Sunday, June 27, 2010

KLIPVOOR DAM 26 JUNIE 2010

Ons het Saterdag 26 Junie besluit om bietjie Klipvoor Dam te besoek.  Ek moet se dat ek baie beindruk was met Klipvoor Dam.  Die water is mooi skoon, die natuurlewe is lewendig en dit is net absoluut 'n fees om in die natuurskoon by Klipvoor te hengel.

Ek en Christa het saam Nardus Pieters, sy seun Tristan en Marius Matthee bietjie die water gaan uittoets.  Wat 'n fees van 'n dag was dit nie.   Weereens dankie aan Nardus en Marius vir 'n baie lekker dag langs die water.  Nardus en Marius het vir die aand oorgebly en het ook lekker vis deur die nag gekry.  Hier is 'n paar fotos vir ons lede net om hulle te wys wat 'n fanatstiese dam hierdie is.

Die water lewe van die voels.  Die visarende se geroep is ook onmisbaar.

Hier is ek besig om 'n vis te speel.  Kyk jy kan die vis nog onder die water sien.

Een van die visse wat gevang is.  Kyk na die goeie kondisie wat die vis in is.

Nardus besig om reg te maak om in te gooi.

Tristan - Het Marius se vis gaan skep.
Marius Matthee met een van sy visse.

Tristan besig om die vis te release.

Tristan besig om 'n vis te speel.

Tristan met een van sy mooi karps wat hy gevang het.

Tristan baie trots op sy karp.  Wel gedaan aan Tristan!!


Bietjie gaan kyk hoe lyk die res van die dam.  Pragtige oewer.

Nog 'n foto van die oewer

Kameelperd naby die oewer

Die damwal

Nog 'n foto van die dam

No comments:

Post a Comment