
 DAMES
1) WILMA MCDONALD - 14 VIS 7.785KG
2) ZANDRA BOSHOFF - 15 VIS 6.220KG
3) RIANA VERMAAK - 9 VIS - 2.495KG
4) YVONNE KOTZE - 8 VIS - 2.590KG
5) SUSAN MATTHEE - 6 VIS - 1.390KG
6) LENIE RUSCH - 5 VIS - 2.300KG
7) LINDIE STANDER - 4 VIS - 2.130KG
8) TIANA BOOYSEN - 2 VIS - 0.700KG

JUNIORS

1) PIETER COETZER - 4 VIS - 6.160KG
2) JASON STANDER - 4 VIS - 2.325KG
3) DANIE RUSCH - 4 VIS - 2.040KG4) RICO HATTINGH - 2 VIS - 1.305KG


JUNIOR/JUNIOR
1) JEANDRE ERASMUS - 10 VIS 3.155KG
2) CHRISTIAAN COETZEE -10 VIS 2.300KG
3) STEFAN BUITENDACH - 6 VIS 5.365KG
4) ADRIAAN CLOETE - 8 VIS - 2.165KG
5) CHARLDON MATTHEE - 5 VIS 1.810KG
6) SHAUN LAMBRECHTS - 5 VIS 1.695KG
7) JACO VD MERWE - 3 VIS - 0.880KG
8) ROALD MATTHEE - 1 VIS - 2.465KG9) NATHEN HENN - 1 VIS - 0.325KG
 
NAWEEK KOMPETISIE UITSLAE

STATISTIEK
VOL - 410
SPIEEL - 53
GRAS - 30
BABER 46
MODDERVIS - 745
TOTAAL - 1284VIS
GEWIG - 693.695KG


SENIORS
1) ANDRIES TIGGELMAN - 119 VIS 53.775KG
2) TJAART COETZEE - 91 VIS 60.460KG
3) HENNIE COETZEE - 75 VIS 49.885KG
4) MARKUS SWART - 53 VIS - 32.460KG
5) JOHAN STEYN - 59 VIS -22.695KG
6) SPYKER COETZEE - 34 VIS 45.155KG
7) KOBUS VD MERWE - 47 VIS 30.730KG
8) BAREND BOOYSE -59 VIS 18.410KG
9) MARIUS RUSCH - 43 VIS - 25.585KG
10) GERT STRYDOM - 38 VIS 23.725KG
11) FRANCOIS STEYN - 36 VIS 18.485KG
12) CHARL MATTHEE - 29 VIS 19.685KG
13) PEET VORSTER- 34 VIS - 13.810KG
14) PIETER TERBLANCHE - 34 VIS 13.255KG
15) NEIL VD WESTHUIZEN - 35 VIS 9.655KG
16) SIAS J V RENSBURG - 26 VIS 13.820KG
17) STEVE SMIT - 21 VIS - 18.140KG
18) IAIN MCDONALD - 22 VIS 16.020KG
19) SAREL BOSHOFF - 22 VIS 15.310KG
20)J ANS VORSTER - 26 VIS - 9.230KG
21) ROBERT KOTZE - 20 VIS -12.380KG
22) DANIE DE JAGER - 21 VIS - 7.090KG
23) WILLIE SWART - 19 VIS - 8.725KG
24) DONALD MCDONALD - 13 VIS 14.600KG
25) TINUS BOSHOFF -16 VIS - 9.705KG
26) DUAN HATTINGH - 15 VIS 6.985KG
27) JACQUES DU PREEZ - 13 VIS 5.945KG
28) PAT VD MERWE - 13 VIS - 4.580KG
29) RIAAN CLOETE - 12 VIS - 5.460KG
30) WILLEM DE JONGH - 11 VIS 4.615KG
31) HOOSEIN MOHAMED - 11 VIS 4.045KG
32) JAN VERMAAK - 10 VIS - 3.535KG
33) SJ KOSTER - 8 VIS - 2.760KG
34) GERT SWART - 6 VIS - 2.745KG
35) SAMEER ABOO - 7 VIS - 1.635KG
36) BRENDAN LANGUAGE - 5 VIS 3.135KG
37) HASSEN MOHAMED - 5 VIS 2.820KG
38) EBEN STEYNBERG - 4 VIS 1.565KG
39) PEET SWART - 3 VIS - 0.790KG

DAMES
1) RIANA VERMAAK - 22 VIS 5.625KG
2) WILMA MCDONALD - 14 VIS 7.785KG
3) ZANDRA BOSHOFF - 15 VIS 6.220KG
4) SUSAN MATTHEE - 10 VIS - 3.145KG
5) YVONNE KOTZE - 8 VIS - 2.590KG
6) LENIE RUSCH - 5 VIS - 2.300KG
7) LINDIE STANDER - 4 VIS - 2.130KG
8) TIANA BOOYSEN - 2 VIS - 0.700KG

JUNIORS
1) PIETER COETZER - 8 VIS - 9.960KG
2) JOHANN DE JONGH -7 VIS - 2.590KG
3) RICO HATTINGH - 4 VIS - 2.550KG
4) JASON STANDER - 4 VIS - 2.325KG
5) DANIE RUSCH - 4 VIS - 2.030KG

JUNIOR/JUNIOR
1) ADRIAAN CLOETE - 51 VIS 27.145KG
2) CHARLDON MATTHEE - 28 VIS 12.920KG
3) CHRISTIAAN COETZEE - 21 VIS 7.900KG
4) ROALD MATTHEE - 13 VIS - 7.520KG
5) SHAUN LAMBRECHTS - 15 VIS 5.315KG
6) JACO VD MERWE - 13 VIS - 6.210KG
7) MARKUS CLOETE - 11 VIS - 5.535KG
8) JEANDRE ERASMUS - 10 VIS 3.155KG
9) STEFAN BEYTENDACH - 6 VIS 5.365KG
10)NATHEN HENN - 5 VIS - 2.285KG
Ons maandelikse storie


Hello Ma

Ja ma wat is `n huis sonder `n moeder `n plaashuis sonder `n paar hoenders en `n dorpshuis sonder `n buurman se honne wat pla.
Ma , ma sal nie glo nie maar kompleet soos ma altyd of vammalee gesê het aan tant Grietjie Skoeman . Skoentjie jy weet as ek mos my se lyf net `n dag van die plaaswerf vat da val alles immekaar ou sus ja alles in het donkerte.

Nou ma , ek vat toe mos `n paar dae verlof om na ‘n vakansieoord te gaan. Met weggaan was oom Kareltjie reeds baie beter. Hyt nog so skeins met die kierie en knie geloop en suinig geglimlag. Maar ma da staan en neuk die man oor `n spil bokse en val hom weer te pletter.

Aai ma dat `n eerbare stil en stemmige man so met die ouer word vinniger val as opstaan. Ja ma reken ek nou, dat sy bulkalf dae en bokspring geit is veby. Dis nou net soos `n ou koei wat elke dag net veld toe en terug loop en saans gemelk word tot sy leeg is. Aai ma , ek onthou oom lang Hans het altyd vir oorle pa gesė, “Nee ou boeta as `n koei nie meer melk kan gee nie slag of verkoop die ding”. Ma selle met `n mens. As jy nie meer `n vol dag kan gee nie dan moet jy met pensjin gaan. Siestog dis `n shame sou tant Stienie gesê het.

Ma weet ek trust nie oom Kareltjie se storie nie want dit word vertel hier dat dit `n skoon ander gebeure was wat hy te vertel het. Die storie loop dat iemand hom vererg het vir die hond wat teen sy viskas gestaan en piepie het en iemand hom wou skop . Ma hulle sē toe hy die hond mis kop en die skadutent se pal raak skop, toe praat hy in tale ma, ja glo skerp woorde wat ou Dominie hom onder sensuur sou laat plaas. Hulle sê hy het die skadutent se paal so hard getref dat die tent om neuk. Ma, oom Kareltjie se seun sê dit was `n moewiese gemors want oom Kareltjie se vrou het net die kos op die oopvou tafel gepak wat toe ook om neuk. Gelukkig kry oom Kareltjie baie simpatie by die werk. Sy baas is glo nie te bad met ouer mense nie. Hy is glo nou op ligte diens. Weet nie of die ligte aan of af is nie.

Haai ma ek moet nou gaan slaap, ma hou my nou so aan die gang met die geskryf .

Groete aan almal

No comments:

Post a Comment