Dankie aan Marlene vir die nuusbrief.
Koedoe Hengelklub Nuusbrief
Maart 2013
En hier begin ons nuwe Jaar (seisoen) vir Koedoe, tydens die pas afgelope
Algemene Jaar vergadering, is daar weer ’n Komitee verkies, van hul is ou
hande, maar so is daar ook nuwes nl. Zans as Dames Verteenwoordiger ek
weet sy sal die Dames bymekaar hou en ons Dames weer betrokke kry. En dan
myself as Sekretaresse, ek het my beskikbaar gestel vir Koedoe Hengelklub en al
ons Lede, as daar verandering nodig is ek het ’n oor om te luister, en weet dat
ek daar is vir elkeen van julle.
Die nuwe Komitee is as volg:
Ere – President : Giel Swart Tel: 074 210 646
President : Markus Swart Tel: 083459 2363
Vise-President : Hennie Coetzee Tel: 072 720 9798
Tesourier : Samantha v Blerk Tel: 012 303
1082(w)
084 631 6933
Sekretaris : Marlene Coetzee Tel: 079 502 1949
Inweeg/ Donald McDonald Tel: 083 590 7179
Additionele Lede : Francois Steyn –
Skakelbeampte
Tel: 082 928 6560
Spyker Coetzee Tel: 082 359 5849
Charl Matthee Tel: 083 321 9208
Sarel Boshoff Tel: 082 933 4104
Tel: 012
8004957
Dames Verteenwoordiger : Zandra Boshoff Tel: 082 845 9773
Projek Gone Fishing : Wilma McDonald Tel: 072 264 0561
Baie geluk aan Koedoe A Span met jul oorwinning.
Die Premier Afdeling is gewen deur KOEDOE!!!!
Ø Geluk aan
Koedoe B Span met jul 2de
plek, die C-Span 4de
en die D span was 5de in hul Afdeling,
Ø Geluk aan
Willie en Danny wat die Karp Liga gewen
Gauteng Noord Hengel Klubs is bewus van KOEDOE
Daar was baie stories, maar Markus het dit vasgevat,
DAAR WORD ‘N VERSOEK GERIG DAT ALMAL VAN ONS MOET DINK
VOORDAT ONS BETROKKE RAAK BY STORIES EN DIT DAN PLAAS OP FACEBOOK EN
SOORTGELYKE FORUMS DIE HELE SUID AFRIKA LEES DIT EN DIT SKEP ’N SWAK BEELD.
Ek wil van die geleentheid gebruik
maak om aan al ons hengelaars wat deel uitgemaak het van die Dames en Senior SA
Kampioenskappe, baie dankie vir jul harde werk. Julle wat presteer het baie
geluk. Ek wil een persoon uitsonder hy
is die een wat altyd almal gelukwens en bedank maar dit is nou sy beurt:-
Markus
baie geluk met jou prestasie as Victor Laudorum jy het soos ’n kampioen
gehengel
“WELL DONE BOYTJIE”
Karp Spanne vir die Komende SA Kampioenskappe
(Koedoe Lede)
A-Span B-Span
Robert Hurn Tim
Brown
Carel Schoeman Barend
Booyse
Willie Richards Jacques
Fourie
Danny Pretoruis Chris
Robberts
Dames Prestasies
Zandra Boshoff - SAVOF A
Bernie van
Nieuwenhuizen - SAVOF A
Donald MacDonald - SAVOF B Afrigter
Wilma MacDonald - Uitnodigingspan
Baie geluk aan elkeen van julle
Daar was met leedwese verneem van
die afsterwe van:
- Oom
Carel Vilonel en
- Gert
en Peet Swart se moeder na ’n baie lang siekbed
Meegevoel aan al die familielede en ons gebede is dat Ons Hemelse Vader u
die nodige vertroosting sal gee
Daar word ’n beroep gedoen op alle
Lede om u Ledegelde te betaal:
R200-00 per Senior Lid - R150-00 per Dame en Junior
Niemand gaan geaffilieer word as
ledegelde nie opbetaald is nie.
Maak
asb. gebruik van die klub se nuwe rekening nommer indien daar inbetalings
gedoen word.
Capitec
Silverton
Bank Kode
470010
Rek nommer
131 861 4242
Koedoe Hengel
Klere kan
bestel word by: Hettie Gouws 082-4446896
April 2013 – Naweek-kompetisie.
Trichardt by Sasol kant
Soos gewoonlik geld die normale naweek
kompetisie reëls.
Vrydag – lede
mag die oewer betree – geen hengel mag plaasvind nie.
Saterdag – hengel
van 07H00
– 15H00. Inweeg vind plaas om 15H30 soos aangedui deur
die inweeg beampte. Alle stokke moet om 15H00 uitgetrek word.
Hengel
sal hervat soos bepaal na die inweeg tot Sondag 10H00. Inweeg vind
plaas by die inweeg beampte om 10H45
Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel
volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.
Die klub se Pro-mania sal van toepassing wees slegs vir Klub Lede
Geliewe daarop te let dat geen klub
hengelaars binne Gauteng Noord aan sodanige Pro-mania mag deelneem nie.
’n Lid van Koedoe beteken
dat daar ’n getekende aansoek vorm in besit van die klub is.
Vis natuurbewaring doeleindes, word ’n versoek
aan al ons lede gedoen om asseblief sorg te dra dat alle oewers ten alle tye
skoon en netjies gehou word. Maak seker dat wanneer die oewer verlaat word,
daar geen rommel agterbly nie. Indien daar enige dooie vis met die inweeg is,
moet dit nie in die water terug plaas nie. Reëlings sal tydens die inweeg in
die verband getref word.
Mei - De Rust
Junie - Hengel Kliniek
Julie - Bronkies Natuurbewaring
Augustus - Jackey Leonard
10 Augustus - GONE
FISHING FONDS INSAMELING
·
1ste Bolgooi Liga - 27
Julie 2013
·
2de Bolgooi Liga - 17
Augustus 2013
Daar gaan vanaf 2 Junie elke Sondag
Bolgooi oefening wees, gevolg met ’n lekker saam kuier, bring en braai.
Koedoe se sukses verlede seisoen was as gevolg van
die Bolgooi oefeninge
Jaareind Funksie 29 Junie 2013!!!