NUUSBRIEF –
JANUARIE 2013
Hier staan ons alreeds in die tweede
helfte van Januarie 2013. Die tyd gaan geweldig vinnig en die pas alreeds op
volle stoom.
Graag wil ons van die geleentheid
gebruik maak om aan al ons hengelaars en families, ’n baie geseënde en
voorspoedige jaar toewens.
’n Geweldige besig tydperk wag gedurende die eerste 3 maande van 2013 weer
op ons hengelaars. Bo en behalwe die normale klubkompetisies, vind die volgende
ook plaas:
Dames Geheel Transvaal op 19 Januarie 2013;
Seniors Geheel Transvaal op 26 Januarie 2013;
Dames SA Kampioenskappe begin Februarie 2013;
Senior Liga op 23 Februarie 2013 by Kruger, Vaaldam; en
Senior SA Kampioenskappe gedurende begin Maart 2013
Sterkte aan al ons hengelaars
Die Gauteng Noord Jaarprogram is in
proses on hersien en saamgestel te word. Die oomblik as dit gefinaliseer is,
sal die ander datums, soos proewe, ensovoorts, aan almal deurgegee word. Dit is
ons voorneme om almal voortdurende ophoogte te hou.
LEED
Daar was met leedwese verneem van
die afsterwe van:
- Julius
Engelbrecht; en
- Etienne
Kriel van Stywe Lyne
- Gert
Swart se moeder is baie siek – baie sterkte daar.
- Herman
Kuhn se vrou is geopereer. Sterkte
aan die familie en vinnige herstel.
Ons meegevoel aan al die familielede
en ons gebede is dat Ons Hemelse Vader u die nodige vertroosting sal verskaf
LIEF
Graag die volgende:
v
T van Blerk is in die Jonge Dames span opgeneem;
v
C Matthee is in die O/13, B-span opgeneem
v
S van Jaarsveld is afrigter by die O/13 jonge dames span;
Die uitslae tydens die Junior SA
Kampioenskappe gedurende Desember 2012, is soos volg:
v Junior
A-span = 2de plek
v Junior
B-span = 3de plek
v Penkoppe
= 3de plek;
Tydens die kubkampioenskappe, het
Koedoe se dames ‘n 2de plek behaal. Wel gedaan aan ons Koedoe Dames!!
Baie geluk aan al ons hengelaars
KLUBKOMPETISIE
Dank aan al ons lede wat die naweek
klubkompetisie, bygewoon het. Alhoewel
die wind baie gewaai het, was dit ook baie suksevol. (55 hengelaars!!)
Die eerskomende klubkompetisie
(Februarie 2013) is soos volg:
Kruger - Vaaldam. Oewer beskikbaar –
regs van die 1ste toilet (“long drop”) tot by Kolie se grensdraad
Hengeltyd : vanaf 07H00 – 15H00 daarna
sal daar om 15:45 by Donald se voertuig ingeweeg word.
Vertrektyd: Shell Ultra City 03:15
en vertrek stiptelik om 03:30
Almal kom bymekaar om 05:45 by die hek bymekaar om nommers te trek, waarna
die voertuie per nommer na die oewer beweeg word. Met ander
woorde, daar word by nommer 1 begin en verder aan. Sal ook breedvoerig met die
bymekaarkom verduidelik word.
Niemand word sedert die Vrydag toegelaat nie. Dit sal ly tot ’n
diskwalifikasie.
Lede moet asseblief daarop let dat
ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.
Die klub se Pro-mania sal van
toepassing wees. Geliewe daarop te let dat geen klub hengelaars binne Gauteng Noord
aan sodanige Pro-mania mag deelneem nie. 'n Lid van Koedoe beteken dat daar 'n getekende en goedgekeurde aansoek vorm in die besit van die klub is.
Die volgende klubkompetisies is soos
volg:
Ø
Maart 2013 – HeartSease
Ø
April 21013 – Naweek-kompetisie. Voorlopig Trichardt by
Sasol kant;
Ø
Mei 2013 = Vasgemaak word
Ø
Junie 2013 = Vasgemaak word
Ø
Julie 2013 = Vasgemaak word
Ø
Augustus 2013 = Vasgemaak word
Vis natuurbewaring
doeleindes, word ’n versoek aan al ons lede gedoen om asseblief sorg te dra dat
alle oewers ten alle tye skoon en netjies gehou word. Maak seker dat wanneer
die oewer verlaat word, daar geen rommel agterbly nie. Indien daar enige dooie
vis met die inweeg is, moet dit nie in die water terug plaas nie. Reëlings sal
tydens die inweeg in die verband getref word.
KLUB AANGELEENTHEDE
Net die volgende:
ü
Die Algemene Jaarvergadering vind op 28 Februarie 2013 by
die Klubhuis om 19:00 te Annie Bothalaan, plaas. Siende dat daar besluite
geneem moet word wat van uiters belang is, sal almal se teenwoordigheid
waardeer word.
ü
Indien enige lid die beampte kurses wil volg om as ’n
Gauteng Noord beampte te kwalifiseer, kontak Markus voor of op 28 Februarie
2013 in die verband.
ü
Alle rekords moet vanaf 1 November 2012 vir O/13
hengelaars bygehou word. In klub verband sal sodanige hengelaars se vis dus ook
apart geweeg en rekord gehou word. Met klub kompetisies sal daar gepoog word
tot die bekikbaarheid van 2 skale om die inweek te vergemaklik.
ü
Soos reeds genoem, vind die finale liga op 23 Februarie
2013 te Krugers, plaas. Lede sal metertyd gekontak word tot die finaliseering
van sodanige spanne. Daar moet ook in ag
geneem word dat daar wel veranderinge in die spanne gaan plaasvind.
NUWE LEDE
Daar word van die geleentheid gebruik gemaak om die
volgende nuwe lede by die klub te verwelkom:
- Jacques
Scheepers;
- Ryno Nel;
- Japie Purves
en seun;
- Wouter
Ludeke;
- John
Ferreira;
- Herman
Kotze;
- Marius
Beeslaar en seun;
- Ben Geldenhuys